Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 143

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Droom en werklikheid

143 Ek sê aan Rafael: "Wek eerste My Simon Juda (Petrus)!"

[2] Rafael wek Petrus en hy kyk vol verbasing om hom heen en sê na `n oomblik: "Het ek dan werklik geslaap? Dit voel vir my asof ek die hele nag helder wakker was! Maar nou sien ek tog dat ek vas geslaap het. Terwyl ek geslaap het, het ek egter sulke wonderlike drome gehad dat ek my nie kan herinner dat ek dit ooit gehad het nie! Regtig, Heer, hierdie drome kon geen bedrog gewees het nie!"

[3] Ek sê: "Kyk eens rond - miskien ontdek jy aan die berg die een of ander verandering waarvan jy vermoedelik ook gedroom het!"

[4] Petrus kyk dadelik in alle rigtings en sê: "O Heer, helaas, werklik, daarvan het ek gedroom, en - kyk nou - alles uit die heldere droom het gebeur!"

[5] Petrus wou nog meer sê, maar Ek sê aan hom: "Wek eers die ander leerlinge, voor jy verder vertel!" - En Petrus doen dit.

[6] Die leerlinge rig hulle van die grond af op en verwonder hulle eweneens oor dit wat hulle nou eers merk wat gebeur het terwyl hulle geslaap het; terwyl dit vir hulle gevoel het asof hulle die hele nag deur volkome wakker was en ongehoorde wonders gesien het.

[7] Maar Judas sê: "Ek glo nog steeds nie dat ek geslaap het nie! Ek het tog met jou, Simon Juda, allerlei dinge bespreek, en jy gaan steeds teen my en sê ook aan my: 'Al hierdie wonders sal jou nie teëhou om ons almal vir `n paar silwerstukke te verraai nie!', waaroor ek baie kwaad geword het en jou oor `n rotswand na benede in die see wou werp, maar toe pak onse Thomas my, en trek my op die grond terug! - Sê eers, broer Simon, weet jy regtig niks daarvan nie?!"

[8] Petrus sê: "Geen woord nie! Ek weet glad nie of ek iets oor jou gedroom het nie!"

[9] Ek sê: "Kyk julle eens rond of daar in werklikheid geen dinge gebeur het wat julle in julle droom gesien het nie!"

[10] Die leerlinge gaan nou na alle kante van die berg toe en die verbasing styg op, en Andréas sê: "Tot nou toe het ons in die kort tyd van `n halfjaar soveel wonderbaarliks gesien en gehoor, dat `n mens nouliks sou glo dat daar nog maar iets moontlik sou wees wat as `n nog groter wonder aangeteken sou kon word, en tog staan ons verstand opnuut stil! Ons drome word werklikheid!

[11] Ek sien die engel wat deur Jarah uitgekies is, wat eerste al die water van die see in die hoogte opgehef het en in die vrye lug `n reusagtige groot druppel daarvan maak, en ek sien met my eie oë die kurkdroë bodem van die see en die mooie pêrelmossel wat Jarah as aandenking van die bodem opgeraap en in haar romp bewaar het. Vervolgens sien ek hoe die engel op `n wens van die lieftallige dogter van God, hierdie berg aan alle kante in `n oogwenk goed beklimbaar maak! - En kyk, dit is nou ook werklikheid!

[12] Met watter woorde en goeie dade sal ons ons Majesteit en Heer nou gaan prys? Waar is die engel nou, wat die gloeiende gedagtes in ons harte lê, wat ons waardig ag om voor Hom uit te praat? O, hoe word ons nie nou tot minder as niks voor Hom, die Almagtige ewige God nie!

[13] Ons vaders het gebeef aan die voet van Sinaï, toe Hy met donder en bliksem op die brandende berg aan Moses die heilige wette van die liefde gegee het! En toe Moses van die berg afdaal, het die goddelike majesteit van sy gelaat sterker gestraal as die middagson, en hy moes sy gesig met `n driedubbele doek bedek, sodat die volk hom kon nader. Nog lank daarna profeteer die heilige sieners van JaHWeH wanneer, na voorafgaande voorbereiding, hul hoof `n kort tyd met die doek van Moses bedek word, en tot op hede verbaas ons ons nog oor hulle groot wysheid! En hier is Hy Self, wat op Sinaï gedonder het! Sinaï gaan gloei onder die stap van Sy voete - kan ons dan in Sy Almagtige teenwoordigheid koud bly soos `n barre winternag?! Staan daarom op en gaan gou na Hom toe, want Hy alleen is meer as gewyd! Slegs Hóm kom alle eer toe, alle roem, alle liefde en alle aanbidding!"

[14] Deur hierdie toespraak van Andréas word alle leerlinge, behalwe Judas, wat Andréas `n oordrewe dweper noem, van vurige liefde vervul, kom na My toe en roep My `n geesdriftige "Hosanna" toe as oggendgroet.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205