Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 127

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die Heer praat oor die gees van die liefde

127 Toe kom Ek van agter stilletjies na Jarah toe, tel haar van die grond af op en sê: "Maar my allerliefste kindjie, hoe sou jy My kon teëhou? Kyk, Ek is tog baie sterker as jy!"

[2] Nadat Ek haar weer op die grond neergesit het, sê die kleintjie: "Ek weet wel dat U ontsettend baie sterker is as ek, wat vir U nouliks `n muggie is, want U dra met U almagtige Wilskrag hemel en aarde en hou die see in sy diepte, hoe sou ek my dan in krag met U wil meet?! Maar ek bedoel dat U, omdat ek U tog so onbeskryflik liefhet, ter wille van my liefde vir U, U `n bietjie langer hier sal wil laat vashou!"

[3] Ek sê: "Ja, daarin het jy weer gelyk, want met die liefde kan mens alles met My gedoen kry! Die liefde tot julle mense trek My tog na hierdie aarde! Wie so `n liefde het soos jy, kan egter met My doen wat hy wil! Want die liefde is My Gees in die harte van die mense. En wat die liefde verlang en wil, kom uit die diepste van die goddelike orde, en jy kan My daarom met jou hart behoorlik vashou en Ek sal My nooit as te nimmer skei van jou hart nie!

[4] Maar My sigbare persoon is nie belangrik nie, alles gebeur deur My Gees! Wat Ek doen, dit doen nie My persoon nie, maar slegs My Gees, maar vir jou sal Ek tog `n paar dae hier bly, - want môre is die sabbat en oormôre `n na-sabbat! Beide dae sal Ek nog hier bly, dan sal Ek verder trek, en wel na Sidon en Tirus toe - Ek sal daarna weer terugkom en miskien die halwe winter by julle deurbring."

[5] Die kleintjie sê heeltemal ingetoë: "O, geloofd sy die heilige heilige Vader! Nou is ek al tevrede!"

[6] Almal bewonder die twaalfjarige oue meisie en verbaas hulle oor haar verstand. En `n ou man sê: "O, dit is `n besondere barmhartigheid van God! In die gevoelige velletjie is`n engel van God versteek! Gestalte en gees getuig daarvan."

[7] `n Ander sê: "Ja wel! Die meisie is maar net ongeveer twaalf en `n halfjaar, maar sy lyk egter soos `n meisie van sestien! Haar liggaam is heeltemal gevormd, en haar siel laat niks te wense oor nie. Dit het werklik hoof en hart op die juiste plek! Geseënd is hy wat haar eendag as vrou in sy huis sal inbring!"

[8] Jarah hoor dit en sê: "`n Hart wat God liefhet, het die liefde van `n selfsugtige bruidegom nie nodig nie, want so `n hart is al as bruid in God se huis binnegelei! Ek het die mense lief in hul nood en doen elke uur van die dag of nag goed aan die armes, maar die bepaalde liefde van `n jong man ken ek nie, en sal ek ook nooit leer ken nie - tensy sy hart net soos myne slegs vervul is met die suiwere liefde tot God!"

[9] `n Ander ou Judeër sê: "Ai, ai, meisie! Wat jy sê, klink weliswaar asof dit uit die mond van `n engel kom, maar tog bestaan jy uit vlees en bloed, en as jou jare eenmaal sal kom, dan sal jy wel sien dat vlees en bloed by die mense niks te sê het nie!"

[10] Jarah sê: "Dat die mens geen God is nie, weet ek al sedert my prille jeug, maar die mens kan deur sy ware liefde tot God `n meester van sy vlees en bloed word, danksy die versekerde hulp van God. Vir wie God help, die help Hy heeltemal en nie net halfpad nie, wat julle vanmôre vroeg self aan julle sieke vlees en bloed ondervind het! Want dit was geen mensehulp nie, maar dit was God se Hulp!" - Na hierdie woorde van Jarah verstom die oudstes hulle aan haar en niemand durf meer `n woord teen haar sê nie.

[11] Maar Ek sê aan Jarah terwyl Ek haar by die hand neem: "Dit was goed! Jy praat al byna soos `n volkome profeet!"

[12] Met `n lieflike glimlaggie sê Jarah half hardop aan My: "Dit is maklik om profeties te praat as mens by U is en U vir iemand die woorde in die hart en in die mond lê! As ek my eie woorde sou gebruik het, dan sou daar seker baie domhede gesê gewees het"

[13] Ek sê ook so half harop: "Dit sou die beste so kon wees, My allerliefste Jarah! Maar van nou af aan sal jy altyd in staat wees om so wys te praat, jy moet maar net nie aan My ontrou word as jy ouer word nie!"

[14] Jarah sê: "Heer as die moontlikheid hom voordoen, laat my dan maar liewer sterwe!"

[15] Ek sê: "Nou, nou, dit sal tog wel onmoontlik wees!?”

[16] Jarah sê, terwyl sy My vas om My middel pak en aan haar bors druk: "Ja, so iets moet ewig onmoontlik bly! Want slegs as jy waansinnig is, gee jy `n pond suiwer goud weg vir `n pond stinkende modder!"

[17] Ek sê: "Dus, jy gee tog ook iets om vir goud?"

[18] Jarah sê: "Ja, om sielegoud, alles! Die aardse goud noem ek slegs maar as voorbeeld."

[19] Ek sê: "Goed, goed, Ek het jou goed verstaan, maar juis omdat Ek soveel van jou hou, moet Ek jou tog ook `n bietjie pla!"

[20] Jarah sê: "O pla my maar, ek sal U tog nie minder daaroor liefhê nie! Want ek weet lankal dat God die mense wat Hy besonder liefhet, met allerlei lyding besoek! As U, o Heer, my werklik regtig sal begin te pla, dan sal U my heeltemal liefhê!"

[21] Ek sê: "O My liewe kindjie, so `n rein hart soos joune sal God nooit pla nie, maar Hy pla slegs die wat God wel liefhet, maar tewens tog ook so nou en dan `n ogie op die wêreld het. Vir hom dryf God dan deur allerlei plaery die liefde vir die wêreld uit die hart uit, sodat hy `n volkome rein hart kan kry. - Verstaan jy dit?"

[22] Jarah sê: "O Heer, heuningwas van my hart, dit verstaan ek baie goed!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205