Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Ken God se werke tot vermeerdering van die liefde

142 Jarah sê: "Met behulp van die Heer het ek dit wel verstaan, maar dit begin my weer baie duiselig te maak! Want ek het daardeur tot die volle oortuiging gekom dat `n geskape gees `n ewigheid nodig het om ook maar een van die oneindige groot hoofmiddelsonne deur en deur te leer ken. Jy het daarvan vertel dat hul aantal in die eindelose ewige ruimte volgens menslike begrippe ontelbaar is, en dat elkeen van hulle die draagster of liewer die heerseres is van drie ordes middelsonne met hul aardesonne, wat in eindelose groot bane om haar heen draai en waarvan die aantal deur geen sterflike gees bevat kan word nie! Maar as so `n ontsettend groot hoofmiddelson elke geskape gees al `n ewigheid kos om te besigtig, hoe lank sal hy dan met al die ontelbare ander besig wees!?

[2] O, dit sou egter nie slim van my wees as ek so iets sou verlang nie! Ek bly mooi by my liefde tuis en dink daarby: 'So `n son is wel iets reusagtigs groot en `n geweldige getuie van die eindelose Wysheid en ewige Mag van JaHWeH, maar sy kan die Heer, haar God en Skepper, nie sien, verstaan en bo alles liefhê soos ek nie!' - En kyk, dit is na my mening baie meer werd as `n eindeloos groot son te wees in `n onmeetbare diepte van die eindelose skeppingsruimte! En wie weet of die Heer my miskien nie net so lief het soos so `n groot son nie!?

[3] En weet, aardige jongeling, hierdie aarde van ons sou op die enorme son miskien as `n nouliks merkbare stoffie te sien wees, maar tog loop Hy nou op haar bodem, van Wie se minste asemteug die bestaan van al die tallose hoofmiddelsonne afhang! En daarom dink ek dat dit nie altyd die grootste in die oë van die Heer is wat van die eindelose skeppingsruimte `n nouliks meetbare deel uitmaak nie, maar wat innerlik groot is!

[4] Wat is ek as kind wat betref liggaamsgrootte vergeleke met ons kleine aarde, en tog voel ek in my bors `n ruimte waarin al jou hoofmiddelsonne met al hul tallose bysonne en aardes plek oor het! My kleine oog aanskou met één blik duisend maal duisend sterre; dit is maar die vraag of al die groot sonne dit kan doen!? - Het ek gelyk of nie!"

[5] Nou sê Ek: "Jy het volkome gelyk, en dit is so, en jy alleen weeg op teen duisend sonneheelalle wat die eindelose skeppingsruimte vul. Maar dit is altyd goed vir die mens dat hy My werke ken ter vermeerdering van die liefde tot My, sy Vader!

[6] Maar dit begin nou skemer te word en ons sal ons vriende gaan wek! Hulle moet egter beslis na mekaar gewek word. Jy moet verder aan niemand iets oor alles wat jy gesien het, vertel vóórdat jy `n wenk van My sal kry en nou ook jou engel, wat Ek sigbaar, maar anders gekleed, tot aan jou volwassenheid by jou sal laat nie. Die ander engele moet nou weer onsigbaar word – laat dit so wees!"

[7] Oombliklik later verdwyn die engele op een na, wat Rafael heet, en hy word geklee soos `n mens wat in Genésaret gewoon het.

[8] Toe Jarah Rafael so gekleed sien, sê sy: "So is dit goed - so geval jy my beter as in jou hemelse glans, want so sien jy heeltemal soos `n mens daaruit, en ek sal regtig van jou hou - dit is slegs ‘n vraag wie intussen jou groot take vir die bestuur van die wêrelde sal oorneem!"

[9] Die engel sê: "Lieftallige dogter van God, bekommer jou nie daaroor nie, want ek kan altyd hier en daar en orals wees, sonder dat jy iets van my afwesigheid sal merk, behalwe so nou en dan `n paar oomblikke. Dit bly alles dieselfde. Ek sal my trouens baie haas om na jou toe terug te kom, want ek hou al meer van jou as van al my ontelbare sonne, wat ons op `n geleë tyd nog verskeie kere tesame sal besoek. - Maar nou wil die Heer die broers wakker maak, daarom moet ons self stil wees!"

[10] Jarah sê: "Ja, ja, ek gehoorsaam graag en is al so stil soos `n muis!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205