Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 95

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die karakter van Judas

95 Nou kom Thomas na Judas Iskariot toe en verwyt hom dat hy dit gedurf het om by My aan kom met sy dom idees oor geld, terwyl My Gees tog die van God Self was en Ek dade verrig wat slegs maar vir God moontlik was!

[2] Judas sê aan hom: ”Jy is nog net so dom soos wat jy altyd was! Want óf jy glo elke tweede mooi storietjie, óf jy glo heeltemal niks! Dink kan jy nie en reken nog minder. Toe jy vis verkoop het op die mark vra jy vir groot en klein visse dieselfde prys, sodat die kopers jou daaroor in jou gesig uitlag! Soos jy altyd was, so is jy nou nog, jy dink nie en jy reken nie, maar jy leef so lekker dom van die een dag tot die ander, soos wat jy nog altyd gewoond was.

[3] Ek is nou pas `n paar uur in die geselskap van hierdie groot Profeet, en dit is my heilige plig om Hom te deurgrond en Hom so goed as moontlik te leer ken, sowel Sy sienswyse as Sy optrede! Jy is nou al ongeveer `n halfjaar in Sy omgewing en jy moet Hom daarom ook beter ken as ek! Moet ek my egter, omdat jy Hom al ken, heeltemal geen moeite troos om Hom ten minste ook so te leer ken as wat jy Hom tot nou toe leer ken het nie?”

[4] Thomas sê: “Jy wil hopelik tog nie vandag alles weet om dan môre weer huistoe te gaan nie? Dit is maar goed dat die Heer eindelik weer op Sy weg gegaan het, anders was jy môre nog nie oor jou domme geld uitgepraat nie! Die Heer het gelyk; die vervloekte geld sal nog eens jou dood beteken, omdat jy dit so besonder aantreklik vind! Die Heer het jou tog duidelik genoeg gesê watter waarde geld het en op welke manier dit baie nadelig is vir die geestelike lewe van die mens; maar jy is al lankal wyser as God Self en daarom kan jy ook voor God jou wysheid as kroon opsit. Pas maar op dat jy nie gaan stik van louter wysheid nie!

[5] Maar wat het my vishandel daarmee te maak? Ek het immers altyd al my vis eerste verkoop, terwyl jy, ondanks jou goeie lesse, die helfte van joune weer huistoe moes dra! Ek verkoop sowel die grotes sowel as die kleintjies teen tien stuks vir twee pennings en kon altyd nog goed vyfmaal so baie verkoop het, as ek dit na die mark sou geneem het! En dit blyk vir my dus duidelik dat ek beter gereken het as jy, wat dink dat hy wyser as God is, maar tewens `n gierigaard is wat al sy verlossing in geld soek; - vir dié wysheid gee ek nie `n sent nie!”

[6] `n Bietjie verbouereerd antwoord Judas: “Elkeen praat na sy verstand!” Thomas sê: ”Dit is waar; jy begryp alles, omdat jy so dom is, op `n domme manier en jy praat ook so! Gee liewer aandag aan `n arme wat langs die pad lê! Gee hom jou beurs, dan sal jy vir die eerste keer in jou lewe volkome wys optree!”

[7] Judas sê: “Dit sal ek wel mooi nalaat; want nog nooit het iemand my iets in die ware betekenis van die woord geskenk nie en daarom skenk ek ook niemand iets nie!”

[8] Thomas sê: “Dit is `n baie lofwaardige beginsel wat by voorbaat al vervloek moet word! Ek sê vir jou, met sulke beginsels sal jy by ons Verlosser en Heer nie ver kom nie; daarvoor staan ek in! Hy is die grootste vrygewigheid in eie persoon - en jy is `n gierigaard sonder weerga! Dit pas heel aardig bymekaar!”

[9] Judas sê: “As ek Hom eers maar eenmaal goed bearbei het en Hy insien hoe mens in dié wêreld moet lewe om `n gerespekteerde mens te wees, dan sal Hy wel minder vrygewig word! Origens is dit ook beslis geen kuns om te leef op koste van diegene wat vrygewig is en sy volgelinge goeie maaltye voorsit nie! Glo my, as ek êrens so `n dwaas vind, soos hierdie jonge gasheer, dan sal ek ook op sy koste so vrygewig wees soos wie ookal! - Maar juis hierdie Jesus, wat van huis uit `n brandarm mens is, moes slegs uit eie middele maar eers `n groep leerlinge onderhou en voed, dan sal jy dadelik sien hoe vrygewig Hy is, en of Hy nie so vinnig moontlik al die volgelinge sal wegstuur nie!”

[10] Thomas sê: ”Ek sê vir jou niks anders nie as dat jy heeltemal duiwels is; want soos jy nou gespreek het, kan slegs die duiwel praat! Dit lyk na verstandige taal, maar dit lyk slegs so maar wat jy sê is die onbeskaamdste leuen ter wêreld. Ek het daar spyt oor dat ek jou hierheen gebring het. Want daar is baie honderde mense in Sigar en almal word gevoed uit die Hemele! En die vervalle huis van IrhaEl het Hy in enkele minute so herbou dat dit nou verreweg die kosbaarste huis in die stad is! En jy, grenslose, aanmatigende, oerdomme dwaas wil dan vir my, wat met my eie oë die hemele geopen gesien het en tallose skares van God se Engele gesien opstyg en neerdaal het, in sekere sin as die wyse der wysste daarvan oortuig dat Jesus `n arme drommel is wat Homself op `n ander man se koste laat weldoen? O, hoe is jy tog `n arme sukkelaar! Hy, aan wie hemele en aarde volkome aan behoort, omdat Hy hulle gegrondves het deur Sy Almag, sal sekerlik nie jou of my skatte nodig hê om op hierdie wêreld, waarop Hy die vrugte laat groei en laat ryp word, te kan lewe nie? O, jou ontsettende blinde dwaas! Gaan na Sigar, oortuig jou van alles en kom dan terug, en ons sal sien of jy nog so dom en so wild sal redeneer soos nou!”

[11] Judas sê smalend en heel lakonies: “Het jy dit alles met jou eie oë gesien? Of het jy miskien ook nog `n paar osse- en eselsoë geleen wat jou so baie en sulke buitengewone dinge in op een slag laat sien het? - Origens verheug ek my dat hierdie wyse Násarener ook die mooie IrhaEl leer ken het, wat intussen, soos wat ek so pas gehoor het, al met haar sesde man skyn saam te woon, omdat al vyf ander by haar, so te sê aan haar lyf gesterf het! Nou ja, by so `n mooi lyfie sou die hemele vir julle almal so mooi wyd oop gestaan het! Ja ja, IrhaEl het al menigeen in die sewende hemele gebring; waarom sou sy by julle dan `n uitsondering gemaak het? Maar ek sal vanweë haar egter nie na Sigar gaan nie; want ek hou my by die wet van Moses en ek wil my daarom nie besig hou met sulke sondige sake nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205