Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Gesprek tussen die Esseners en die fariseërs

128 Tersyde gee Petrus weereens kommentaar deur aan homself te sê: "Ek verstaan nie hoe die meisie altyd so gou alles verstaan nie! Ek is tog al oud en het tog al so baie beleef, maar Ek verstaan dit beslis nie so gou nie. Ek verstaan byvoorbeeld nou nog nie so goed wat Hy bedoel het met die beeld: 'Wat by die mond ingaan verontreinig die mens nie, maar wat uit die mond uitgaan!' As `n mens moet opgooi, of wanneer hy hoes en dan spoeg, hoe kan dit hom verontreinig? Moses het tog niks daaroor gesê nie!?"

[2] Ook die ander leerlinge sê: "Jy vergaap jou net soos ons, want ons snap ook niks daarvan nie! Gaan jy in ons almal se naam vra hoe dit verstaan moet word!"

[3] Toe kom Petrus na My toe en vra My: "Heer, verklaar vir ons eerstens die gelykenis van 'die mond in- en uitgaan' (Matthéüs. 15:15), almal van ons verstaan dit nie!"

[4] Ek sê: "Is julle dan ook nog so onnosel? (Matthéüs. 15:16) Hoe lank sal Ek julle dan nog so moet verdra? Sien julle nie dat alles wat by die mond ingaan, in die maag kom en vandaar langs die natuurlike weg uitgewerp word nie? (Matthéüs. 15:17) Maar wat by die mond uitgaan, kom uit die hart en verontreinig die mens! (Matthéüs. 15:18) Want uit die hart kom slegte gedagtes: moord, egbreuk, hoerery, diefstal, leuens en laster. (Matthéüs. 15:19)

[5] Dít is die dinge wat die mens verontreinig, maar om met ongewasde hande brood eet, verontreinig die mens nie! (Matthéüs. 15:20) - Verstaan julle dit nou?"

[6] Die leerlinge sê: "Ja, Heer, ons dank U vir die heilige lig!"

[7] Ek sê aan Matthéüs die skrywer: "Wel, skryf jy die spysiging in die woesteny op, vervolgens die nagtelike tog hierheen en wat besonders daarby gebeur het, en dadelik daarna wat vandag gebeur het, met min woorde, maar kernagtig! Laat al die ander wat hier gebeur het, voorlopig maar weg; later kan nog baie toegevoeg word, - maar dit is `n wesenlike stuk van die evangelie."

[8] Hierna gaan die leerlinge weer na hul kamer toe, waar die groep bekeerde fariseërs en skrifgeleerdes, met die twee Esseners, al ongeduldig op hulle sit en wag. Natuurlik word hulle dadelik alles vertel oor die belewenisse van die fariseërs en skrifgeleerdes uit Jerusalem. En die leerlinge vertel hulle alles haarfyn. Toe sê die fariseërs, skrifgeleerdes en beide Esseners: "Nee, daar is werklik baie duisternis en starheid nodig om by sulke tekens en getuienisse nog hardnekkig in boosaardige domheid te volhard! En wat het hulle aan al hul starheid? Nou is hulle deur die drie opgestelde dokumente so gebonde dat hulle selfs onder mekaar hulle gedagtes nie mag uitspreek nie! Hulle is tog osse en bokke!"

[9] Die Esseners sê: "Wat Jesus betref is alles so sonhelder as wat iets maar sonhelder kan wees, en tog gedra hulle hulle so onbegryplik stompsinnig! Ons is tog met ons wêreldse verstand uitermate ontwikkel, want ons het alle skole van Persië en Egipte deurloop, en die wyshede van Griekeland en ook die van die ou Judeërs ken ons uit ons koppe uit. Losstaande van alle ongelooflike wonders kan ons slegs sê: Sy woorde en die daaruit spruitende diepe wysheid, waarvan mens nog nooit voorheen op aarde `n spoor van aangetref het nie, vorm vir ons meer as voldoende bewys dat hierdie Jesus volkome God is. Daarby kom dan ook nog Sy dade op `n wyse waarvan geen mens ooit kon gedroom het nie. Dade, wat slegs vir `n God moontlik kan wees, waarin alle kragte van die wêreld en van alle sterre, die son en die maan verenig, of op `n vir ons beslis onverklaarbare wyse uit Sy wonderbare almagtige Wil ontstaan het!

[10] Ons sien hoe by Hom Wil, Woord en volkome daad presies in één punt saamval. Die hemele open op Sy wenk, en tallose skares van die lieftalligste, eteriese wesens staan vir Sy diens gereed. Hy gebied hulle, en die leë voorraadkamers peul uit van die kostelikste voedsel en alle leë sakke en kruike word gevul met die kosbaarste wyn! Ja, is dit dan werklik niks nie?

[11] Hy gebied die see, en maak haar oppervlak vas, sonder dat dit ys is, en die mense loop almal op die andersins doodbringende bodem, soos op `n marmer vloer! En dit alles is aan die duisterlinge getoon en as waarheid vertel, en bowendien het hulle vanmôre met hulle eie oë die wonderbare genesing van etlike honderde mense aangestaar, en tog het hulle daarby meer afgewend gebly as `n rots waarop daar sedert duisende jare minstens elke jaar honderdduisend bliksems hul vernietigende krag uitprobeer het! Broers, dan hou al die menslike tog in die mens op! Dan is so iemand `n kwaadaardige dier of sonder meer `n duiwel! - Sê my broers, het ons gelyk of nie?"

[12] Die fariseërs en skrifgeleerdes sê: "Meer as dit! Want as mens by sulke verskynsels nog hard en onbuigsaam kan bly, dan is `n mens moontlik `n duiwel!"

