Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 146

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Jarah toon haar aandenkings

146 Na hierdie woorde gaan die hoofman en Ebahl na Jarah en vra haar om die twee bewuste herinneringstekens te laat sien.

[2] En die liewe Jarah gryp dadelik in die groot rompsak, loop beide tegemoet en sê: "Hier, kyk maar, liewe Julius, hier het jy die twee tasbare bewyse! Glo jy dit nou en sal jy nou tog die ewige angs in jou laat vaar?"

[3] Die hoofman sê: "Ja, liewe kleine Jarah, my geloof is nou vaster as hierdie berg en my hinderlike angs het met die hulp van die almagtige Heer ook vir altyd verdwyn - daarvan kan jy verseker wees! Maar jou aandenkings is ook van onskatbare aardse waarde. Die mossel met haar inhoud weeg op teen die waarde van die hele Jerusalem, want hy bevat vier en twintig pêrels die grootte van `n klein hoendereier, waarvan één daarvan al honderd duisend pond goud werd is! Maar watter waarde hierdie baie harde, deursigtige en mooier as die môrester skitterende steen het, is op aarde geen maatstaf daarvoor nie! Kortom, jy is nou nie net geestelik nie, maar in `n wêreldse opsig die rykste meisie ter wêreld! Waarlik, jy is nou nog ryker as alle konings en keisers van die wêreld! Wat dink jy daarvan?"

[4] Jarah sê baie beskeie: "Daaraan vind ek niks nie, en hierdie twee aandenkings het vir my geen ander waarde as dit waarvoor ek hulle saamgebring het nie, naamlik as herinnering aan die onbeskryflike wonderdade van God aan ons arme, swakke en sondige bewoners van die stad en die omgewing van Genésaret.

[5] Die Heer sal nie altyd liggaamlik in ons midde bly nie, soos wat Hy dit gister al baie duidelik aan my gesê het, maar hierdie tekens sal ons in ons harte altyd baie lewendig aan Hom laat dink en ons liefde vir Hom opnuut aanwakker! - Dit sien ek.

[6] Maar die Heer het nog `n teken vir my agtergelaat uit hierdie wondernag, wat vir my eintlik die helderste dag was! Die teken bly ook sigbaar en later onsigbaar by my tot na `n bepaalde tyd as ek waardig daarvoor bly, om dan weer sigbaar vir my te word."

[7] Vader Ebahl vra: "Wel, waar het jy die teken dan? Wil jy dit nie vir ons laat sien nie?"

[8] Jarah sê, met die engel Rafael langs haar: "Hier, hier by my staan hy, as u niks daarteen het nie!"

[9] Ebahl sê, terwyl hy die engel van top tot tone bekyk: "Dit is beslis `n nog kosbaarder aandenking! Maar ek is bang dat jy veels te gou tot oor jou oë en ore op hierdie egter té pragtige jongman verlief sal raak; en as hy dan onsigbaar word, sal jy van suiwer verdriet blind en doof word!"

[10] Jarah sê: O bekommer u maar oor ander dinge! Wie God die Heer eenmaal so liefhet soos ek, vind alle hemelse skoonhede so belangrik asof hulle nie bestaan nie! Maar ek hou ook baie van die jongman, want hy is baie wys en buitengewoon sterk, magtig en vinnig!"

[11] Die hoofman vra: "Waar het hy dan vandaan gekom? Ek kan my nie herinner dat ek hom ooit in Genésaret gesien het nie, en tog is hy in die kleredrag van hierdie plek geklee! Ek bewonder sy suiwer, vriendelike en tewens baie sagte trekke! Sy manier van doen het `n baie grasieuse sjarme! Hoe teer, sag, rein en buitengewoon mooi gevorm is sy voete nie?!

[12] Die geskikte broek wat tot op die knieë reik, met blinkende wit hemp, en oor sy skouers hangende geplooide jas van blou stof, pas hom ook so besonder goed, dat mens hom egter niks meer smaakvol sou kon voorstel nie, en die ronde hoedjie op sy hoof versier sy pragtige hoof op `n heeltemal onbeskryflike manier! Werklik, ek sou hierdie innemende jongman niks kon weier nie! Hy sou ongestraf `n keiserryk van my kon afneem as hy my slegs maar daarvoor sal liefhê!

[13] Nee, hoe langer ek hierdie mens beskou, hoe mooier en aantrekliker kom hy my voor! Sy ouers is wel geseënd te prys dat hulle so `n seun het, en jy, liewe Jarah, kan jou vir so `n geskenk wel buitengewoon geseënd prys! As daar êrens ter wêreld nog so `n jongeling te kry sou wees, dan sou ek egter al my skatte en landerye daarvoor gee!

