Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 83

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die mag van die Woord van die Heer

83 (Die Heer: ) “Die leer self moet die waarheid regverdig. Wie in die toekoms nie deur die Woord sal lewe nie, sal sterwe deur die gerig van dieselfde woord wat tot hom gespreek word en wat hy nie glo en vertrou nie.

[2] Want net soos Ek in My van die Vader die Mag het om aan elkeen wat daarvoor ontvanklik is deur sy wil, die Ewige Lewe te gee of te neem, so is ook My Woord daartoe in staat; want My Woord is altyd die almagtige en vir alle ewigheid duur uiting van My Wil!

[3] Wie dus My Woord heeltemal in hulleself opneem en streng daarvolgens handel en leef, neem daardeur Myself met al My Liefde, Wysheid, Mag en Krag in hulleself op en het daardeur `n ware kind van JaHWeH geword, aan wie die Vader in die hemele niks van wat Hy het, sal weerhou nie!

[4] Meer kan die Heilige Vader nie doen nie, as dat Hy Homself in My, Sy Seun, Self liggaamlik geopenbaar het, julle gerigte (wat onder die gerig staan) skepsels tot geheel en al vrye God maak en julle op die wyse Sy vriende en broers noem!

[5] Hou steeds voor oë wie Diegene is wat julle dit nou openbaar en wat julle met hierdie openbaring gegee word, dan sal die materiële wêreld julle nie meer verlei nie en julle sal haar met weinig moeite oorwin, wat noodsaaklik is, omdat julle sonder dat julle die wêreld geheel en al oorwin het, geen kinders van die Vader in die hemele kan word nie!

[6] Dit wil nie sê dat julle daarom donker aankykers en vervloekers van die wêreld moet word nie, maar julle moet op `n wyse manier daarvan gebruik maak.

[7] Sou julle diegene nie dwaas noem wat so verlief word op `n bepaalde handige werktuig wat hy vir die uitoefening van sy beroep nodig het dat hy dit gladnie vir die beoogde doel wil gebruik nie, maar dit slegs wellustig aangaap en in `n kas bewaar, sodat dit nie roes en daardeur minder mooi sou word nie, en daardeur afbreuk sou doen aan sy genot, en dus deur sy ydele plesier benadeel word?!

[8] Vir julle is die wêreld ook `n werktuig, waarmee julle deur korrekte en doelmatige gebruik daarvan buitengewone baie goeie en glansryke dinge kan doen! Maar noudat julle My leerlinge is, moet julle die werktuig só gebruik soos wat Ek dit gebruik, julle enige waaragtige Heer wat julle nou gedurende twee en `n halwe dae onderrig het!

[9] As jy dit só gebruik en toepas, sal die werktuig julle die Ewige Lewe besorg en verseker. As julle dit egter anders gebruik, dan word die werktuig soos `n té skerp mes in die hande van `n jong kind, wat hulleself daarmee maar al te maklik en vinnig `n dodelike wond kan toedien, wat `n dokter nie maklik kan genees nie!

[10] Ontvang met hierdie woorde ook My volle seën en deel hierdie woorde ook mee aan al diegene wat dit nie nou kan hoor nie; sodat niemand hulleself later kan verskoon deur onwetendheid nie!

[11] En nou, My kleine groep leerlinge en julle almal wat vanaf Galilea en Jerusalem hierheen meegekom het, maak julle klaar vir die reis na Galilea, waar julle weer kan gaan sorg vir die bewerking van julle lande!”

[12] Na hierdie mededeling staan Ek op, gee die nog wagtende Engel `n teken wat slegs hulle begryp en almal verdwyn, behalwe díe van JonaEl. Ook die sigbaar ope poorte van die Hemele sluit; maar die huis van IrhaEl en Joram, met die hele inrigting uit die hemele bly, so ook die kasteel van Jaïrus. Alle aanwesiges wat wakker is, begelei ons tot by die huispoort. Die owerste ontneem homself egter nie die kans om My tot aan die grens van die regsgebied van die stad te begelei nie en keer vandaar na Sigar terug.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205