Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 106

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Hoe die Romeinse hoofman die wêreld sien

106 Die hoofman sê: "Beste vriend, Ek erken wel dat U die waarheid praat en dat dit so sou moet wees soos wat U nou so wys en mensliewend aan my gesê het, maar die mensewêreld is `n besondere sterk stroom waarteen `n mens heel moeilik kan swem. Wie dit tog êrens probeer, word deur die magtige draaikolke verswelg. Dit kan slegs maar op klein, rustige plekke gebeur, waar die stroom nie met sy vernietigende krag kom nie. Wie hom in die middel van die stroom sou werp, is verlore!

[2] Daarom is dit vir U, beste vriend, maklik om die waarheid te praat in `n rustige plekkie waar die mense gevoelig en meelewend is en nog nie die weelderige, verpestende asem van die groot wêreld ingeadem het nie. Maar gaan eendag na Rome toe, na Athene, na Jerusalem, en as U geen volkome God is nie, dan sal U maar al te gou die hele skerpte van die swaard van die magtiges van die aarde te proeë kry, net soos Johannes van Betabara, wat die magtige Herodes in die gevangenis laat onthoof het.

[3] Kyk, hierdie Johannes was tog regtig wel `n man baie ver verwyderd van elke wêreldse verdienste, met die grootste moontlike selfverloëning wat aan die mense met meeslepende oortuigingskrag die onverbloemde waarheid in die gesig vertel het. En duisende het die goddelike gees deurgloeide leer aangeneem, doen uit vrye wil boete en bekeer hulle tot die goeie. Maar toe hy `n paar maande gelede Bethabara verlaat, soos wat mense my vertel, en aan die groot Jordaan in die buurt van Jerusalem begin te predik en te doop, het dit maar `n paar dae geduur - en die geregs­dienaars van Herodes pak hom en werp hom in die gevangenis. Daar mag toe slegs `n paar welgestelde leerlinge teen betaling van `n sekere bedrag hom etlike kere besoek, voordat hy onthoof was, wat mense my `n paar dae gelede meegedeel het. Natuurlik kan sy leerlinge sy leer nou wel in die geheim aan hul bekendes en verwante oorvertel, en hulle weer aan hul kinders, maar `n groot vraag is of sy leer na `n paar honderd jaar nog so bewaar sal wees soos wat dit uit sy mond gekom het!

[4] Ons Romeinse godsdiens het sekerlik presies dieselfde oorsprong as dié van die Judeërs; hy baseer hom ook op slegs één oerwese, waaraan alle gode sonder uitsondering ondergeskik is! Die mites het hierdie wese verskeie name gegee; die Grieke noem dit nog die onbekende god van die gode, die Romeine noem dit die noodlot, waaraan elke ander mag onderdanig is.

[5] Kyk na die hedendaagse godsdiens van die Grieke en die Romeine, en dan vind `n mens, as denkende mens, niks anders as baie onbenullige, niksseggende fabels en sprokies nie, af en toe uit alle hoeke van die menslike deugde, maar meestal tog uit die menslike hartstogte, swakhede en ondeugde byeen versamel; en dit word aan die mense as godsdiens deur vuur en swaard opgedring! Verander dit maar eers, as dat moontlik is! Van my kant af sal in elk geval niks in U weg gelê word nie!

[6] Die mooiste voorbeeld sien mens egter by U Mosaïese godsdiens! Lees Moses en kyk daarna na die tempel, en sê my of daar nog wel iets aanwesig is van die ou wysheidsleer! God Sélf moes in die woestyn aan die Rooi See vanaf Sinai, onder bliksem en donder aan die bewende volk Sy waarlik heilsame voorskrifte op kliptafels gegee het, en die ou verbond tussen Hom en Sy volk bevestig het. Die wat dit durf gewaag het om afvallig te word, was oombliklik gestraf met allerlei kwale en selfs met die dood! Maar waar was dit goed vir almal ? Vra maar eers na die afgryslike misteries van die tempel en hulle sal u die voor die hand liggende bewyse lewer van hul verganklikheid!

[7] Waar is die wonderbare Ark van die Verbond, waaroor God sweef in die vorm van `n suil van vlamme? Ja, `n naftaleenvlam kan mens te siene kry as mens `n Romein is en die tempel daarvoor heelwat goud en silwer offer, maar van die wonderbare Ark van die Verbond is geen spoor meer te vinde nie!

[8] Daarom is daar na my beskeie mening met elke godsdiens en elke openbaring niks gedoen nie. Die ontstaan mag nog suiwer gewees het, in die hande van die mense tree maar al te gou soveel vervorming in dat die vergelyking met die oorspronklike net so groot is as die van `n honderdjarige grysaard met die uiterlike wat hy as pasgebore kind gehad het! Die tyd en die talle hartstogte en nood van die mense verander die suiwerste in die onsuiwerste, en as groot, onoorwonne getuie van die waarheid staan daar die geskiedenis van alle tye en alle volke voor ons, wat niemand kan teenspreek nie!

[9] Ten slotte, vriend: hoewel ek my nooit so ver sou wou oorskat dat ek my sou verbeel om in staat te wees om U `n les te gee nie, het ek tog êrens - afgesien van U ontsaglike kennis van die geheime kragte van die natuur - iets van die mensekennis verstaan. Daarom raai ek U aan, soos iemand, wat net soos U `n mensevriend is, om die groot plek, waar die mensdom grondig verdorwe is, meer as die ergste pes te vermy, anders sal die aardbodem nie lank meer deur U heilbrengende voete betree word nie!

[10] Vertrou die fariseërs en skrifgeleerdes van u eie godsdiens nie, en gaan so min moontlik na die streke waaroor Herodes sy leenheerskap uitoefen, dan sal U die arme mensdom nog lank goed kan aandoen. Ag Uself egter daarbo verhewe, dan sal U, jammer genoeg, maar al te gou die bittere lot van Johannes deel! Want ek is in die geleentheid om in die basis te sien hoe onbeskryflik sleg die mense van die eintlike wêreld nou is! As die regering van Rome vandag die swaard uit die hand haal en die drukkende wette ophef, sal U die volgende dag die mense onder elkeen nog erger sien huishou as `n groot groep tiers, bere, wolwe en hiënas. Die manne word duiwels en die vroue furies (vroulike drake)!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205