Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die wet van die orde

10 Festus sê: "Heer, nou begin ek dink! - In die hele oneindigheid is daar maar EEN God, EEN krag en EEN wet van ewige orde. Vir die mens wat hierdie wet sy eie maak, is alles en orals hemel; diegene wat egter sy vryheid wil gebruik om hierdie wet te weerstaan, vind orals hel, verdriet en marteling!"

[2] Ek sê: "Ja, dit is so! - Die vuur is `n buitengewone nuttige element. Wie dit ordelik, wys en doelmatig gebruik, kry onskatbare nut daarvan. Dit sal te veel wees om al die voordele te lys wat die mense ontvang van die korrekte, wyse en doelmatige gebruik van vuur. As iemand die vuur egter baie dom en slegs op `n ligsinnige wyse vir sy eie plesier sou gebruik, sodat hy dit op die dakke van huise of in digte bosse sou aansteek, dan sal daardie selfde vuur alles vernietig en ten gronde rig!

[3] As dit winters vries, versamel almal graag by die vuurherd om hulself met baie genoeë te verwarm voor die vrolik knetterende vuur, wat die kaggel met verwarmende vlamme vul; maar wie in die vuur sou val, sou gedood en verteer word.

[4] Maar kom Ek sê nog iets vir jou: Die mense van hierdie wêreld moet, om waarlik God se kinders te word, deur water en vuur gelei word. Die oertoestand van die hemel is water en vuur; dit wat nie verwant is aan die water nie, word deur die water gedood, en wat self geen vuur is nie, kan nie in die vuur bestaan nie."

[5] Festus sê: "Heer, ek verstaan dit alweer nie! Wat beteken dit? Hoe kan mens tegelykertyd water en vuur word? Want almal weet dat water en vuur die mees vyandigste elemente is; die een verwoes en vernietig die ander. Giet `n mens water op `n oppermagtige vuur, dan sal die water gou in damp en in lug verander; as die water egter magtiger is as die vuur, dan doof die water die vuur uit sodra dit daardeur oorstroom word. As mens egter om in die hemel te kom tegelykertyd water en vuur moet wees, dan sou mens uiteindelik tog sonder meer oplos!? Hoe sou dit dan met die ewige lewe daar uitsien?"

[6] Ek sê: "O, heel goed! Beide in die korrekte verhouding - en dan verwek en onderhou die één voortdurend die ander! Want weet jy, as daar in en om die aarde geen vuur sou wees nie, dan sou daar ook geen water wees nie; as daar in en om die aarde egter geen water sou wees nie, dan sou daar ook geen vuur wees nie - want die één verwek voortdurend die ander."

[7] Festus vra: "Hoe so? Hoe werk dit?"

[8] Ek sê: "Neem al die vuur, waaruit alle warmte ontstaan, op aarde weg, en die hele aarde word `n diamantharde ysklont waarop geen lewe sou kon bestaan nie. Neem egter al die water van die aarde af weg, en sy sal baie gou tot onbeduidende stof vergaan! Want sonder water sal ook die vuur haar nie staande kon hou nie, want sonder die water ontstaan daar geen nuwe vorme op aarde nie; waar geen kopieë of nuwe vorme egter meer ontstaan nie, het die dood en die bedorwenheid die oorhand.

[9] Kyk na `n boom wat sy sap kwytraak en jy sal sien dat die boom in `n kort tydjie sal vergaan en daardeur ten gronde sal gaan. Verstaan jy dit nou?"

[10] Festus sê: "Ja, Heer, nou verstaan ons dit almal en ons besef dat U vol is van die goddelike Gees, en Self die Skepper van alle dinge moet wees. Want watter mens kan uit homself naspeur hoe die hele skepping in mekaar sit, en watter wette daar heers? Dit kan slegs aan diegene helder en deur en deur bekend wees wat die Gees in hom het, waardeur alle dinge gemaak is en nog steeds as sodanig bestaan. - Ek kan maar net vir U vir al hierdie groot geestelike, en materiële weldade slegs met die grootste liefde vervulde hart dankie sê! Want wat sou ek as arme, swakke en sondige mens anders vir U, die Heer van die oneindigheid, kon doen?"

[11] Ek sê: "Jy het gelyk; maar hou voorlopig alles wat jy weet en hier gesien en ondervind het, vir jouself en verraai My nie vóór My tyd nie, en vergeet deur jou aardse geluk nou nie die armes nie! Want wat jy ooit in My Naam vir die armes sal doen, dit het jy aan My gedoen, en dit sal jou in die hemel vergeld word. - Maar nou is ons hier in Kis klaar met alles wat daar uit te voer was en wat in die reine gebring moes word en ons gaan onsself nou gereed maak vir die reis na Násaret."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205