Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Aanwysings van die Heer aan Sy twee skrywers Johannes en Matthéüs. Die Heer en tweeduisend jaar evangelie

(Dit was die ander teken wat Jesus gedoen het, toe Hy uit Judea na Galilea gekom het. Johannes. 4: 54)

91 Die volgende dag in Kana sê Ek aan Johannes, wat die eerste teken tydens die bruilof in Kana opgeteken het, dat hy die tweede teken in hierdie selfde plek ook moes opteken; en Johannes doen dit dan ook in min woorde, verdeel oor agt verse, soos dit geskrywe staan.

[2] Nou vra Matthéüs My of hy hierdie gebeurtenis ook moes opskryf. Maar Ek sê aan hom: “Dit is nie nodig nie! As ons in die oggend na Kapernaum gaan en wanneer Ek daar ook weer My leer sal verkondig en tekens sal doen, dan moet jy dit opskrywe! Sit die genesing van die melaatse in Sigar, wat Ek daar genees het toe Ek van die berg afkom, ook by My bergrede!”

[3] Matthéüs sê: ”Heer, volgens my het U in Sigar twee melaatses genees; watter een moet ek opteken?”

[4] Ek sê: “Daar was wel meer as twee genees; maar die een is voldoende wat Ek aan die voet van die berg genees het en waaraan Ek gesê het dat hy homself aan die priester JonaEl, wie se naam jy nie hoef te skrywe nie, moes laat sien en die gawe moes offer wat Moses daarvoor voorgeskryf het. Want wie My nie vanweë die een teken glo nie, sal my ook nie glo as Ek honderd tekens vir hom doen nie! Skryf daarom van al die tekens slegs daardie op wat Ek so pas vir jou beskryf het!”

[5] Matthéüs sê: ”O ja, Heer, nou weet ek watter teken U bedoel! Ek het wel notas daarvan geneem, maar dit nog nie heeltemal op skrif gestel nie en dit sal ek nou dadelik doen, en daarmee begin ek tewens `n nuwe hoofstuk. Want die bergrede het ek in drie hoofstukke verdeel en dit word nou die vierde hoofstuk.”

[6] Ek sê: “Voorlopig is jou indeling goed; maar jy sal, nadat Ek van hierdie aarde opgevaar het na My hemelse Ryk, daar nog vier hoofstukke vooraan moet byvoeg; daarom kan jy nou al die drie bergrede se hoofstukke in plaas van met I, II en III, dadelik met die syfers V,VI en VII nommer en die nuwe dan met VIII!”

[7] Matthéüs pas sy aantekeninge dadelik op hierdie manier aan en nou staan die bergrede, hoewel dit nou eers deur Matthéüs opgeskrywe was, nie in die eerste maar in die vyfde, sesde en sewende hoofstukke.

[8] Om die evangelies van Johannes en Matthéüs beter te kan begryp, is dit nodig om die bostaande te weet; want beide was onder My persoonlike leiding geskrywe, en Ek wil dat mens deur hierdie kennis in sal staat wees om beide berigte, wat uiterlik baie verskillend lyk, as één geheel en as aanvulling tot mekaar te sien, omdat dit so voorkom dat selfs goeie kenners van die Skrif die wonders, wat ooreenstemmings vertoon by Matthéüs en Johannes, as dieselfde beskou en hulleself daarna tog afvra: ”Hoe is die moontlik dat Matthéüs dit sê en Johannes dat, terwyl die onderwerp tog volledig dieselfde blyk te wees?”

[9] Hieruit kom dan ook baie dwalinge en dikwels `n totale afvalligheid van My leer voor, soos dit in die evangelies geskrywe staan.

[10] Mens sou hier wel kan opmerk: “Waarom, o Heer, het U dit dan oor al die eeue laat gebeur en het U niemand daaroor duidelikheid gegee nie?” Dan sê Ek:

[11] “In elke eeu het Ek op al die plekke waar My leer enigsins geglo word, manne uitgekies en verlig sodat hulle die toedrag en die nodige verklaring van die evangelies voldoende aan die mense duidelik kon maak. Hierdie uitverkorenes het dit altyd gedoen en hulle het dit ook geskiedkundig in die geskrifte aangevul wat, ten dele deur die agterlosigheid van die mense, en ten dele deur die onbuigsame denke, en dikwels deur die kwaadaardige wil van die verskillende sektariese leiers en priesters van die evangelie, respektiewelik van My leer verlore gegaan het; maar slegs heel weinig het dit aangeneem.

[12] Die kerke wat hulleself in die loop van die tyd sistematies ontwikkel het, verwerp dit vanselfsprekend en verklaar dit tot “kettery” en “duiwelse influisteringe”, omdat dit nie in hulle kraam, wat op wins en heerssug ingestel was, pas nie!

