Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 98

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Die volk daag die priesters uit

98 Omdat die gewone volk wat die tekens gesien het, maar te bang was vir die priesters en skrifgeleerdes om vooruit te kom dat hulle in My leer geglo het en My wou volg, versin hulle `n goeie slenter: Hulle bring dadelik `n aantal siekes na die priesters en sê: “Luister na ons, hooggeagte priesters en skrifgeleerdes wat sê dat u in al die geheime van God ingewyd is! Die mens Jesus uit Násaret doen wonders wat so groot is dat niemand dit nog ooit vroeër gedoen het nie en sy woorde en leer is soos `n vuurstroom wat alles wat dit op sy weg teëkom met geweldige hitte verteer of onweerstaanbaar met homself meesleur! Sonder medisyne genees hy as `n God elke siekte slegs maar deur die woord en die mense sê dat hy selfs die dooies lewend maak deur die uitspreek van `n enkele woord!

[2] Nadat ons onsself van die waarheid van al hierdie dinge oortuig het, skiet `n goeie gedagte ons te binne en ons dink aan u en sê vir mekaar: “Waarom vind ons dit so besonders? Ons het tog ook priesters en skrifgeleerdes wat in al God se geheime ingewyd is, wat sekerlik net soos hierdie Jesus slegs deur iets te sê, `n sieke sal kan genees as hulle wil!” Ons was eintlik al onderweg om ons siekes na die Násarener te bring; maar dink toe aan die besnydenis en aan die verbond en dit wil ons nie los nie, solank dit ons ook kan gee wat ons liggaamlik en geestelik nodig het. Omdat hierdie Jesus nou egter sulke uitermate wonderbaarlike tekens doen, dreig daar vir ons gevaar, as ons nie dieselfde kragtige tekens daarteenoor kan stel nie!

[3] Dus het ons `n aantal siekes saamgebring en vra u ter wille van u en ons verlossing of u deur u geestelike mag, wat u volgens u eie woorde direk van God het, hierdie siekes wat bepaald nie ons ergste siekes is nie, wil genees deur slegs `n woord te spreek!

[4] Daarna sal ons dan met hierdie siekes wat wonderbaar deur u genees is, deur die hele stad trek en sal vir elke huis God se eer en u groot roem luidkeels verkondig. Die Násarener sal dan baie aan gewildheid daardeur verloor en sal uiteindelik, volgens die segswyse onder skande, spot en smaad die hasepad moet kies!”

[5] Die priesters en skrifgeleerdes wat self maar al te goed bewus was van hulle totale onmag, sê plegtig om hulle onmag te verberg: “Julle dwase! Waarom vra julle dinge van ons wat slegs God behoort te doen? Wanneer het daar ooit `n priester of `n skrifgeleerde `n wonder gedoen?! Dit kan slegs God en die enigste hoëpriester in die tempel te Jerusalem doen as hy in die Allerheiligste ingaan! Bring julle siekes dus na Jerusalem; daar sal hulle, as jy die korrekte daarvoor offer, wel genees word; tenminste as God dit wil! Wil God dit egter nie, dan sal jy dit moet aanvaar om jou siekes weer as siekes saam huistoe te neem.

[6] Ons is wel ingewyd in die meeste verskillende geheime van God, maar nie in dié mag van God wat heilig is en wat Hy geen sterfling laat toekom nie!

[7] Wie egter tog soos hierdie Jesus, oor wie ons ookal gehoor het dat hy deur toordery of met die hulp van Beëlsebul dade verrig, is `n monster uit die hel, die ewig vervloekte woonplek van God se vyand. En wie hulleself inlaat met sy leer en sy tekens, hy staan dan ook net eenders teenoor God en Sy dienaars as die duiwel se dienaars! Dit is die volkome waarheid; wee julle, as julle na Jesus gaan en Sy leer en hulp aanneem!”

[8] Diegene wat die siekes na die priesters en die skrifgeleerdes gebring het, sê: ”Julle is almal leuenaars as julle dit beweer! Hoe kan Hy aan die duiwel behoort en `n dienaar van Beëlsebul wees, Hy, wat die mense die beste gee en die mense wat Hom volg, slegs liefde, sagmoedigheid en geduld leer, en dit alles wat Hy leer ook self ten volle in die praktyk beoefen?!

[9] Julle is eerder soos duiwels, as julle so iets oor Hom sê; Hy daarenteen is van God, omdat Hy die wil van God doen, wat Hy ook leer. Julle het ons nou net uitgeskel as “dwase”, omdat ons julle in julle eie belang vra wat julle wel duisend keer beweer het om ook deur die goddelike woord en die gebed te kan doen, maar nou, waar ons soos nog nooit tevore na julle toe aankom om julle ou onveranderde geloof ten uitvoer te bring, skel julle ons uit as dwase as ons julle by julle woord hou! - O, slegte dienaars van Beëlsebul! ons sal julle so baie lig gee dat julle almal deur die skynsel daarvan sal sterwe!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205