Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 58

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Lewens en gedragsreëls

58 Die koopman sê: “Ek ken hulle, dit is onbarmhartige inwoners van Sigar wat in hulle geloof en denke meer heidens is as kinders van Israel. Maar die miserabelste van hulle kom uit die omgewing van die meer van Galilea. Hulle is baie materialisties en het van iets hoërs en goddelik absoluut geen kennis meer nie! Suiwer opwindingsoekers! Hulle is liewer vir `n towenaar uit Egipte as vir Moses en al die profete, en liewer `n welgevormde hoer uit bo-Asië as goud en edelstene! Ek ken hulle maar al te goed; maar om probleme te voorkom, sal ek hulle in my groot tuinsaal laat versorg. Want as hulle niks sou kry nie, is ons nog nie klaar met hulle nie!”

[2] Ek sê: “Doen wat jy wil en kan, want gee is saliger as ontvang. Maar gee in die vervolg slegs aan die behoeftiges en armes. As iemand geld van jou wil leen wat so ryk is dat jy kan sien dat hy dit vir jou veelvoudig sal kan terugbetaal, moet dit dan nie aan hom leen nie! Want as jy aan hom geleen het, sal hy weldra in die geheim `n vyand van jou word. Dit sal jou baie moeite kos om jou geld met die rente weer terug te kry.

[3] As daar egter iemand na jou toe kom, aan wie jy kan sien dat hy arm is, en nie in staat sal wees om ooit jou geld terug te betaal nie, leen dan aan hom en die Vader in die hemele sal dit vir jou honderdvoudig op `n ander manier hier op aarde vergoed. Die geld wat jy aan die arme geleen het, sal vir jou in die hemele omvorm word tot `n groot skat, wat na die aardse lewe in die hiernamaals hoog bo die graf op jou sal wag.

[4] Ek sê vir jou: Wat die liefde op aarde doen, dit is ook in die hemele gedoen en bly vir ewig; wat egter gedoen word uit suiwer aardse slimmigheid, verswelg op die aardbodem en vir die ewige hemele bly daar niks oor nie. Hoe kan al die aardse besittings vir die mens van nut wees, as sy siel daardeur skade ly?

[5] Wie vir die aarde en vir die vleeslike sorg is `n dwaas, want net soos die vlees van die mens sy einde het, so is dit ook met die aarde! Wanneer die einde van die aarde egter uiteindelik onafwendbaar sal kom, op watter grond sal die arme siel dan kan woon?!

[6] Ek sê egter aan jou dat elke mens, wie se liggaam hom ontneem word, ook tegelykertyd vir ewig die aarde verloor. En as hy nie deur die liefde in sy hart `n nuwe aarde vir homself geskep het nie, dan sal sy siel hom moet oorgee aan die wind, die wolke en die newels, en moet rondswerf in die ewige oneindigheid. Hy sal nooit êrens rus en stilte vind nie, behalwe in sy onegte en onbeduidende fantasiewêreld, en hoe langer dit duur, des te swakker en meer duister word hy en uiteindelik gaan hy oor in pikswart nag en duisternis, waaruit die siel kwalik ooit self `n uitweg sal vind nie! Daarom moet jy in die toekoms maar liewer doen soos wat Ek jou nou vertel het; maar doen dadelik wat jy wil en kan!”

[7] Die koopman sê: “U is besonder wys en het waarskynlik in alles gelyk, maar met die leen van geld is ek dit nie heeltemal eens nie. Want as mens baie geld verwerf het en dit graag gebruik, dan kan mens dit tog beter teen `n matige rente uitleen as wat `n mens dit begrawe, omdat diewe dit nie kan steel as hulle in die nag sou kom en alle kaste en kiste oopbreek nie. Daarna kan mens van sy oorvloed nog altyd aan die armes gee wat hulle nodig het; want as ek op één keer alles weggee en die vermoë nie goed beheer nie, dan sal ek weldra niks meer hê nie, en ek sal nie in staat wees om aan die baie armes nog iets te kan gee nie.”

[8] Ek sê: “Laat die regte beheer maar aan God die Heer oor, en gee aan diegene wat die Heer na jou toe stuur en dan sal jou vermoë nie kleiner word nie! Het jy dan nie baie en groot akkers en weivelde en tuine vol vrugte en druiwe nie, en staan jou uitgebreide stal nie vol osse, koeie, kalwers en skape nie? Kyk, as jy daarmee handel dryf, dan sal die seën van God jou steeds volledig vergoed, vir wat jy in die loop van die jaar aan die werklike armes gegee het; maar vir dit wat jy op die rentegewende rekening van die rykes wegsit, sal jy van bo-af nooit vergoed word nie. Jy sal baie sorge hê en jouself steeds afvra of hulle jou geld wel goed beheer. Doen daarom soos Ek jou nou vertel het, dan sal jy `n goeie en sorgelose lewe hê en alle armes sal jou liefhê, en oral waar dit maar moontlik is, gewillig van diens wees, en die Vader in die hemele sal jou doen en late steeds seën; en sien, dit sal beter wees as die steeds groter sorge wat die rentegewende rekeninge jou sal gee!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205