[13] Die geleerdes en kunstenaars verklaar daarenteen sulke verskynsels as “hersenskimme” en “onsinnige drome” van `n arme sukkelaar wat ook iets wil beteken sonder om daarvoor die vereiste eienskappe deur inspanning, vlyt en grondige studie ontwikkel te hê!

[14] Op die plek waar die uitverkore en verligte profeet leef en waar mense hom ken, word hy verseker as die minste gesien en kon daarom ook weinig uitrig. Oor die algemeen dink die mense dat `n profeet eintlik gladnie op die aarde moet woon nie, en ook nie die gedaante van `n mens moet hê nie; hy moet ook niks eet of drink en geen kleding dra nie, maar hy moet ten minste net soos EliJaH in `n vurige wa deur die lug reis en vandaar aan elke mens slegs dit verkondig wat hulle graag wil hoor en wat hulle vlei! Op so `n ware profeet sou hulle sekerlik al die ore en oë rig, veral as hy tydens sy lugreise op wonderbare wyse ook sakke goud- en silwermunte onder die rykes en koper kleingeld onder die gewone volk sou strooi, waarby dan die grotes, rykes en magtiges geprys en die arme duiwels (armstes van die armes) daarenteen meermale “ferm getugtig“ sou word, veral as hulle dit sou waag om te mor teen die rykes, grotes en magtiges! So `n profeet sou dan vir die armes natuurlik nie `n aangename verskyning gewees het nie en hulle sou hom nie geprys het nie!

[15] Maar `n profeet wat `n mens is soos elke ander, wat eet en drink en miskien selfs `n huis het en dan bowendien selfs `n gewone wêreldse ambag beoefen, o, dan is hy onakkuraat met sy profesieë, hulle sê dan dat hy `n dwaas of `n huigelaar is en in sy woonplek sal hy sekerlik die allerminste tot stand kan bring!

[16] Ek het op hierdie manier gedurende ongeveer twee duisend jaar steeds die ontbrekende aangevul, maar wie het dit aangeneem? Ek sê: Altyd maar bitter min en dan nog selde met genoeg ywer! Mense het daar wel kennis van geneem en dit opgeteken; maar die mens het steeds om allerlei onbelangrike redes niks gedoen om sy lewenswandel daarvolgens te rig en homself geestelik daarvan te oortuig dat dit gegee was vir die res van die natuurlike mense wat in erns deur My geroep was om vir die mense in die steeds donkerder wordende wêreld weer `n nuwe lig uit die hemele te bring.

[17] Die een het `n paar nuwe osse gekoop en moet hulle nou vir die ploeg afrig, sodat hy natuurlik geen tyd het nie; die ander het `n nuwe akker om te bou en kan daarom ook nie kom nie! Die derde het `n vrou geneem en het dus glad geen tyd en geleentheid meer nie! Die vierde moet `n groot huis bou en het te veel probleme; hy kan gladnie enige tyd vind nie! En so het uiteindelik elkeen `n verskoning en `n nuwe lig uit die hemele brand dan weer tevergeefs gedurende `n hele eeu in die een of ander verborge hoek van die aarde. En as Ek in die volgende eeu wéér `n nuwe lig gee ter verduideliking van die ou geskrifte, dan tref dieselfde lot dit ook!

[18] As mens dit moet toegee na eeue lange ervaring, dan is die vraag of die skuld by My lig lê dat die ou geskrifte nou nog steeds dieselfde verskille vertoon, wat duisend jaar gelede al deur ydele, verstandelike ondersoekers en manne wat tob,ontdek is, waardeur dan ook altyd baie twyfelaars en uiteindelik verwerpers van My leer en van My volstrekte goddelikheid soos die van die leer, soos paddastoele uit die grond opgeskiet het.

[19] Daarom werp Ek nou die volste lig op hierdie saak; sodat niemand hulleself meer kan verontskuldig deur te sê dat Ek My sedert die tyd van My liggaamlike aanwesigheid op aarde nie oor die suiwerheid en volledigheid van My leer, en ook nie oor die mense wat haar aangeneem het, bekommer het nie!

[20] Sodra Ek die volgende keer weer na die aarde sal kom, sal Ek `n grondige ondersoek instel; en Ek sal niemand aanneem wat met enige verontskuldiging by My aankom nie! Want elkeen wat ernstig soek, kan en moet vind! Die siek skape en esels by die voerbak sal `n geneesmiddel kry waarna hulle honger sal word vir die voer uit die Hemele; maar dan sal hulle as hersteldes baie lank homeopaties gevoed word! En nou weer terug na die evangelie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205