[13] Beide Esseners sê: "Aangesien ons glo dat daar werklik sulke kwaai geeste voorkom in die streke van hierdie wêreld, waardeur mense dikwels gekwel en dikwels sonder merkbare dwang tot slegte dade verlei word, is ons dit ook heeltemal met u eens! Want mense, wat totaal gespeen is van elke beter meelewing met hul medemense, en slegs oor tuie vir hulle muile en oor hulle buike besorg is, is geen mense meer nie, maar duiwels! Want hulle dink maar net aan die manier waarop hul maag so veel as moontlik bevredig moet word! Die doel heilig vir hulle alle middele! Nog elohim, nog gees! Die maag moet versorg word! Al die ander dra nie by tot hulle gewig nie. Kuns en wetenskap vind hulle maar slegs belangrik as die inkomste vir hul maag daardeur vergroot kan word! - O Heer, wat se mense is dit die! Ja, ja, dit is die oorspronklike en egte duiwels!"

[14] Nou meen Judas Iskariot uiteindelik: "As ek nie so oortuig was van Sy werklik goddelike almag nie, helaas, dan sou ek my nie angstig en besorg oor Hom gemaak het nie! Want hierdie mense sou, as dit moontlik was, God Self van Sy ewige troon gestamp het en self daarop gaan sit het. Want die tempelpriesters, met wie dit nou baie voor die wind gaan na die verdrywing van die Samaritane, wat hulle dikwels hard en stewig op die vingers getik het, sou eerder die uiterste gewaag het as dat hulle hulself in hul goeie lewetjies sou laat beperk!"

[15] Petrus sê: "Glo jy dat ons Heer met al Sy wonderkrag veilig is vir die arglis van die tempelpriesters? As Hy nie teen hierdie vader- en moedermoordenaars as `n regter, met vuur en bliksem uit die hemele vernietigend gaan optree nie, is Hy in `n kort tyd ondanks al Sy Mag en Wysheid `n offer van hul onversadigde wraaksug! Ja `n Judeër is tot groot dinge geroep en kan `n engel wees, maar daar is ook geen duiwel wat nog slegter kan wees as `n slegte en verdorwe Judeër nie!

[16] Daarom sou Hy Hom ook vir Jerusalem in ag moet neem! Want as Hy as `n vriendelike Mens daarheen sou gaan, is Hy net soos die prediker Johannes verlore! Solank hy in ons nabyheid aan die klein Jordaan en in Klein-Bethabara leer en doop, is hy veilig, maar toe hy pas drie maande gelede na die groot Jordaan en die groot woesteny van Bethabara gegaan het, was hy baie gou `n offer van die tempeldienaars, wat hulle slinks agter Herodes verskuil het. Ook na ons Majesteit en Heer laat Herodes al soek. As hy Hom net kon pak, wie weet wat daar dan met ons almal al sou gebeur het! Maar die Heer ken ook van ver af die harte van die mense en hul planne, en weet om hulle te vermy! Want wie sal dan verstandiger en wyser kan wees as Hy?"

[17] `n Fariseër sê: "As Hy eenmaal begin om vir hulle pad te gee, dan is dit glad geen goeie teken vir Sy algehele veiligheid nie! Hy kan wel solank dit maar moontlik is trag om hulle te vermy, en dit is dan die enigste verontskuldiging vir Hom om hulle te ontwyk. Maar by die minste of geringste aanwesigheid van vrees, gee ek nie baie meer vir Sy veiligheid nie! Want ek weet maar al te goed dat die tempel orals haar verderflike nette uitgesit het, sodat dit byna onmoontlik is om heelhuids daaraan te ontkom! Maar Hy sal voorlopig geen groot opsien wil baar nie en daarom sal Hy sulke sake solank moontlik ontwyk en daardeur die hewigste konfrontasie vermy. Hy sal die slegtheid van die mense dan `n halt toeroep as die maat heeltemal vol sal wees! - Dit meen ek uit Sy karakter op te mag maak!"

[18] Die Esseners sê: "Dit dink ons ook! Want met so `n suiwer goddelike Wysheid en so `n oorvloed aan verborge goddelike Krag, sal mens ten aansien van die slegte wêreld tog wel weet wat om te doen! As ons slegs `n honderdduisendste deel van Sy Mag en Wysheid gehad het, dan sou ons binne drie jaar meester van die hele wêreld gewees het! Daarom is ons nie beangs oor Hom nie! Tensy Hy Homself vrywillig aan die slegte wêreld sou oorgee en sou sê: "Hier is Ek, haal julle boosheid uit op My, julle Skepper Self, sodat die oordeel van bo gouer oor julle kan kom!' - En dan sou Hy nóg niks verloor het nie! Hy sou wel kon toelaat dat die slegte mense, om die maat vol te maak, Sy liggaam laat vermink, ja dit selfs sou dood, maar wie sal Sy ewige onverwoesbare en almagtige Gees iets kan aandoen? Soos gesê, ons twyfel gladnie daaraan dat Hy ook so iets sou kon doen nie, maar dit sal Sy vyande weinig baat, want vir `n mens wat daarop bedag is, sal Hy as `n onverwoesbare regter opstaan en hulle met vuur en swaard uit die hemele rig! Wee dan al Sy vyande en alle duiwels! Hulle sal dan heel gepas pynlik ondervind wie die Een was wat hulle orals vervolg het! - Wat dink julle almal oor hierdie gedagte van ons?"

[19] Die leerlinge sê: "Ai, laat Hom dit asseblief nie oorkom nie, hoewel ons u gedagtes nie sonder meer wil teenspreek nie, want by God is baie moontlik wat die mens hom bykans onmoontlik kan en wil voorstel!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205