Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 119

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

God se liefde

119 Na hierdie woorde vra geeneen van die fariseërs verder iets nie.

[2] Dan staan Ek op, groet die hoofman, wat My groet vol warmte en hartlikheid beantwoord, en My en Jarah in die teenwoordigheid van Ebahl en sy vroue en die ander kinders begelei na `n ander vertrek, waar `n goeie rusbed vir My gereedstaan.

[3] Maar Ek sê aan die hoofman: "As julle almal die hele nag by My wil bly, bly dan; wil julle egter gaan slaap, dan kan julle dit ook doen! As julle bly, sal niemand daardeur môreoggend slaap te kort kom nie. - Verder het jy as egte vriend van My goed met die fariseërs onderhandel; hulle sit nou behoorlik in angs en spanning, en sal die sandkorrels van hul klok tel, en met groot ongeduld op die komende dag wag!

[4] Dit is maar goed dat My leerlinge, wat nog baie moeite met die twee Esseners en die groep fariseërs het, maar hulle bykans heeltemal na hulle standpunt toe oortuig het, nie vanweë die lawaai na ons toe in die eetsaal gekom het nie! Want dit sou ontydig die aandag getrek het! Alhoewel - Ek wou dit so hê, en dus kon dit ook nie anders wees nie! - Maar wat sal Ek nou met My allerliefste Jarah begin? Die meisie verlaat My nooit!"

[5] Die kleintjie sê: "Heer, solank U in ons huis bly, sal Jarah U nie verlaat nie, en sou U moontlikerwys sterwe, dan sou Jarah saam met U sterwe! As U egter ons huis weer sal verlaat en Jarah nie met U sal kan saamgaan nie, dan sal sy tuis sug en die Vader in U hart vra of Hy U weer na haar toe sou wil bring, want sonder U kan Jarah nou nie meer lewe nie!"

[6] Ek sê: "Kyk, dit is `n goeie voorbeeld van hoe `n mens God moet liefhê om deur Hom ook in dieselfde mate liefgehê te word! God se liefde omvat weliswaar alles, en Hy ken van ewigheid af geen toorn en wraak nie, maar tog is daar `n groot verskil in die manier waarop `n mens deur God liefgehê word. Solank `n mens asemhaal en leef, is dit `n bewys dat God deur Sy liefde hom die lewe gee, omdat hy anders lankal dood sou gewees het.

[7] Maar wie God liefhet soos hierdie kleintjie hier, dwing God om tot hom te kom en te gaan woon in die hart van die liefhebbende mens! En God kom en gaan dan met Sy Gees in die hart woon wat God bo alles liefhet en so `n mens het daardeur die ewige, onverganklike lewe in hom en is volledig één met God!

[8] Dit is weliswaar nie aan elkeen gegee om God so vurig lief te hê soos wat dit die geval is by My allerliefste Jarah nie, maar tog kan elke mens met al sy krag God liefhê, en dan sal God ook sy hart vervul met Sy Gees en Sy Barmhartigheid, en sal hierdie mens nooit van die ewigheid af in die afgrond laat val nie. Indien hy struikel dan sal hy altyd weer op die been gehelp word, en die ewige lewe sal altyd in hom wees en bly.

[9] En nou, My allerliefste Jarah, omdat jy My so buitengewoon liefhêt, moet jy ons eers `n klein verhaaltjie vertel, want Ek weet dat jy `n ryke voorraad mooi verhale het!"

[10] Jarah sê, terwyl sy kinderlik liefies glimlag: "O Heer, vra dit asseblief nie! Want dit sou naas U buitengewone Wysheid tog baie dom klink!"

[11] Ek sê: "Nee, nee, My allerliefste Jarah, laat jou daardeur nie van stryk bring nie, want jy kan altyd en vir ewig alleen maar baie begrip van My verwag! Want weet jy, Ek verstaan selfs die geskreeu van die kinders, laat staan nog hulle spraak! Jy het so veel van daardie besondere drome – uit daarmee, vertel My nou eers van so `n droom!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205