Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 85

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Aankoms in Galilea. Die nuwe en ewigdurende Ryk

(Toe Hy in Galilea aankom, ontvang die Galileërs Hom, omdat hulle gesien het wat Hy alles in Jerusalem op die fees gedoen het. Want hulle was ook by die fees gewees. Johannes. 4: 45)

85 In die dal aangekom, bereik ons vinnig `n Galilese dorp waar baie van die Galileërs woon wat in Jerusalem op die fees was toe Ek die tempel gereinig het. Omdat dit kort tevore plaasgevind het, was alles nog vars in hulle geheue.

[2] Toe die Galileërs My sien wandel deur hulle dorp, kom hulle vinnig uit al hul huise die straat in, groet My vriendelik en kon My nie genoeg loof oor My, na hulle mening, gewaagde daad in die Tempel nie. En hulle vreugde om My weer te sien, was nog groter want hulle was byna almal van mening dat die fariseërs in Jerusalem My in die geheim uit hierdie wêreld gehelp het! Want hierdie Galiléërs het nog nie veel meer van My geweet, as dat Ek die vrome Seun van Josef was nie en dat God met My was soos met Josef. Ek moes met My geselskap, deur die dag en tot die einde van die nag by hulle oorbly. Hulle het ons bedien na hulle vermoë, en daar was vele vrae en besprekings, en daar het ook die vraag gekom oor die Messias, en vele sien en herken Hom in My.

[3] Want hulle het gesê: “Wie soveel moed aan die dag lê in die tempel voor soveel duisende mense, moet van `n groot Mag bewus wees wat aan hom van Bo gegee is! Want as `n gewone mens dit sou doen, sal dit sleg met hom gaan met so `n onderneming; ook sou hy niks aan die verroeste mishandelaars kon doen wat al so lank in die tempel is nie! So asof `n geweldige storm onder hulle gekom het, het hulle uit die tempel gehardloop, - en sedertdien is geen mark meer in die tempel gehou nie!” En toe sê Ek: “En sal verder ook nie weer gehou word nie, want sy einde het naby gekom!”

[4] Daaroor verwonder die Galileërs hulle en antwoord: “As dit so is, dan sal dit daar vir ons sleg uitsien! Wat kom daar dan tereg van die ewige heerskappy van die nakomelinge van Dawid wat deur die Messias weer gevestig sal word en voorspel is deur die profete?”

[5] Ek sê: ”Hy sal wel vir die ware kinders en nakomelinge van Dawid en daarmee vir al die mense op die aarde `n nuwe en ewigdurend ryk vestig; egter nie op hierdie aarde nie, maar bo die aarde in die hemele! Wie die profete op `n ander manier uitlê, sal in duisternis wandel.”

[6] Na aanleiding van hierdie uitspraak gaan verskeie mense weg, want hulle glo in `n aardse Messias; maar baie versoek My om nadere toeligting.

[7] Ek sê: ”Julle wil ook tekens sien, anders glo julle nie! Volg My daarom na Kana en vandaar na die streek daaromheen; daar sal julle lesse en tekens kry!”

[8] In My geselskap was daar egter baie uit Kana, wat My vanaf die bruilof gedurende die hele tog om My leer uit te brei, baie getrou begelei het. En hulle wou gaan vertel van al die lesse en tekens wat hulle van My gehoor en gesien het.

[9] Maar Ek sê: “Vir hulle is die tyd nog nie ryp nie. Laat hulle ons egter volg na Kana; daar sal ons iets daaroor vertel en meer nog, hulle sal dit self sien en ondervind. En laat ons dan nou ons reis weer voortsit! Onderweg moet niemand egter iets sê nie, want hier is farisese bandiete teenwoordig!”

[10] Toe Ek dit sê, gee die Galileërs My gelyk en vertel, hoe farisese spioene nou oral rondloer en die mense op straat aanhou, hulle oor alles uitvra, en hulle soms ook vra of `n sekere Jesus uit Násaret homself êrens bevind en hulle onderrig. En Ek sê: “Juis daarom sal ons tot by Kana in stilte gaan; aan ons talryke geselskap sal hulle wyslik geen vrae stel nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205