Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

God se Alwetendheid en Sy Leiding

92 Toe Matthéüs klaar was met sy verse op die dag na die een waarop Ek die seun van die vorstelike persoon uit Kapernaum in Kana genees het, laat hy My die werk lees. Ek prys dit, omdat dit mooi kort en tog volledig was. Nadat hy egter sy skryfmateriaal ingepak het, kom hy weer na My terug om te vra hoeveel skryfmateriaal hy in Kapernaum nodig sou hê; want voorlopig het hy maar vier velle uitgehou, om in Kapernaum te gebruik. Maar as hy miskien meer velle nodig sou hê, dan kon hy dit hier beter uit die pak haal, as in Kapernaum!

[2] Ek sê: “Die vier is genoeg, maar Ek moet jou tog op `n foutjie in die orden van jou eie sake wys. Die is eintlik nie so belangrik nie, maar omdat Ek meen dat alles nou eenmaal in `n sekere volgorde moet gebeur, is dit onverstandig van jou dat jy eers jou pak met skryfmateriaal vasbind en dan aan My kom vra hoeveel velle Ek dink dat jy nodig sal hê. As Ek gesê het: ”Jy het in Kapernaum vyf velle nodig!”, dan sou jy as gevolg van die enkele vel jou hele pak los moes maak en dit sou jou onnodig baie moeite besorg het. Maar omdat Ek jou dit stilletjies ingegee het, het jy presies die juiste aantal buite die pak gehou en jou daardeur die moeite bespaar om die pak weer oop te moes maak. Soos Ek jou al eerder gesê het, dit is nie so belangrik nie, maar die goeie van `n juiste orden is in al die dinge, ook al lyk hulle onbelangrik, dikwels baie nuttig.

[3] Sien jy, as iemand homself in die oggend, middag of aand was en dan eers sy gesig was en daarna sy hande, dan sal hy, omdat hy met sy vuil hande oor sy gesig vryf dit nie so vinnig skoon kry nie; was hy egter eers sy hande, dan sal ook sy gesig, omdat hy dan met skoon hande daaroor vryf, vinnig en maklik skoon word.

[4] `n Man het `n akker vol klippe, waar hy met baie moeite en ywer klippe uit verwyder; hy hou daarby die volgende goeie orde: eers versamel hy die grootste klippe uit die akker en plaas dit buite die akker op `n reëlmatige, reghoekige hoop. Daarna versamel hy die minder grotes en lê hierdie op `n tweede soortgelyke reghoekige hoop. En so doen hy ook met die orige, natuurlik steeds kleiner stukkies klip en hy produseer so tien kliphope, wat per hoop ewe groot klippe bevat.

[5] Daarop sê die mense uit die buurt, wat dit sien en hulle akkers nie op die manier vry van klippe gemaak het nie, maar die groot en klein klippe op hope deurmekaar gooi: “Kyk wat `n dwaas is hy, hy maak `n speletjie daarvan!”

[6] Kort daarna kom daar `n boumeester langs die pad waaraan hierdie akker grens verby en hy soek klippe vir bouwerk. Toe hy die tien geordende hope sien, stap hy daarop af en koop hulle almal vir veertig silwer pennings van die man wat deur sy bure as dwaas verklaar is; want die boumeester kon die klippe, omdat hulle gesorteer was, dadelik gebruik. Toe die bure dit opmerk, kom hulle daar aan en sê: ”Heer, waarom kom u nie na ons nie? Kyk, ons het net sulke klippe en U sou hulle van ons vir weinig geld kan koop, terwyl u hier dieselfde klippe vir veertig silwer munte gekoop het. Die boumeester antwoord egter: ”Die klippe van julle sou ek eers moet sorteer en dit kos my baie arbeid, tyd en moeite, maar hierdie is al presies so georden soos wat ek hulle nou juis nodig het en daarom betaal ek liewer meer hiervoor as wat ek die klippe kosteloos van julle sou neem! Toe begin die bure weliswaar ook hulle kliphope te orden, maar dit was te laat! Want die boumeester het genoeg klippe gehad wat hy van die eerste man gekoop het, en die bure het hulleself vir niks ingespan nie.

[7] Wees daarom altyd en in alles so ordelik as moontlik! As iemand êrens geld wil bestee, dan sal hy sekerlik eerstens gaan na waar die meeste orde heers! Om agterna orde in sake te skep is tevergeefs! Verstaan jy die voorbeeld?”

[8] Matthéüs sê: ”O Heer, hoe sou ek dit nie verstaan nie. Dit is tog so helder en duidelik soos die son in die middel van die dag!

[9] Ek wil net nog graag van U weet hoe U kon weet dat ek net vier velle in Kapernaum sou gebruik. Want die goddelike alwetendheid is vir my nog altyd `n baie groot raaisel. Soms weet U sonder dat iemand daarna vra, alles, en hou tydens U doen en late daarmee rekening; ander kere stel U net soos ons, vrae en doen U asof U nie weet wat daar gebeur het of nog sal gebeur nie! Hoekom so? Ek vra U Heer, maak dit vir my daarom `n klein bietjie duidelik”.

