Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 139

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

`n Blik in die orde van die sterrewêreld

139 Ek sê: "Wel, die paleis is die huis van die hoof van `n skool uit die streek wat jy nou gesien het. Al die skoolhutte staan onder sy leiding en die voorwerpe wat op die mere ronddrywe, word op bepaalde tye vir die verdere onderwys in die hoëre wysheid gebruik. Soos hierdie woning, staan daar nog talle honderdduisende alleen net op al die middelsone van hierdie ligwêreld, en ook nog `n aantal baie groot stede. Naas hierdie sonne, waarvan jy nou `n baie klein deel gesien het, is daar op hierdie wêreld nog ses en sewentig newe-sonne, wat elk op sy heeltemal eie manier ingerig is. Hierdie wêreld is, net soos die eerste, `n son soos wat die een van ons oordag die aarde verlig, maar daar is hierdie verskil, dat die son wat jy eerste gesien het, ongeveer duisend maal groter is as die son van ons aarde. Die ene wat jy nou so pas gesien het, is ongeveer vierduisend maal groter as ons son. Ons son is ongeveer duisend maal duisend maal groter as die hele aarde.

[2] Die mense van ons aarde het egter nog `n baie verkeerde begrip van die aarde en van die son, die maan en van al die sterre. As hulle later eendag beter sal kan bereken, sal hulle ook tot beter voorstellings van die wêreldliggame in die eindelose skeppingsruimte kom.

[3] Ek wil jou wel vertel dat daar om elkeen van die sonne, op verskillende afstande, `n behoorlike aantal van sulke aardes wentel soos die van ons. Verskeie van hierdie aardes het satelliete daarby, wat as konstante begeleiers om hulle heen draai, soos die maan om ons aarde! Soveel aardes as wat deur `n son versorg word, soveel ooreenkomstige sones het elke son. Steeds vir elke aarde `n sone. Dit geld nie vir die middelsonne nie, wat bestem is vir die vashou en lei van die aardesonne wat `n duisendmaal duisend maal groter is as tienmaal duisendmaal duisend van sulke sonne waar jy daar nou twee van gesien het.

[4] So `n middelson is nie meer in gordels verdeel nie, maar sy is op haar oppervlakte in net soveel gebiede ingedeel as die aantal enkele sonne wat sy moet versorg. En elke gebied wat `n ooreenkoms het met `n aardeson, is duisend tot tien duisend maal groter as die oppervlakte van die betreffende enkele aardeson plus al haar omsirkelende aardes. Om één middelson trek minstens duisend maal duisend aardesonne hul bane.

[5] Maar dan is daar nog middelsonne waarom weer duisend maal duisend van die genoemde middelsonne met al hul aardesonne beweeg, en dan weer middelsonne waar omheen die middelsonne van die tweede kategorie beweeg, en uiteindelik `n gemeen­skaplike middel wêreldliggaam wat haar bevind in die onmeetlike diepte van `n middelsonnegebied, en geen ander beweging het as om haar eie as nie. Die middelliggaam is ook `n son, maar dit is so groot dat alle tallose aardesonne, die middelsonne van die eerste, tweede en derde orde en alle aardes en mane, wat om die tallose talle aardesonne draai, tesame met die talle duisende groot en kleinere komete, wat as toekomstige aardes in onreëlmatige kringe om die aardesonne hul weg baan, nie `n honderd duisendste deel van haar liggaamsinhoud sou uitmaak as die genoemde hoofmiddelson `n hol kegel sou wees en die bogenoemde tallose talle hemelliggame hulle daarin sou bevind nie. - Jarah, kan jy jou nou voorstel wat Ek vertel het?"

[6] Jarah sê: "Heer, wie kan so iets groots verstaan?! `n Voorstelling kan ek my natuurlik nou wel daarvan maak, maar daarby begin dit my baie duiselig te maak! Ook van hierdie son het ek nou genoeg gesien, maar tog weet ek nou nog nie hoe ek my daarmee `n antwoord moet gee op die vraag oor die bestaan van die onrype volke van die aarde in die groot hiernamaals nie."

[7] Ek sê: "Nou, wend dan eers jou oë af van die innerlik waargenome son en luister dan na My!"

[8] Jarah sê: "Heer, dit het al gebeur!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205