Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 145

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die werklikheid van die gesamentlike droom

145 Die hoofman begin hom baie behoedsaam van die grond op te rig en sê: "Majesteit en Heer! Vóór alles wil ek U dank dat ek nog op hierdie hoogte leef! Hoe maklik sou ek, deur my driemaal om te draai, na benede in die diepte kon stort, en dan sou my armsalige lewe in hierdie wêreld vir goed beëindig gewees het! Maar ek leef nog, en wel op dieselfde plek waar ek gister gaan rus het, en dit het ek slegs maar aan U te danke, en daarom dank ek U ook uit die diepste grond van my hart daarvoor! Ek vra U egter tewens vurig of U my en al die ander van hierdie ysingwekkende hoogte behoue sou wil laat afdaal na Genésaret, en wel so gou as moontlik, want solank ek my in my hart nog besig moet hou met die afdaling, kan daar by my van opgewektheid geen sprake wees nie!"

[2] Ek sê: "Beste vriend, het jy in hierdie nag dan heeltemal niks gedroom nie?"

[3] Die hoofman sê: "Ja, ja, juis, ja, - slegs van angs sou ek byna die glansryke droom vergeet het! Ja, as hierdie berg so sou wees soos ek hom gister in my droom gesien het, dan sou dit natuurlik aangenaam wees om hom nog `n duisend keer te bestyg, maar `n droom bly `n droom!"

[4] Die naas hom staande Ebahl sê: "Glad nie, vriend! Ek sê vir jou dat ons gesamentlike droom hierdie keer heeltemal werklikheid geword het. Staan op en loop na die rand van die top, dan kan jy jouself oortuig dat ons berg selfs na die kant van die see heelwat golwend afloop en orals sonder die minste gevaar begaanbaar is, na benede en na bo! Ek het my orals al daarvan oortuig en praat die volle waarheid. Kom en oortuig jouself!"

[5] Die hoofman sê: "Dit kan tog geen gesigsbedrog wees nie, kan dit?"

[6] Ebahl antwoord: "As ek, my vrouens en my kinders alreeds op die gesigsbedrog in al die rigtings rondgeloop het, dan sal jou gesigsbedrog tog sekerlik vaste grond hê!? Kom, staan op en oortuig jouself daarvan!"

[7] Na hierdie woorde staan die hoofman uiteindelik op, kyk na alle kante toe, sien eerstens dat die plato van die berg baie wyd geword het en sê: "Ja, ja, ek sien werklik dat daar in die nag wonderlike groot veranderinge voorgekom het, maar stap jy tog maar eerste op die nuwe bodem, sodat ek my kan oortuig of dit regtig betroubaar is!"

[8] Ebahl sê: "Vriend, hoeseer ek jou andersins ookal waardeer, tog is jy besig om my deur jou onophoudelike getwyfel teë te staan! Is my woord vir jou dan heeltemal niks meer werd nie? Wanneer het ek ooit iets onwaar vir jou gesê, sodat jy my woord nie kan glo nie? Kom hier en probeer dit self, en twyfel dan nie meer verder nie!"

[9] Die hoofman sê: "Ja vriend, ja, jy het gelyk! Ek sal my self daarvan oortuig."

[10] Nou gaan die hoofman met kalm treë na die rand aan die kant van Genésaret, en toe hy die gowende helling van die berg sien, sê hy baie verbaas: "Ja, die hele berg is ook hier verskuif! Toe ek gister vanaf hierdie rand na benede na Genésaret gekyk het, het dit vir my so naby gelyk dat ek dit met `n klipgooi sou bereik, en nou lê dit goed honderd veldweë hiervandaan, en ons sal `n uur of ses moet loop om onse goeie stadjie te bereik!

[11] Nee, wie nou nog enige twyfel het dat ons Jesus gelyktydig God en Mens is, die is deur geen God meer te help nie! Ja, broer Ebahl, jy het volkome gelyk om my `n aaklige twyfelaar te noem, want dit was ek regtig! Maar nou het alle twyfel by my aan `n einde gekom, en ek glo en bevestig nou vir julle almal met `n eed, dat ons Heer en Verlosser Jesus, volmaak God is en dat daar naas Hom in ewigheid geen tweede of derde kan bestaan nie, want omdat wat ek gedroom het waar is, sal al die ander ook waar wees! En dus is Hy die enigste God en Heer oor die hele oneindigheid!

[12] Maar nou gaan ons na Jarah - sy moet ons haar twee aandenkings laat sien! Want ek het haar op die bodem van die see, toe `n hemelse gees die water daar tot op die laaste druppel opgehef het, `n mooie pêrelmossel sien opraap en in haar romp bêre, en ek het ook die ligtende steen gesien wat sy uit `n sonnewêreld saamgebring het, waar die hemelse gees haar heen geneem het. As die twee genoemde voorwerpe net so werklik aanwesig is as hierdie vernieude berg, dan het ons meer bewyse as wat ons nodig het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205