Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 120

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Jarah se droom

120 Jarah sê: "Nou, dit sou ek wel kan doen, maar my drome is meestal baie verskriklik, en laat my die wêreldse mense in hul mees afskuwelike gedaantes sien, en ek sien dan in hul plek enkel en alleen net duiwels! En kort gelede het ek so `n droom gehad! Ek sien toe `n wondermooie Persoon, wat baie soos U lyk, o Heer. Hierdie Mens sien ek as `n misdadiger met toue geboei.

[2] Ek vra aan die huilende mense wat hom gevolg het, wat hierdie wondermooie Mens dan nou gedoen het om deur die wêreldse mense so sleg behandel te word. En hulle sê almal dieselfde aan my: 'Hy was `n geweldige Weldoener van die mensdom. Nooit het Hy `n onregverdigheid begaan nie, en die suiwerste waarheid het soos heuning uit Sy mond gekom. Hy het die wêreld liefhebbende en heerssugtige fariseërs te veel die waarheid vertel, en hulle het Hom daaroor deur die swak Romeinse landvoog tot die dood aan die folterpaal laat veroordeel. Hulle bring Hom nou na die plek van die teregstelling. Kom saam met ons en kyk watter loon die grootste Mensevriend kry van die slegte, buitengewoon selfsugtige mense!'

[3] En ek klim met die huilende mense `n lae berg op, en sien die eerlike Mens `n swaar hout sleep, terwyl Hy geslaan en vol bloed was, moeg en ter verhoging van die kwelling op die hoof `n krans van dorings gedra het. Op die teregstellingsplek ontklee hierdie mense Hom, werp Hom daarna meedoënloos soos `n wilde bees op die hout, neem baie puntige spykers en slaan dit met swaar hamers deur Sy hande en voete, en bevestig Hom op so `n gruwelike wyse op die harde en swaar hout! - O Heer, dit was vir my tog `n verskriklike gesig! As ek maar net aan hierdie droom dink, dan word ek duiselig! – Ten slotte rig die mense die hout regop, plaas dit in `n vooraf gegraafde gat en slaan dit met `n wig vas, sodat dit vasstaan.

[4] Die wonderlikste egter by dit alles was dat hierdie buitengewoon eerlike Mens ook by al die pynlike marteling nie één kreet van pyn gegee het nie, terwyl tog twee ander, wat weliswaar nie so gruwelik gemartel was nie, vreeslik geskreeu en geweeklaag het!

[5] Toe word ek wakker en beef oor my hele liggaam. Heer so `n droom is helaas geen grap vir `n teergevoelige meisieshart soos myne nie! Ek bid toe dadelik tot die liewe Vader in die hemel dat Hy my tog nooit weer so `n nare en kwellende droom sou gee nie, en geseënd, tot op hede kry ek nie meer so `n nare droom moes deurstaan nie! My vader sê altyd vir my dat drome bedrog is en deur trae bloed ontstaan. Dit is moontlik! Maar as my bloed dan so traag sou wees, dan sou ek tog ook slimmer moet wees as wat ek is, maar ek is `n vinnige en lewendige meisie - hoe kan ek dan trae en lui bloed hê?"

[6] Gedurende hierdie vertelling het Ek ietwat somberder geword, maar Ek sê: "Nee, nee, My allerliefste Jarah, jy het slegs maar bloed van eterlig, en jou droom is baie belangrik! - Maar nou hou ons daarmee op, die tyd sal wel leer. En jy, wat so iets in `n droom gesien het, is salig! Dit was aan heel weinig profete gegun om dit in hul visioene te sien.

[7] Baie is egter vir die mense op hierdie aarde verborge. Die groot 'Waarom' sal hulle in die hiernamaals te wete kom! - Maar vertel My nou nog `n droom, wat jy drie dae daarna oor dieselfde Mens gedroom het!"

[8] Jarah sê: "O, dit vertel ek ook baie eerder, want dit is duisend keer vroliker! Ek bevind my opeens baie vroeg in die môre, so te sê in `n heel aardige tuin, van waaruit ek egter, jammer genoeg, duidelik soos in die eerste droom, die genoemde teregstellingsplek kon sien. Die gesig vervul my dadelik met groot angs, sodat ek toe in die droom begin te bid of die liewe Vader in die hemel my tog wou bewaar van `n soortgelyke droomgesig, want helaas, sien ek ook nog die drie bekende houte regop op die teregstellingsplek staan.

[9] Maar toe het daar meteens `n wonderskone Jongman na my toe gekom en troos en versterk my met die woorde, wat ek baie goed onthou: 'Vrees nie, gevoelige rein siel! Dit wat jy drie dae gelede gesien het, moes so gebeur volgens die Raadsbesluit van God, omdat geen mens andersins sou kon salig word en tot die aanskouing van God kon kom nie. Hy wat gefolter is, was God se Seun, en God was in Hom. Nou na drie dae sal hierdie Seun van God uit eie krag weer uit die dood van Sy goddelike vlees opstaan, en voortaan heers oor die hele oneindigheid, en aan Sy ryk en Sy heerskappy sal in ewigheid geen einde wees nie. Vir Sy Naam sal alle magte en kragte voor Hom buig, en die wat voor Hom nie wil buig nie, die sal Hy ten gronde laat gaan. Maar die laaste geluksaligste oomblik nader, let daarom goed op die swaar verseëlde grafsteen!'

[10] Toe die Jongman dit aan my gesê het, kyk, daar verhef die steen hom vanself vanaf die graf, en daaruit verskyn met `n bly, maar tewens tog baie waardige gesig, presies dieselfde Man, wat ek drie dae gelede so verskriklik gesien gefolter word. Ek het selfs die wondtekens aan Sy hande en voete gesien en ek het geen oomblik daaraan getwyfel dat dit Hy was nie.

[11] En die Man kom na my toe en sê met `n buitengewone welluidende Stem: 'Dit wat jy hier in jou droom gesien het, was slegs maar `n vooruitblik op dinge wat binnekort sal gebeur. Maar vorentoe sal jy My nog in werklikheid sien, en na My opstanding nog meer kere!' - Na hierdie woorde word ek weer wakker, en het baie daaroor nagedink. Maar buiten U, het ek so iemand nog nie in die werklikheid teëgekom nie!"

[12] Ek sê: "Nou, miskien is dit Ek? - Maar nou hou ons daarmee op, en daarom het ons dit nou oor iets anders vir die dag van môre!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205