Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Hoofstuk 8 - Die Heer se eerste leerlinge: Andréas en Simon Petrus
[Johannes 1: 38-42]

38 En toe Jesus Hom omdraai en hulle sien volg, sê Hy vir hulle: Wat soek julle? En hulle antwoord Hom: Rabbi - dit wil sê, as dit
[uit Aramees] vertaal word, my Leermeester - waar is U tuis?

8 Hierdie teks is ook `n opvolging van die voriges en het historiese in plaas van geestelike betekenis: Want met dit begin die bekende, maar nog steeds materiële, opneem van die apostels, en dit in dieselfde streek waar Johannes te Betabára aktief was, `n uiters ellendige landelike dorpie, bewoon deur arm vissermanne. Dit is ook die rede waarom die twee leerlinge onmiddellik verneem na my blyplek, eintlik, in watter hut ek woon.
[2] Aangesien Ek in hierdie gebied vir omtrent veertig dae gewoon het voor die doop, waar Ek My menslike persoon voorberei het vir die aanvangsbediening deur vas en ander oefeninge, is dit histories ook baie duidelik en sekerlik dat Ek `n plek moes hê om in te bly in hierdie verlate en onvrugbare gebied wat Ek as mees geskik beskou het vir My doel.
[3] Die twee leerlinge het geweet dat Ek alreeds `n geruime tyd in hierdie streek gewoon het. Hulle kon My verskeie kere gesien het, sonder dat hulle vermoed het wie Ek was. Daarom het hulle onmiddellik gevra, nie waar Ek oorspronklik vandaan kom nie, maar waar ek in Betabára gewoon het, wat meestal bestaan het uit die armste vissermanne se hutte wat van klei en riete gekonstrueer was en dikwels nie eers hoog genoeg was vir `n man om in regop te staan nie.
[4] En self het Ek ook gewoon in `n soortgelyke hut wat Ek vir Myself diep in die woestyn gebou het. Die kluisenaarshutte wat in feitlik alle Christenlande bestaan dateer terug hierheen.
39 Hy sê vir hulle: Kom kyk. Hulle het gegaan en gesien waar Hy tuis was en dié dag by Hom gebly. En dit was omtrent die tiende uur.
[5] Dus was hierdie skuiling nie ver van waar Johannes gewerk het nie. Dit is waarom Ek vir die twee leerlinge gesê het: “Kom kyk!”, waarop die twee my dadelik gevolg het. Ons het My hut weldra bereik en die leerlinge was nie bietjie verbaas dat God se Messias in so `n mees beskeie hut gewoon het nie, wat ook nog in die mees verlate deel van die wildernis geleë was.
[6] Dit het egter nie plaasgevind gedurende die tyd wat die Christen-gemeentes deesdae hulle veertig dae vastyd het nie, maar ongeveer twee maande later. Oor die tyd van die dag waarop ons die hut bereik het, dit was omtrent die tiende uur wat volgens die nuwe styl ongeveer drieuur die middag gewees het, want in daardie dae het sonsopkoms die eerste uur van die dag bepaal. Maar aangesien dit nie altyd op dieselfde tyd van die dag plaasgevind het nie, val die uur van die dag wat genoem word, nie presies in met die tyd nie, maar is slegs benaderd tot die tyd van die middag wat Ek die hut bereik het met die twee leerlinge. —Aangesien hierdie twee leerlinge die dag met My deurgebring het tot sononder, sal die vraag in elke denkende leser se gedagte wees wat die drie van ons gedoen het van drie die middag tot omtrent agtuur in en rondom My hut. Want niks is nêrens daaroor geskrywe nie. Hier is dit voor die hand liggend dat Ek hierdie twee aangaande hul toekomstige roeping opdragte gegee het en hoe en waar Ek met My bediening sou begin, ook hoe Ek in hierdie omgewing, nog meer mense sal aanneem as My leerlinge, wat geneigd en gewillig sou wees soos hulle. Terselfdertyd het Ek hulle opdrag gegee om uit te vind van hul kamerade, wie meestal vissermanne was, en samesprekings te hou met hulle om uit te vind wie belang sou stel om by My aan te sluit. Dit is wat ons bespreek het gedurende hierdie tyd. Maar soos dit aand begin word het, het Ek die twee laat gaan en hulle het teruggekeer—deels baie gelukkig, deels mymerend—na hulle families, want hulle het vrouens en kinders gehad en het gewonder wat om met hulle te doen.
40 Andréas, die broer van Simon Petrus, was een van die twee wat dit (van Jesus) van Johannes gehoor en Hom gevolg het.
[7] Een van die twee, genaamd Andreás, het gou sy besluit gemaak en wou My ten alle koste volg. Daarom gaan hy onmiddellik na sy broer Simon toe, wat iewers aan sy nette aandag gegee het.

