Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 68

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die owerste en die toepassing van die leer

68 Op daardie oomblik kom die Romeinse militêre afvaardiging daar aan en hulle leier oorhandig aan My `n versoekskrif vanaf die hoofaanvoerder en bevelhebber van die fort waarin hy my vra om, in almal se belang, van die voorval te vergeet asook om by die geselskap daarop aan te dring om aan niemand `n woord te rep oor wat daar plaasgevind het nie. Dit sou hom persoonlik skade berokken, terwyl niemand daarby sou baat nie. Dit sou, daarenteen, vir almal voordeliger wees om hom, as die Romeinse bevelhebber, as vriend te behou as om hom tot vyand te maak. Jaïrus moet ook stilbly, en kry boonop die versekering dat hy en sy huis voortaan met rus gelaat sal word. Verder versoek hy My om hom in sy tuiste te besoek, want hy het `n baie vertroulike en belangrike saak om met My te bespreek.

[2] Daarop antwoord Ek die oorhandiger van die brief: “Sê aan jou bevelhebber dat dit sal wees soos hy gevra het. Ek sal nietemin nie na sy huis toe gaan nie; as hy met My oor vertroulike en belangrike sake wil praat, dan moet hy vir my by die ingang van hierdie plekkie wag, en dan sal Ek vir hom vertel waaroor dit is wat hy met my wil praat.”

[3] Na hierdie gesprek vertrek die gesant met sy geselskap en dra aan sy bevelvoerder alles oor wat hy by My gehoor het. Die owerste en sy allerbeste onderbevelvoerder gaan onmiddellik na die ingang van die plekkie om daar op My te wag.

[4] Jaïrus vra My egter of hierdie uitnodiging wel te vertrou is, want hy ken die groot sluheid van die opperbevelhebber, wat tewens ook `n owerste is. Die man het op hierdie manier al verskeie mense na die ander wêreld gehelp.

[5] Maar Ek sê: “Liewe vriend, ek ken hom mos ook; hoe hy voorheen was en hoe hy nou is. Die Jongmanne het `n spesiale ontsag by hom ingeboesem; hy glo dat hulle beskermgeeste is en vir My sien hy aan as die seun van sy god, Jupiter, en hy wil nou by My hoor of dit so is. Ek weet egter goed wat Ek hom gaan antwoord!”

[6] Jaïrus word hierdeur gerusgestel, en ons kom by die poort aan waar die owerste met sy offisiere al op ons wag. Hy kom dadelik na vore, groet my vriendelik en wil my dadelik vertel wat hy op die hart het.

[7] Ek is hom egter een voor en sê vir hom: “Vriend! My dienaars is geen beskermgeeste nie en Ek is ook sekerlik nie die seun van jou Zeus nie. Daar weet jy nou alles wat jy wou weet en wat jy jou voorgeneem het om My te vra.”

[8] Die Owerste is baie verbaas dat Ek hom sonder meer alles kon vertel wat hy in gedagte gehad het en waaroor hy met niemand gepraat het nie.

[9] Nog nie heeltemal van sy verbasing herstel nie, wil hy My nog `n keer iets vra en sê: ” As U dit nie is nie, vertel my dan tog wie en wat U en U dienaars dan nou eintlik is. U is in elk geval meer as sommer die gewone deursnee mens. Ek sou dit op prys stel as ek die eer wat U toekom aan U kan bewys.”

[10] Ek antwoord: ” Elke mens wat eerlik en opreg vra, verdien om net so geantwoord te word. U het My nou eerlik en opreg gevra en kry daarom `n gepaste antwoord; luister dus: Ek is in die eerste plek die Een wat nou voor u staan, naamlik `n mens. Daar is weliswaar baie op die aarde wat soos Ek mag lyk, ja, maar dis nie te sê dat hulle mense is nie - hulle is maar net menslike larwes. Hoe nader mens aan volmaaktheid kom, des te meer mag en krag lê daar in sy insig opgesluit en des te meer ryk aan magtige en kragtige opbrengs is die uitwerking van sy wil.”

[11] Die owerste vra: ” Kan enige mens net so volmaak soos U word?”

[12] Ek sê: “O ja! As hy die dinge wat Ek leer om volmaak te word, doen.”

[13] Die owerste sê: “Vertel my dan wat U leer is dat ek dit kan toepas en daarvolgens lewe.”

[14] Ek sê: “Die leer sou Ek u wel kon gee, maar dit sou u weinig baat omdat u nie daarvolgens gaan lewe nie. Solank u dit is wat Rome van u verwag om te wees, kan My leer u nie van diens wees nie; u sal alles in die steek moet laat en My moet volg, anders gaan dit nie vir u moontlik wees om volgens My leer te leef nie.”

[15] Die owerste sê: “Ja, dit sal inderdaad baie moeilik wees. Maar desondanks kan U my tog `n paar belangrike hoofbeginsels van U leer meedeel. Ek het tog kennis van baie verskillende dinge en het goeie insig daarin, hoekom sou ek dan nie van U leer ook `n bietjie kennis opdoen nie? Miskien kan ek dit dan tog êrens in die praktyk toepas!

[16] Ek sê: ” My vriend, as dit nou so is dat My leer vereis dat mens My moet volg, omdat hy nie op `n ander manier in My Ryk van Volmaaktheid kan ingaan nie, hoe wil u die leer dan hier by u toepas?”

[17] Die owerste sê: “Dit mag wel baie vreemd klink, maar dalk is dit tog moontlik. Laat ek `n oomblikkie daaroor nadink.”

[18] Die owerste oordink die saak `n oomblik en vra dan: “Is U bedoeling dat mens U in persoon moet navolg, of eintlik net in `n morele opsig?”

[19] Ek sê: ” `n Morele tesame met `n persoonlike navolging, indien enigsins moontlik, word sterk aanbeveel. As persoonlike navolging weens noodsaaklike werksverpligtinge nie moontlik is nie, dan sal gewetensvolle morele navolging voldoen. Maar die gewete moet My, in die Liefde tot My sowel as tot alle mense, en daardeur die suiwerste Waarheid, as grondslag hê. Morele navolging sonder hierdie grondslag sou geestelike dood beteken - begryp u dit?”

[20] Die owerste sê: “Dis vir my duister. As dit egter so is, wat maak ek dan met al my pragtige gode? My voorvaders het aan hulle geglo - sou dit reg wees as ek steeds aan die geloof van my voorvaders trou bly, of moet ek nou in die God van die Judeërs begin glo?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205