Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 1
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244.

Genesing van die skoondogter van Petrus

99 Die priesters en skrifgeleerdes trek hulleself vinnig terug as hulle hierdie uitlatings van hulle geloofsgenote hoor. Want daar het ongeveer honderd na hulle toe gekom en uit hulle oë spreek `n diepe erns; want hierdie mense voel al lankal aan wie agter die Judese priesters en skrifgeleerdes skuil en hulle haat hulle al `n hele tyd meer as die pes!

[2] Maar omdat die priesters, fariseërs en skrifgeleerde wel opmerk dat die Judeërs hulle slegs maar fyntjies op die proef wou stel om iets tasbaars teen hulle te verkry, sodat hulle dan des te meer rede sou hê om My te volg (want in die tyd was dit nog moeiliker om uit die Judese kerk toe te tree tot `n ander, as wat dit nou moeiliker is om uit die Rooms-Katolieke kerk toe te tree tot `n Protestantse kerk), hou hulle My nou skerp in die oog en begin onder mekaar al in die geheim te uitoorlê hoe hulle My ten gronde kon rig.

[3] Die owerste, in wie se huis Ek nou in Kapernaum `n paar dae agtereen vertoef het, vertel My heimlik wat daar gebeur het, hoe kwaad die Judese priesterskap met My was en dat hulle My selfs in die geheim om die lewe wou bring!

[4] Toe sê Ek: “Hulle kwaadaardige planne met My sal wel een keer slaag, maar nou is die tyd nog nie daarvoor ryp nie. Sodat hulle nou egter nie te veel geleenthede kry om hulle wraak uit te voer nie, sal Ek vir `n rukkie na `n ander plek toe gaan en dan later, as die woede van hierdie godloënaars afgekoel is, weer hierheen terugkom.”

[5] Hoewel hy My baie graag by hom wou gehou het, gee die owerste My tog gelyk, omdat ook hy behoorlik bang was vir hierdie priesters, skrifgeleerdes en fariseërs; want hy het maar al te goed geweet hoe die addergebroedsel die kuns verstaan het om iemand in die geheim in Rome aan te kla.

[6] Ek verlaat toe die volgende oggend heel vroeg met die hele geselskap wat My volg die buitengewone gasvrye huis van die owerste en begeef My na die huis van Simon Petrus wat in die buurt van Betábara lê, waar Johannes vroeër gewerk het. Toe Ek egter in die eenvoudige, maar ruim huis van Petrus inkom, lê sy skoondogter daar, `n goeie en meestal baie werklustige en flink meisie van ongeveer twintig jaar met hoë koors in die bed en was baie angstig en het baie pyn gehad. Petrus kom na My toe en vra My om haar te help! (Matthéüs. 8: 14)

[7] Ek gaan dadelik na haar bed, neem haar by die hand en sê aan haar: “Dogtertjie, staan op en maak liewer die middagete vir ons klaar, in stede daarvan om hier siek in die bed te lê!”

[8] Oombliklik verlaat die koors haar en die meisie staan dadelik op en bedien ons met baie ywer en toewyding. (Matthéüs. 8: 15)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205