Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 86

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

In Kana in Galilea:

Die versoeking deur Satan

(En Jesus kom weer in Kana in Galilea aan, waar Hy water in wyn verander het. Johannes. 4: 46)

86 Na hierdie woorde sit ons die reis voort en ons bereik sonder enige moeilikheid die dorpie Kana. Toe ons daar aankom, gaan ons vinnig na die huis waar Ek die eerste wonder in die openbaar gedoen het. Binne `n uur weet byna die hele plek dat Ek en almal wat met My saamgegaan het, weer gelukkig en behoue daar aangekom het en almal kom uit om die aankomelinge te sien, te begroet en te verwelkom. En toe hulle My sien, het hulle nie genoeg woorde om My te loof en te prys vir die feit dat Ek in Jerusalem die tempel op so `n vasberade manier gesuiwer het nie! Want op die fees was daar ook baie uit Kana, en hulle het gesien wat Ek in Jerusalem tot stand gebring het, en het ook verneem hoe Ek daar baie siekes genees het en daarvoor prys hulle My buitengewoon.

[2] Ek vra hulle of daar geen siekes hier was nie. Hulle antwoord egter dat daar merkwaardig genoeg nie één mens siek was in die hele dorpie nie.

[3] Ek sê egter dat hulle na liggaam wel gesond was, maar nie wat die siel betref nie. “Want wie vermenging en hoerery pleeg, is baie siek in sy siel! Want deur hierdie sonde word die hart van die mens van dag tot dag steeds harder, gevoelloser en onbarmhartiger teenoor sy naaste, en hy hou ten laaste slegs nog maar van homself, en die onderwerp waarmee hy vermenging kan pleeg, maar nie oor die onderwerp self nie, maar vanweë die vermenging. So `n hart ontvlug dan die woord van God, wat hom wil afwend van sy slegte verlange en word uiteindelik selfs `n vyand van diegene wat die woord van God in hulle hart bewaar en daarvolgens lewe. Vele van julle ly aan hierdie siekte en Ek het daarom weer na julle gekom, om julle van hierdie kwaadaardige en dodelike siekte te genees. Die van julle wat weet dat hy aan hierdie kwaadaardige siekte ly, laat diegene hulleself aan My toevertrou, en Ek sal hulle genees!”

[4] By hierdie aankondiging verlaat baie die huis direk, want die skuldiges word bang dat Ek hulle openlik sal verraai en daarom gaan hulle daar weg. Onder hulle was ook `n paar vermengers en bloedskenders en baie manne en vroue wat hulleself bevlek het en hulle was uiteindelik verlig dat hulle My Blik nie meer hoef te verduur nie.

[5] By baie gaan dit egter in die eerste plek nie daarom dat hulle nie genees wil word van die hartstog nie, maar dit gaan vir hulle baie meer oor die skande! Want hulle was eerbare, gesiene mense en dit sou baie onaangenaam vir hulle wees as hulle bure op hierdie manier gehoor het dat hulle liggaam swak was. Maar hulle het nie daaraan gedink dat hulle hulleself verraai het, deur na My baie goed bedoelde vraag te verdwyn nie.

[6] Van die baie wat oorgebly het, sê `n paar: “Nee, van hom of haar sou ek dit nooit gedink het nie!” Ander moes daaroor lag en sê: ”U het dit slim gesê! Al het `n mens hulle tien jaar lank daaroor ondervra, dan sou hulle nooit iets daaroor gesê het nie; U het egter slegs liefdevol en vriendelik aangebied om hulle hiervan te genees, - en kyk, nou kies hulle almal die hasepad, hulle dink sekerlik dat U, wat water in wyn kon verander, hulle ook miskien by die naam sou roep en sê: “Jy het op hierdie manier en so baie keer gesondig, en jy op hierdie manier en so baie keer!” - en dit sou hulle natuurlik nie kon verdra nie en daarom hardloop hulle weg! Maar hulle het op daardie oomblik nie daaraan gedink dat hulle hulleself baie meer verraai het deur weg te loop nie! Ons veroordeel hulle daarom nie - want ons ken ons eie swakhede en ons weet wel dat dit altyd die beste is om die hand in eie boesem te steek - maar dit bly tog lagwekkend dat hulle glo dat deur hulleself uit die voete te maak, hulle nie herken sal word as die sondaars wat U bedoel het nie. Nee, hulle is selfs nog dommer as `n renoster uit Persië!”

[7] Ek sê: “Laat hulle gaan, die blinde dwase! Hulle skaam hulleself voor die mense; maar voor God, wat die mees geheime denke altyd deursien en ondersoek, skaam hulle hulleself nie! - Ek sê vir julle: die skaamtegevoel ten opsigte van die wêreld is ydel. Hoe lank sal dit dan nog duur op hierdie wêreld? Weldra sal hulle liggaam, waarvan die vlees hulle so baie soete ure geskenk het, van hulle afgeneem word. Dan sal hulle naak in die ander wêreld beland, en daar sal tot in die fynste besonderhede luid verkondig word wat hulle op hierdie wêreld, hoe heimlik ookal, gedoen het! Dan sal daar `n egte en blywende skande hulle ten deel val en hulle sal dit daar nie so gemaklik kwytraak soos hier nie!

[8] Ek sê julle in al die erns: wellustige mense, vermengers en hoere sal nie die ryk van God binnegaan nie, tensy hulle hulleself geheel en al bekeer van hulle slegte lewenswandel! Want dink daaraan, al die ander sondes begaan die mens buite sy liggaam en hy kan homself daarom makliker daarvan losmaak - want wat aan die buitekant plaasvind, het nie so `n verderflike invloed op die mens, as wat binne hom gebeur nie -; die hoerery gebeur egter in die mens, bederf die siel en die gees en is daarom ook die gevaarlikste van al die kwaad! Vermy dit daarom meer as enigiets anders en beskou dit as die pes; want die prikkel van die wellus is Satan se kans vir `n greep! Wee diegene wat hulleself so deur die Satan laat gryp het! Elkeen sal uiteindelik die grootste moeite hê om homself uit die kloue van die Satan los te maak. Onuitspreeklike lyding en verdriet sal sy deel wees! Onthou dit baie goed; want anders sal jy nog die oomblik en die dag belewe waarop jy dit baie sal berou! Laat ons nou egter gaan rus.”

[9] `n Aantal van hulle wat met My saamgegaan het, gaan na hulle eie huise. My leerlinge, My moeder Maria en My broers, dit wil sê die vyf seuns van Josef, bly egter by My.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205