Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 115

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Jarah sien die geopende hemel

115 Jarah kyk nou met haar mooie hemelsbloue oë na bo en sien stralend van verrukking en vervoering die diepte van die geopende hemel wat vir haar oë geopen is. Eers na `n taamlik lang tyd begin sy met `n hemels suiwere, en sagte stem meer stamelend as pratend die volgende te uiter: "Ag, ag, ag, o groot heilige God! Hoe sien ek nou eindeloos onbeskryflik betowerende dinge! Die onafsienbaar groot hemele is vol heilige engele! O hoe geseënd moet hulle wees! Maar die arme Jarah is tog gelukkiger! Want die ewige Troon in die groot middel van die oneindige ruim hemele is leeg en die tallose skares engele op sonnige wolke kniel en roep voortdurend: 'Heilig is Hy, Wie se troon hier staan! O verheug u, Sy ewigheid, weldra sal Hy op die aarde die onbeskryflike groot werk volbring het, en kom om hierdie Troon van die glansryke God in besit te neem!'. Hy, wat alleen die ewige reg het om daarop te sit, sit nou as Mens hier by die arme Jarah! O, loof en prys Hom daarom, want die ewige Troon van alle goddelike Mag en Glansrykheid is van Hom!"

[2] Na hierdie woorde en nadat die gesig haar weer ontneem word, sink sy aan My bors neer en sê: "O groot enigste Heilige! Verstoot die arme swakke Jarah nie, omdat Ek U na alles wat ek nou gesien het, nog steeds durf lief te hê! Maar ek kan niks daaraan doen nie, dat My hart U steeds meer liefhet!"

[3] Ek sê: "Ja, My hartedief, weet jy, Ek het jou My ryk laat hoor en laat sien, omdat Ek wil dat jy My nog steeds meer en meer moet liefhê! Hou dus maar steeds meer van My, want die liefde sal jou nie skaad nie!"

[4] Jarah gryp My daarop met beide hande vas en druk My so vas as moontlik aan haar hart, en Ek sê dan aan die omstanders, wat stom van verbasing toekyk: "Kyk maar en maak almal `n voorbeeld daarvan! Die meisie van net twaalf jaar oud, toon `n liefde vir My soos wat Ek in die hele Israel nog nie teëgekom het nie. Maar wie My so liefhet soos sy, aan hulle sal Ek ook gee wat die wêreld nog nie gehad het nie, en Israel nooit gevoel en gesmaak het nie, en dit sal hulle dan in oorvloed hê!"

[5] Na hierdie baie verheffende skouspel, wat ongeveer `n uur geduur het, kom die dienaars van Ebahl en vra of dit tyd was om die aandete binne te bring.

[6] Ebahl sê: "As dit vir ons Heer Jesus geskik is, kan julle dit bring!"

[7] Ek sê: "Bring wat jy het! Want die liefde gee en geniet, en Ek wil ook geniet van wat Ek gegee het! Maar My liefste voedsel is die meisie hier, want sy gee My wat die ewigheid My nog nie gegee het en ook nie kan gee nie!"

[8] Daarop gaan die dienaars terug om die voorbereide voedsel binne te bring. Maar hulle oë rek groot as hulle sien dat daar niks meer van hul voorbereide voedsel aanwesig is nie, maar dat die voorraadkamer vol staan met die beste en seldsaamste voedsel, en die edelste vrugte en die allerbeste wyn. Vinnig kom hulle terug en vertel vol verbasing wat daar, terwyl hulle hier was, alles in die kombuis gebeur het, en hulle vra tewens of hulle die nuwe voedsel moes binnebring, of dat hulle opnuut moes gaan kook.

[9] Ek sê: "Bring dit wat in die voorraadkamer is, binne, want nou is julle almal My gaste! My leerlinge, die twee Esseners, en die fariseërs het julle voorbereide voedsel al gehad. Steur hulle nie, want in My Naam wag daar op hulle nog `n belangrike saak, wat hul kragte tot na middernag swaar op die proef sal stel." - Toe gaan die dienaars die hemelse kos haal.

[10] Ebahl en die hoofman sê uitgelate: "Heer, oor sulke voorvalle verwonder ons ons nou heeltemal nie meer nie, omdat ons nou wel baie duidelik sien dat U die Heer is, vir Wie geen ding onmoontlik is nie! Vir ons bly slegs die groot vraag oor: 'Waarmee, Heer, het ons hierdie barmhartigheid verdien?' Maar daar kom die hemelse voedsel al! Na die maaltyd sal ons verder daaroor praat!"

[11] Die voedsel word op die tafel gesit, die danksegging word uitgespreek, en elkeen tree op aandrang van My, dapper toe en eet en drink. En die hoofman sê dat hy nog nooit sulke hemelsmakende geregte geëet en nog nooit sulke kosbare wyn gedrink het nie. Ook My Jarah gee toe dat dit goed smaak en sê dat so iets heerlik haar verhemelte nog nooit gestreel het nie, en haar maag nog nooit so voldaan gevoel het nie. Kortom, niemand het genoeg woorde om die heerlike smaak van die voedsel te roem nie en begin luidkeels My en die goeie Vader in die hemel te loof.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205