Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 69

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die menslike brein kan ontelbare gode skep

69 Ek sê: “Dit kan jou voorouers nie skeel nie en nog minder die gode wat hulle aanbid het; jou voorouers is lank reeds dood en hulle gode het nêrens anders as in die verbeelding van hulle digters bestaan nie. Nie hulle name, nog hulle afbeeldings het in werklikheid ooit bestaan nie. As u dus hierdie volkome leë geloof in u gode laat vaar, is dit mos nou niks nie. Hulle kan u siel ewe min versterk as wat `n afbeelding van voedsel u honger kan stil. Hierdie dinge het, soos Ek reeds gesê het, geen werklike betekenis nie. Wat alles egter op neerkom, is die enkele suiwer Waarheid, en die lewe in, uit en deur hierdie suiwer Waarheid.

[2] Want, as jy vanuit die leuen leef, dan is jou lewe self niks anders as `n leuen nie en kan nooit `n werklikheid word nie. As jou lewe daarenteen op die Waarheid gegrondves is en in sigself waarheid is, dan is alles wat uit jou lewe voortspruit `n realiteit en `n werklikheid. Vanuit die leuen kan niemand die Waarheid haal of leer ken nie, want vir die leuen is alles `n leuen. Slegs vir diegene wat opnuut uit die Gees van Waarheid gebore word en in sigself Waarheid is, ja, selfs die volle Waarheid, word vir hulle selfs die leuen tot waarheid.

[3] Wie die leuen as sodanig kan herken, hy is self geheel-en-al waarheid, omdat hy die leuen onmiddellik kan herken vir wat dit is; en dit is ook Waarheid. Begryp u dit?”

[4] Die owerste sê: ”Vriend! Wat u sê is alles waar en U beskik oor grondige Wysheid. Maar wat en waar is die groot en heerlike Waarheid? Is dinge werklik soos ons dit sien, of sien die oog van `n Neger dit soms anders as ons? `n Vrug smaak vir een mens soet en lekker, maar dieselfde vrug smaak vir `n ander bitter en weersinwekkend. Ook praat verskillende stamme van mense verskillende tale; watter daarvan is waar en goed? `n Persoon, as `n afsonderlike individu, mag wel baie wat waar is in hom hê, maar `n algemene, allesomvattende waarheid kan volgens my nie bestaan nie - en as daar so iets is, toon dan vir my aan waar en wat sy is en waaruit sy bestaan!”

[5] Ek sê: “My vriend, kyk, dit is die oue, aan u welbekende Gordiaanse knoop wat deur niemand anders as die held wat u ken uit Macedonië kon ontknoop word nie.

[6] Dit wat u met u ledemate sien en voel, is gelyksoortig aan u liggaam en sy ledemate; dit is net so onbestendig en verganklik. Maar iets wat onbestendig en verganklik is, kan onmoontlik tog aan u die bronstof vir die ewige, altyd bestendige en onverganklike Waarheid bied!

[7] Daar is slegs Een in die mens en hierdie groot en heilige Een is die Liefde en hierdie Liefde is waarlik `n vuur vanuit God wat in die hart van die mens inwoon. Nêrens anders as in hierdie Liefde is Waarheid nie, want die Liefde is die oeroorsprong van alle Waarheid in en uit God, en vanuit Hom in die mens.

[8] As u hierdie dinge in volle waarheid wil raaksien en herken, net soos u uself sien en ken, dan moet u dit doen vanuit hierdie enigste oeroorsprong van u bestaan. Al die ander dinge is misleidend; die verstand in elke mens se kop met alles wat dit bevat hoort tot die veld van die Gordiaanse knoop soos dit aan u bekend is en wat deur niemand op bedagsame wyse ontknoop kan word nie.

[9] Slegs met snydende geweld kan mens hierdie knoop in jou eie hart, met behulp van die Gees van Liefde, deurhak. Hierna begin mens in jou hart te dink, te sien en te herken. Langs hierdie nuwe weg kom mens dan tot die Waarheid van jou eie sowel as alle andere se bestaan en se lewe.

[10] U kop kan vir u tallose gode skep, maar wat sou hulle wees? Ek sê vir u, hulle is slegs ydele, lewelose beelde, wat deur die meganisme van u gedagtes vir u opgeroep word. In u hart vind u egter maar net een God, en Hy is waaragtig, omdat die Liefde waarin die enige ware God gevind is, self die Waarheid is.

[11] Die waarheid is slegs maar in die Waarheid te soek en te vind. U kop het goed gedoen as dit aan u die sleutel tot die Waarheid gegee het. Alles wat u tot Liefde aanspoor en tot Liefde aantrek, mag dalk `n sleutel tot die Waarheid wees; laat u dus deur so `n aansporing en deur so `n aangetrokkenheid lei en tree binne-in die liefde van u hart en u sal die Waarheid vind, en dit sal u van alle bedrog bevry!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205