Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 141

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die geaardheid van die menslike gees

141 Toe rig Jarah haar tot die engel en sê aan hom: "Jou Heer en my Heer het my heel welwillend na jou, vriendelike, aardige jongman, verwys en aan my gesê, dat ek jou iets moes vra en dan sou jy my `n goeie antwoord gee. Daarom vra ek nou, waarom hierdie aardse verwante van my, en ook die leerlinge van die Heer moet slaap, terwyl ek waak, en waarom moet ek dit met my liggaamlike oë sien, of waarom kan ek dit, wat hulle volgens die mededeling van die Heer slegs maar in `n droom kan of mag sien en hoor?"

[2] Die engel sê met `n vriendelike stem: "Bekoorlike dogter van die Heer, jou siel het algeheel oorgegaan in die gees, en daarom is jy haas nie meer verbonde aan die wêreldse materie nie. Jou aardse oog het tot oog van jou siel geword, en die oog van jou siel het tot oog van jou ewige onsterflike gees geword. Daarom bevind jy jou nou in jou lewensfeer soos wat dit by elke mens eintlik die geval moes wees.

[3] Die gees van elke mens is so geaard dat hy net soos God se gees die hele oneindigheid omvat. As jy nou `n nog so ver verwyderde ster of iets anders opneem in jou suiwere hart, wat `n geestelike oog is, en tewens die oog van jou siel deur jou vleeslike oog rig op die voorwerp wat deur die geestelike oog beskou word, bots die innerlike beeld wat in jou gees aanwesig is met die uiterlike ooreenkomstige vorm daarvan. Deur hierdie botsing gaan daar in die siel `n volmaakte lig skyn oor die beskoude voorwerp, en dit bied haarself dan so aan jou soos wat dit in wese is.

[4] En ek sê jou in waarheid, dat alle mense dit sou kon as hulle in hul hart net so ryp en geaard sou wees soos jy. Maar daar is maar baie min wat op jou trek! Hierdie slapendes hier trek in elk geval nie op jou siel en hart nie! Hul siel sien nog lank nie deur hul aardse oog nie, en die oog van hul gees is nog vas gesluit. Daarom moet hulle siel self eers geskik gemaak word deur haar tydens die slaap alle wêreldse indrukke te ontneem, sodat sy so met haar fynere sintuie kan kom tot waarneming en aanskouing van die verhewe sinnelike, wat in die geestelike oorgaan.

[5] Daarom is die slaap van die rustendes hier ook `n spesiale slaap, wat `n mens langs natuurlike weë maar selde kan bereik.

[6] Bepaalde siels- en geestesterke mense kan by die swakkere broers so `n slaap deur herhaalde handoplegging teweegbring, maar die swakke mense kan dit nooit by hul selfs swakker broers en susters teweegbring nie. Maar dat die Heer alleen deur Sy wil alles kan doen, daaroor sal jy tog nooit meer enige twyfel in jou laat opkom nie?!"

[7] Jarah sê: "Die Heer seën jou vir die uitleg, wat ek baie goed verstaan het! - Maar nou nog `n ander vraag! Sê my, goeie knap jongman, hoe moet ek nou jou onbegryplike snelheid vir my voorstel?"

[8] Die engel sê: "Liefste dogter van God! Dit is iets wat slegs `n suiwere gees sal kan verstaan, omdat daardie snelheid met tyd en ruimte niks uit te make het nie. Self is ons niks, maar wat jy aan ons sien met jou geestelike oë is God se gedagte, God se idee, God se woord. Ons is dan ook baie suiwer geeste, geen materie kan vir ons die een of ander hindernis vorm nie.

[9] As niks `n lewende gees kan hinder nie, is vir hom hier en daar onvermydelik een en dieselfde. Geen materie kan daarom net so vinnig gaan as ons nie, omdat dit selfs in die allerfynste eter altyd nog `n weerstand ondervind waardeur sy beweging gerem word.

[10] Mens vind in die eindelose groot skeppingsruimte veral middel-sonne van die derde orde wat direk gevolg word deur die hoof-middelson. Hierdie sonne beweeg hulle in afsonderlike groot bane om die hoofmiddelson met `n snelheid wat vir jou begrip nie begryp kan word nie, om daardeur vir hulle op `n bepaalde afstand van die hoof-middelson te bly. Hul baan is ten gevolge van hul groot afstand tot die hoofmiddelson vir jou begrip ontsettend uitgestrek.

[11] Stel jou byvoorbeeld hierdie aarde voor as `n kegel, wat in werklikheid talle honderd duisend kere groter is as die deel wat jy nou sien. Laat hierdie groot kegel egter bestaan uit enkele sandkorreltjies, soos wat jy hulle al dikwels aan die oewer van die see gesien het. Stel jou dan die aantal sandkorreltjies voor wat nodig sou wees om so `n hele aarde te vul! Neem nou vir elke sandkorreltjie `n afstand van hier tot aan die ster, wat ons die eerste besigtig het, dan gee die totale aantal sandkorreltjies ongeveer die deursnee van die baan van `n middelson van die derde orde! Hierdie baan lê so `n middelson natuurlik op so 'n vlug net in tienmaal honderd duisend jaar af, maar omdat die baan so ontsettend uitgestrek is, moet so `n son ook elke oomblik `n duisend maal so groot afstand afgelê het as van hier tot aan die ster, wat ons die eerste keer besigtig het!

[12] Nou sal jy dink: 'Ja, as dit so is, verplaas so `n son haar tog duisend maal gouer as u as suiwere gees! Want as ons met die snelheid van die son van hier na die ster gevlieg het, dan sou ons daar sonder meer duisend maal vroeër aangekom het as met u geestelike snelheid!?'

[13] Dan sê ek vir jou dat die groot snelheid van die son tog `n slakkegangetjie is vergeleke by my geestelike snelheid! Want weet jy, ondanks haar, vir jou begrip, ontsaglike snelheid het die son tog nog tienmaal honderd duisend jaar nodig om haar uitgestrekte baan om die hoofmiddelson af te lê, terwyl ek of `n ander gees van my soort, dieselfde afstand so gou kan aflê dat tussen my vertrek en my terugkoms nie die kleinste merkbare tydsverskil sou wees nie. Ja, ek sou in dieselfde kort tyd ook `n talle duisend maal honderd duisend maal groot baan kon aflê!

[14] Daarom is daar tussen die snelheid van `n gees en die snelheid van sulke vinnig vlieënde materie - hoe die snelheid ookal vergroot sou word - `n oneindige verskil. Want ookal lê die nog so vinnig bewegende materie ook in `n oomblik `n afstand soos van hier tot aan die ster af, dan het hulle vir `n tweemaal so `n lang afstand al twee sulke oomblikke nodig, en as die materie in `n tydperk honderd duisend van die afstande aflê, dan sal hulle vir tien van sulke afstande ook tien sulke tydperke nodig hê, terwyl ek elke denkbare afstand in een en dieselfde oomblik kan aflê.

[15] En kyk, dit kan elke gees van my soort doen, omdat daar vir ons in die hele ewige oneindigheid nie die geringste hindernis aanwesig is nie. Maar die materie ontmoet allerlei hindernisse, selfs in die vrye eterruimte, en kan daarom nooit die snelheid van `n gees ewenaar nie! - Sê my nou eens, bekoorlike dogter van God, of jy dit nou wel `n bietjie verstaan het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205