Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 132

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Siel, liggaam en gees

132 Maar uit`n noordelike rigting begin daar, toe die son ondergegaan het, `n koue en harde wind waai, sodat almal weer bang begin word, en die hoofman sê: "Nou, as hierdie wind so in krag bly toeneem, dan sal hy ons uiteindelik tog nog in die afgrond in blaas, en dit is ook nie so ongewoon dat hy so koud is nie."

[2] Ek sê: "Laat die wind waai, want dit is sy tyd! Bedink daarby egter dat hy nie die Heer is wat hom geskape het deur Sy Wil nie, en hom nou in toom hou of laat waai soos Hy dit wil nie!"

[3] Die hoofman was met hierdie verduideliking tevrede, maar gaan tog so plat moontlik op die grond lê en die ander volg sy voorbeeld.

[4] Slegs Jarah bly volhardend langs My staan en sê: "Heer hoe is dit tog dat hierdie mense nog so bang is, terwyl hulle tog sekerlik deur so baie tekens al moes geleer het dat U ook Heer van alle elemente is!? Dit verwonder my veral van U eie leerlinge! Ag, as U nie hier was nie, dan sou dit ietwat anders gewees het, maar noudat U hier is, verwonder dit my besonders! - Heer, gee my die rede vir hierdie verskynsel as U wil!"

[5] Ek sê: "Wel, dit kom deur die ou wêreld wat nog nie heeltemal uit hul binneste losgelaat is nie! As dit, soos by jou, al heeltemal uit hulle verban sou gewees het, dan sou hulle netsoos jy nie bang gewees het en sou ook geen angs gehad het nie, omdat die gees sterk genoeg is om die hele materie te beheers.

[6] Kyk, ons staan nou op die top van `n berg wat nog nooit deur `n mens betree is nie! Want soos wat jy sien, is die rotswande aan alle kante so steil dat daar op `n natuurlike manier nie na bo, en net so min na benede te kom is nie. Jy het gesien, hoe, nadat ons met natuurlike krag die helfte van die berg geklim het, elke moontlikheid weggeval het om verder teen die loodregte, steil wande na bo te klim. Die hoofman en alle ander het gevra: 'Wat nou?' - Ek het egter eerste met jou teen die wande uitgeklim, en almal het ons gevolg sonder om ook maar vermoeid te raak. - Hoe was dit dan moontlik?

[7] Sien jy, dit doen die gees in die mens! Op daardie oomblik het Ek die menslike geeste gewek, en dit het hulle vleeslike omhulsels hiernatoe na hierdie top gedra. Maar omdat hul geeste nog nie gewoond is aan die werk nie, gaan hulle, toe Ek hulle loslaat, weer in hul liggaam slaap, en die siel van die liggaam word met angs vervul. As die gees in hulle hart egter wakker gebly het, sou hy geen angs gehad het nie, want die gees self sou dan die siel met `n verligte vertroue vervul het, en haar in die hart die vaste oortuiging gegee het dat die hele natuur hom moet gehoorsaam! Maar omdat dit vanweë die ou wêreld, waarvan hul siele nog `n deel daarvan in hulle het, nie `n duursame plek kon vind nie, ervaar hul siele ook nog steeds iets van die wêreldse angs wat jy hier by hulle teëkom.

[8] Die siel van die mens leef óf deur `n verkeerde koers by die vlees, of deur `n korrekte koers by haar gees, wat altyd één is met God, soos wat die sonlig één is met die son. Leef `n gees by die vlees, wat in homself dood is en slegs vir `n bepaalde tyd, as die liggaam nie beskadig word nie, deur die siel lewe kry, dan word die siel heeltemal één met die liggaam.

[9] Maar as die siel haar steeds meer op die vleeslike instel, sodat sy uiteindelik self heeltemal vlees word, dan vang ook die gevoel van die vernietiging wat by die vlees hoort haar, en hierdie gevoel is dan die vrees wat die mense uiteindelik vir alles onbekwaam en kragteloos maak!

[10] Heel anders gaan dit egter met `n mens wie se siel deur `n regte koers vanaf sy prille jeug volgens die gees geleef het! Dan sien die siel van die ewigheid geen moontlike vernietiging vir haar nie! Haar gevoel lyk na die geaardheid van haar ewige onverwoesbare gees. Sy kan geen dood meer sien en voel nie, omdat sy één is met haar ewig lewende gees, wat meester is oor die hele sigbare natuurwêreld. En die verstaanbare gevolg vir die mens wat nog in die vlees lewe is dat hy geen angs meer het nie. Want waar geen dood is nie, is daar geen vrees nie!

[11] Daarom moet mense hulle ook altyd so min as moontlik bekommer oor wêreldse sake, maar slegs sorg dat hul siel één word met die gees, en nie met die vlees nie! Want wat baat dit die mens as hy vir sy vlees die hele wêreld sou wen, maar daardeur sy siel swaar sou skaad? Want ook hierdie hele wêreld, wat ons nou taamlik ver kan beskou met haar lugkasteel vergelykende prag, sal vergaan en hierdie hele hemele met haar sterre ook op haar tyd, maar die gees sal ewig bly, net soos elkeen van My woorde.

[12] Maar die mense, wat heeltemal één geword het met die wêreld, is onuitspreeklik moeilik om te help, want hulle sien en vestig hul lewe op die ydele dinge van die wêreld, lewe in `n deurlopende vrees en is uiteindelik geestelik heeltemal ontoeganklik! Benader `n mens hulle egter op die natuurlike- of wêreldse weg, dan help `n mens hulle daarmee nie net gladnie, maar `n mens werk slegs hul oordeel en daardeur die dood van hul siel aan die hand!

[13] `n Wêreldse mens wat dan sy siel wil red, moet homself geweld aandoen en moet begin om soveel as moontlik alle wêreldse sake te verloën. As hy dit met baie vlyt en ywer kan doen, sal hy homself red en tot die lewe oorgaan. Doen hy dit egter nie, dan kan hy op geen ander manier gehelp word as deur baie wêreldse lyding nie, sodat hy kan leer om die wêreld met haar heerlikheid te verag, hom tot God te bekeer en so begin sy gees in hom te soek en hom meer en meer met sy gees te verenig. Ek sê vir jou: Die geluk van die wêreld is die dood van die siel! - Sê My nou, allerliefste Jarah, of jy dit alles goed verstaan het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205