Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 57

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoe die koopman die Messias verwag het

57 Die koopman sê: ”Vriend, u het nou korrek en wys met my gepraat, en dit vir my vertel wat ek maar alte dikwels in myself gevoel het. Maar ek begryp nie waarom u so daarop aandring dat ek vertel vir wie ek u en veral Hom voor aansien nie. Waar ek Hom eers voor aangesien het, daarvan sê u dat Hy dit nie was nie, maar baie meer! Hoe mens egter, sonder om `n God te wees, meer kan wees as `n God van mense, in die aardse konteks kan ek nie begryp nie! Slegs God is in aardse en geestelike opsig meer as die aardse godkeiser! Maar dit sal Hy tog nie wees nie?”

[2] JonaEl sê: “Ek sê u: kyk eers `n bietjie beter na ons geselskap; miskien sal iets u dan tog opval! Wat dink u van die baie pragtige jongmanne wat in ons geselskap is? Kyk eers na hulle en praat dan!”

[3] Die koopman sê: “Ek het tot nou toe gedink dat hulle die edel seuns van die keiser en seuns van patriarge uit Rome was. Hoewel dit vanweë hulle fyn en blanke vel miskien eerder meisies uit Agter- Klein- Asië kon wees. Want regtig, so iets onbeskryflik moois het ek maar min gesien. Alhoewel ek vroeër handel gedryf het in Egipte en Europa, en veral in Sisilië, ten behoewe van die grote, en aan alle weelde van die lewe, baie toegewyde Romeine; maar sulke onuitspreeklik pragtige figure het ek nog nooit gesien nie! Sê my, waar hulle vandaan kom en wie dit is! U dogters lyk ook skitterend, maar met hierdie, - mens kan gerus sê, - stralende gestaltes, kan hulle regtig nie vergelyk word nie. As u hulle egter beter ken as ek, sê my dan wie hulle is en waar hulle vandaan kom!”

[4] JonaEl sê: “Dit mag ek nie vir jou sê nie, maar slegs Hy, wat hier te midde van my dogters staan. Vra dit vir Hom! Hy sal die regte antwoord gee!”

[5] Nou wend die koopman homself heeltemal tot My en sê: “Heer van al hierdie mense, wat U, soos dit vir my lyk, volg soos lammers hulle herder volg, sê my tog, met wie ek die hoë eer het om te praat! Want iemand vra dit vir my en ek raai die hoogste aardse posisie wat ek ken; maar hy sê my dat ek dit mis het. Daarmee gee ek op; wil U my daarom die eer aandoen om my iets meer oor U maatskaplike stand te vertel!”

[6] Ek sê: “U behoort ook tot diegene wat slegs glo as hulle `n teken sien. Sien hulle dit egter, dan sê hulle: Kyk, dit is dalk `n leerling van die Esseners of dit is `n towenaar uit Egipte, of selfs uit die land waar die Ganges vloei, of hy is `n kneg van Beëlsebul!” Maar wat bly daar dan nog oor? Ek sê u egter sonder meer wie Ek is, dan glo u My nie!

[7] U het u mening gegee en dit was verkeerd. Toe JonaEl u sê dat Ek meer is as u aardse god, toe sê u: "Slegs JaHWeH is meer as die keiser!" en u sluit stilswyend die moontlikheid uit dat Ek meer sou kan wees as `n Romeinse keiser, en wie u op grond van u sake slegs maar uit vrees vir sy aardse mag as hoogste op aarde erken. In u hart verag u hom egter meer as die pes, en sy mag meer as `n sprinkaanplaag.

[8] Dit is nou al die derde dag dat Ek in Sigar vertoef, en dit is van hier na die stad `n wandelinkie van `n paar honderd treë; dit sou My baie verbaas as u niks van u kollegas uit die stad oor My gehoor het nie!”

[9] Die koopman sê: “O, U is dus Hy waaroor mense my gister en vandag vertel het naamlik dat U die Messias is en dit deur wonderlike dade bewys het! Die ou huis van die mooie IrhaEl sou U gerestoureer het en wonderbaarlik koninklik ingerig het! En mense vertel my ook oor `n harde prediking wat U op die berg gehou het waaroor baie egter aanstoot geneem het, omdat dit heeltemal teen die wette van Moses indruis! Wel, wel, dit is dus U!?

[10] Nou, dit verheug my dat U my besoek het. Ek hoop om U nog van naderby te leer ken! Weet U, ek staan nie afsydig teenoor hierdie gedagte en geloof van die Messias wat sal en moet kom nie! Volgens my berekeninge sou die tyd daar baie geskik voor wees, want die druk van die Romeine is haas nie meer te verdra nie! En waarom sou U nie die verwagte Messias kan wees nie? O, dit neem ek maklik aan!

[11] As U self van U krag bewus is en U goed in staat is om U as Messias oral aan te bied, dan staan ek onmiddellik met my hele grote vermoë tot U diens. Die varke uit die heidense Weslande moet so vinnig moontlik die land van ons vadere verlaat! Want weet U, ek het vanaf my jeug al my inspanning slegs dáárop gerig, om so veel as moontlik rykdomme te vergaar ten behoewe van die verwagte Messias, omdat daarmee `n groot leër van die dapperste en vermetelste en sluste soldate vir goeie geld gekoop sou kon word! Ek was ook al met verskeie van die dapperste volke uit agter-Asië in verbinding gestel, en nou is daar maar `n paar bodes nodig en dan staan daar binne enkele maande `n geweldige magtige leër in hierdie landstreek! Maar nou niks meer daaroor nie, in my ruim huis bespreek ons dit verder!

[12] Nou sal die middagmaal vir U en almal reg wees; kom daarom almal en eet en drink na hartelus!”

[13] Ek sê: ”Nou goed, alles is tot sover in orde, die res sal ons nog heeltemal deurgaan en bespreek! En bring ons dan nou almal na die groot saal; maar die manne daar heel agter, laat hulle hier, want hulle behoort nie aan My nie, maar slegs aan die wêreld!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205