41 Hy het eers sy eie broer Simon gekry en vir hom gesê: Ons het die Mashiag gevind - dit is, as dit
[uit Hebreeus] vertaal word, die Messias.

[8] Toe hy hom naderhand gevind het, het hy opgewonde vir Simon begin vertel dat hy, saam met `n ander leerling, wat nog nie `n vaste besluit gemaak het nie, die beloofde Messias gevind het.

42 (Simon wens om Jesus te sien) En hy het hom na Jesus gelei. Toe kyk Jesus hom aan en sê: Jy is Simon, die seun van Jona; jy sal genoem word Kéf[as], wat
[uit Aramees] vertaal word Petrus.

[9] Toe Simon toe van My hoor, gee hy te kenne dat hy baie angstig was om My so gou as moontlik te ontmoet, want hy was nie teenwoordig tydens die doop nie. Andreás sê: “Vandag kan dit nie behoorlik gedoen word nie, maar môreoggend sal jy met Hom wees!”
[10] Hierop het Simon, want ongeag van wat hy gedoen het, gedurig gedroom het van die Messias en geglo het dat die Messias die armes sou help en die verharde hart rykes sou elimineer, gesê: “Broer, ons moet nie `n oomblik vermors nie, ek sal onmiddellik alles los en sal Hom volg tot aan die einde van die wêreld as dit Sy wens sou wees. Daarom, neem my dadelik na Hom toe, want ek voel hierdie sterk drang en moet Hom vandag nog sien en met Hom praat. Die nag is nie so donker nie en dit is nie ver na Sy hut nie, laat ons onmiddellik na Hom gaan. ! Wie weet, dalk vind ons Hom nie meer môre nie?!”
[11] Op hierdie aandrang, lei Andreás hom na My toe. Soos wat die twee in hierdie laat uur na my hut toe naderkom, stop Simon in `n toestand van verrukking ongeveer dertig meter weg daarvan en sê vir Andreás: “Ek het `n snaakse gevoel. Ek is vervul met `n verhewe soet vrees, ek kan nie waag om nog een tree te gee nie, maar ek het hierdie sterk drang binne my om Hom te sien.”
[12] Hierop stap Ek uit My hut om die twee broers te ontmoet, wat beteken dat Ek hom gesien het. Dit spreek vanself dat deur “om gesien te word deur My” verstaan moet word, My bereidwilligheid om te kom om so iemand te ontmoet wie, soos Simon, na My toe kom bo alles in sy hart. Daarom is hy onmiddellik herken deur My, dit is, aanvaar en `n nuwe naam word sy eerste deel in My koninkryk. Hier is Simon dadelik die naam Kefas gegee, of die rots in sy geloof vir My, want Ek het lank gelede gesien watter tipe gees Petrus was, en is, wanneer opgewek.
[13] Die manier waarop Ek hom aangespreek het, was vir Petrus of Simon genoegsame bewys dat Ek sekerlik die beloofde Messias was. Van daar af aan het hy nooit enige twyfel in sy hart gehad en het nooit ooit vir My gevra of Ek die regte Een was nie, aangesien sy hart die enigste sekerlik en geldige getuie was vir hom. —Albei manne het nou by My vertoef tot die oggend toe en het My daarna nooit weer verlaat nie.

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205