Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 135

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Jarah se bewys van liefde

135 Jarah sê: "Hy is wel `n onbeskryflike mooi mens, omdat hy net soos `n mens daar uitsien, maar langs U, o Heer, is alle engele en hemele met al hul lig en hul skone vorme net so goed as niks! Want al hul skoonheid is slegs maar van U af en is U Self! Tog sou ek nie daarvan kan hou nie!"

[2] Ek sê: "Maar is Ek dan, soos wat jy My hier sien, miskien mooier as hierdie engele? Kyk, My ruwe werkshande, My deur die son taamlik donker gebruinde vel en My leeftyd, is tog regtig nie so aantreklik nie, terwyl hierdie engel alles het wat die hemele maar mooi wil en kan noem!"

[3] Jarah sê: "Heer, die uiterlike tel nie vir my soos die innerlike nie, wat nie volledig soos U hart lyk nie, want U alleen is die Heer!"

[4] Ek sê: "Maar uit die engele straal My Liefde en My Wysheid orals regstreeks uit, wat heeltemal na Ek lyk. As jy dus slegs om My Liefde van My hou, hoewel Ek die Heer is, dan sien Ek nie in waarom jy hierdie pragtige engel nie net so lief kan hê soos vir My nie, want hy is tog slegs uit My Liefde en Wysheid saamgestel!?"

[5] Jarah sê: "Heer, my liefde en my lewe. Uit daardie twee lewenselemente is die mense ook saamgestel, en tog kan ek hulle nie so bo alles liefhê soos vir U nie! Ja, ek hou sekerlik van alle mense en die meeste van die behoeftiges, en sover my geringe kragte reik, doen ek altyd alles om aan die armes hulp te verskaf, maar tog kan ek hulle nie so liefhê soos vir U nie. En ook hou ek van hierdie liewe engel, maar tog behoort my hart en my lewe aan U! Slegs wanneer U, o Heer, my suiwere liefde vir U, hard sou afwys, dan sou ek egter baie bedroef word, maar ek sou dink: Hy, die Reinste, die mees heilige het miskien jou liefde wat nog te onrein was vir Hom, nie waardig gevind nie en het haar daarom afgewys!"

[6] Na hierdie woorde begin die kleintjie te huil en sê saggies snikkend: "En so sal dit ook wees! Ek het my met my liefde te ver gewaag en bedink nie in my naïwiteit wie Die EEN is wat my hart so in beroering gebring het nie. Daarom wys U te heilige liefde my nog baie te onreine liefde heel sag af en gee my `n engel, wat my hart eers moet reinig en moet opvoed vir `n meer heilige liefde. Dit verskaf my geweldig pyn, maar ek weet dat U alleen Heer is, en dus sal ek regtig alles dra wat U my wil oplê."

[7] Ek sê: "O My lief, hoekom verwyt jy in jou liefde jouself nodeloos! Wie My nie net so liefhet soos jy nie, en ook maar iets ter wêreld meer liefhet as vir My, is My liefde nie werd nie. Maar jy met jou hart wat haar deur alle engele van die hemele nie van My laat afkeer nie, het My, jou God en Heer, selfs in gelyke mate lief as die engele van die hemele, en daarom is jy lankal self `n pragtige engel, wat Ek Self besonder liefhet! Kom aan My hart en haal daaruit die volledige skadeloosstelling vir hierdie klein toets!"

[8] Na hierdie woorde is die kleintjie weer heeltemal genees en kruip so dig moontlik teen My aan.

[9] Toe sê die engel: "O saligheid van alle salighede! Wat beteken alle hemele by die gesig van so `n liefde?! Ons volmaakte geeste het weliswaar al so eindeloos baie salighede genoem, dat die getal daarvan deur geen tong meer uitgespreek sou kon word nie, maar al die tallose genoemde hoogste verrukkinge is niks vergeleke met hierdie, waar U, o heilige Vader, U kind in U arms neem en dit met sigbare opperste liefde aan U heilige hart druk! O, watter onuitspreeklike verrukking moet die kind nou gewaar word!?"

[10] Ek sê: "Ja, die verrukking is vir hierdie kind baie groot, maar ook vir My. Na die voleinding sal julle dit ook smaak as julle almal aan die tafel van My kinders geëet het! Maar laat die water nou weer sy plek inneem! Daarna sal hierdie kind van My vir jou `n ander opdrag gee."

[11] Terwyl ek My mond na die oorgelukkige hofie van Jarah wend, sê Ek: "Nie waar nie, My Jarah, jy help My wel om My engele werk te besorg?!"

[12] Die kleintjie antwoord met `n van liefde vervulde en kinderlik onskuldige sagte stem: "O ja, vir U doen ek alles ontsettend graag! U hoef dit maar te sê - en ek stort my terwille van U in elke vuur, en ook van die hellings van hierdie berg na benede in die see, as dit weer daar is."

[13] Ek sê: "En tog sou geen aardse vuur jou nog kon brand of vernietig nie, want jy is self al gevul met die sterkste en magtigste vuur! Ook klippe en water sou jou nooit kwaad kan doen nie, want jou vastheid van wil binne My orde is harder as `n diamant en jou hart is sagter as al die water van die hemele! Kortom, jy het al `n plek in My hart verower en Ek gee jou daarom die vryheid om die engel iets te sê wat hy moet uitvoer, en hy sal dit uitvoer asof Ek dit Self opgedra het. Bedink nou dus `n opdrag en gee dit aan die engel, wat al heel verlangend wag om van jou hart `n opdrag te kry. Wens maar iets, en alles sal oombliklik ten uitvoer gebring word!"

[14] Jarah sê: "Liewe bode uit die hemel, maak in die Naam van JaHWeH, as dit sonder skade gedoen kan word, dat hierdie berg, wat op natuurlike wyse te moeilik te bestyg is, maklik en sonder gevaar na bo en na benede begaanbaar sal wees, ook aan die kant van die see, waar hy andersins net maar vir voëls toeganklik is!"

[15] Die engel maak net `n heel sierlike buiging voor die kleine Jarah en sê: "O glansryke gebiedster in Naam van die Heer! Kyk slegs na alle sye van die berg en jy sal seker tevrede met my wees! Kyk, by tye is ons wel langsaam in ons dade, maar as dit nodig is ook vinniger as die bliksemstraal!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205