[10] “Vriend,” antwoord Ek, ”dit sou Ek graag vir jou wou uitlê, maar jy sou dit nie kon begryp nie, daarom sal Ek dit dan ook nie doen nie. Dit sal egter nie so lank wees voordat die tyd sal kom dat jy sulke geheime moeiteloos sal kan vat en hulle duidelik sal begryp nie.

[11] Op die oomblik kan Ek net vir jou sê dat God ter wille van die vrye wil van die mense wel alles kán weet wat Hy wil, maar as dit die mens in sy vryheid van handeling sou belemmer, dan wil Hy dit nie weet nie en dan weet Hy dit ook nie! Is dit duidelik?”

[12] Matthéüs sê: “Heer, in die geval is dit wel hoogs gevaarlik om as mens op hierdie aarde te lewe! Elke mens met `n bietjie ontwikkeling ken tog die tallose vyande, wat met al die moontlike kwaadaardige sake die mensdom beleër en daarmee vir die ondergang van die mens sorg? As U dit sonder om dit te wil weet, so langs U sal laat verbygaan, dan sal daar tog tye wees wat dit met die sieleheil baie sleg sal staan!”

[13] Ek sê: ”Nie so erg as wat jy nou dink nie! Want ten eerste sal elkeen uit die geloof en die liefde moet lewe. En ten tweede het elke mens die vryheid om homself op enige oomblik tot God te rig en Hom om hulp te smeek en God sal Sy Aangesig tot die smekende wend en sal hom uit elke nood help!

[14] Voorts is daar tog aan elke mens `n onsigbare beskermgees saamgegee wat die mens vanaf sy geboorte tot by sy graf moet begelei. So `n beskermgees beïnvloed altyd die gewete van die mens, maar sal die mens wat aan hom toevertrou is, steeds meer aan sy lot oorlaat, as hy, gelei deur sy eieliefde, al die geloof en al die liefde tot die naaste vrywillig laat vaar.

[15] Die mens op hierdie aarde is dus volstrek nie so verlate as wat jy jou dit wil voorstel nie; want dit hang alles van sy vrye wil en handeling af of hy deur God beskerm en begelei wil word al dan nie. As die mens dit wil, dan sal God dit ook wil; wil die mens dit egter nie, dan laat God hom heeltemal vry en God bekommer Hom ook nie verder oor hom nie, behalwe vir dit wat hom volgens die algemene natuurlike orde toekom, soos die natuurlike lewe en alles wat as voorwaarde daarvoor nodig is. Maar verder bemoei God Hom nie met die mens nie en mag Hy Self vanweë Sy onaantasbare vryheid Hom nie met hom bemoei nie! Slegs as `n mens God uit die vrye wil van sy hart soek en na Hom vra, dan sal God die vrae en die soeke van die mens direk beantwoord, tenminste as die mens heeltemal erns het met sy soeke en vrae.

[16] Soek en vra die mens egter slegs maar by wyse van `n proef, om hulleself daarvan te oortuig of daar wel iets waar is van God en Sy beloftes, dan word hy deur God ook nie gesien en verhoor nie! Want God Self is die suiwerste liefde en wend Sy aangesig slegs maar na diegene wat met soortgelyke ware liefde in hulle hart na Hom toe kom en God ter wille van Homself soek, Hom as hulle Skepper dankbaar wil leer ken en die vurige wens het om deur Hom Self beskerm en gelei te word.

[17] O, as hulle só kom, daarvan weet God elke oomblik maar al te goed hoe dit met hulle is en Hyself onderrig en lei hulle op al hulle weë, maar die wat van Hom niks wil weet nie, daarvan wil God dan ook in alle erns niks weet nie!

[18] En wanneer hulle ooit in die hiernamaals vir God staan en luidkeels roep: “Heer, Heer!”, dan sal God hulle antwoord: “Gaan weg van My, julle vreemdelinge; want Ek het julle nog nooit geken nie!” En sulke siele sal dan baie moet deurstaan en stry voordat hulle Hom weer, nou deur Hom herken, kan nader. Begryp jy dit nou?”

[19] “Ja Heer”, sê Matthéüs, ”dit begryp ek nou alles baie goed, suiwer en helder. Maar sal ek hierdie heerlike leer, wat die mense tog baie sou moet aanspoor om God sonder ophou te soek en Hom te vra om hulle by die hand te neem en op die goeie weë te lei, nie onmiddellik opskrywe nie?”

[20] Ek sê: ”Nee My beste vriend en broer; want bykans geen mens sou die ware en lewende volheid van die leer begryp nie! Daarom hoef jy dit ook nie heeltemal op te skrywe nie, behalwe as jy dit later - slegs vir jouself en `n paar broers - wil doen.

[21] Nou gaan ons egter verder stap, as julle klaar is vir die verdere reis na Kapernaum! Wie saam wil gaan, volg ons; wie egter wil bly, die bly! Ek moet daarnatoe; want daar is baie ellende en ook in die klein plekkies wat rondom die meer van Galilea lê.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205