[14] Maar wat gaan jy nou met hierdie mooie jongman doen? Jy is weliswaar ook `n baie mooi liewe meisie, maar die jongman oortref jou tog talle kere in skoonheid. Jy is nou byna dertien jaar en die jongman sal sestien wees. As hy jou man word, waarmee ek geen probleem het nie; sal hy maar net `n speelkameraadjie van jou bly, dan sal jou lig ontvlambare hartjie beslis baie gou in `n groot verleentheid kom! Maar sê jy maar eens waarvoor jy hom sal gebruik!"

[15] Jarah sê: "U praat wat u verstand u ingee, omdat u die gees nie ken nie! Hierdie jongman sal tot en met my sestiende jaar my beskermer en leidsman wees, en hy sal my onderrig in die Wysheid van God se hemele - en u ook, as u na hom sal wil luister!"

[16] Die hoofman sê: "Maar dan sal hy tog na jou sestiende jaar wel jou man word?"

[17] Jarah sê: "O beste Julius, dit was weer `n vraag van u wat ek nie in dank van u kan aanneem nie! Het ek dan nie vir u alreeds in die begin gesê dat hierdie jongman na my sestiende jaar my vir `n tyd lank sal verlaat nie, soos wat die Heer dit bepaal het nie? Dit sal my egter nie skeel nie, want my hart behoort heeltemal aan die Heer, wat ewig by my sal bly! Maar as my hart `n eiendom van God is, kan dit nie ook nog eendag die eiendom van `n ander word nie!

[18] Ebahl sê: "Ja, ja, my liefste dogter, daarmee het jy nou heeltemal gelyk! Maar jou jare het nog nie gekom nie; maar as hulle sal aanbreek, sal jy `n harde stryd met jou liggaam moet stry! Dit is my wens dat jy die baas daaroor sal word!"

[19] Die hoofman voeg daaraan toe: "Ja, ja, jou vader het gelyk! Nou is jy nog maar `n kind, en dit brand al in jou hartjie soos in `n kalkoond! Sy besit nou weliswaar die hoogste wat sy kan verlang, en sy kan nie meer na iets minder snak nie. As die Hoogste egter, om jou gewete te beproef, Hom uit jou hart sal terugtrek, dan sal jou hart honger na liefde! En as sy hierdie spys lank sal moet ontbeer, dan sal sy weldra haar lang arms na ander voorwerpe uitstrek om haar te versadig! Want hoewel die honger van die maag pynlik is, is die honger na liefde tog nog duisend maal pynliker.

[20] Kyk nou maar na `n veldheer wat `n liefdelose tiran vir sy ondergeskiktes is! Almal sal hulle in `n vooruitsiglose toestand bevind, en as hulle vir hom in die stryd moet gaan, sal hulle hul oorgee aan die vyand om daardeur van hul liefdelose meester verlos te word. Toon `n wyse veldheer egter dat hy sy ondergeskiktes liefhet soos `n vader sy kinders, dan kan die vyand kom en dan sal hulle met al hul moed en met die grootste selfverloëning hul geliefde veldheer tot die laaste bloeddruppel verweer en die vyand vernietig!

[21] Ja, allerliefste Jarah, die liefde is baie sterk en het steeds wyse leiding nodig om te voorkom dat sy haarself uiteindelik verteer!"

[22] Na `n oomblik sê Jarah nadenkend: "Ja, ja, u kan daarmee weer nie heeltemal gelyk hê nie, maar van die Heer moet mens tog wel aanneem dat Hy geen tirannieke veldheer sal wees oor `n hart wat Hom bo alles liefhebbend wil wees nie!?"

[23] Julius sê: "Dit nou juis nie! Maar - wat ek my herinner van wat Hy vannag aan jou gesê het - Hy is en bly God, en die menslike gees kan Hom dan die hele tyd nader as hy hom met sy kragte self gevorm, ontwikkel en staande gehou het, waarby hy tydens hierdie selfontwikkelingsperiode deur Hom geheel en al aan homself oorgelaat word! As dit egter so is, dan is God in die periode noodsaaklikerwys `n tiran met `n blinddoek voor en verstopte ore! En as jy deur die tydperk wat deur Homself aangekondig is sal kom, dan my allerliefste Jarah, sal ons verder daaroor praat!"

[24] Jarah sê: "Ek vertrou en glo vas dat Hy my ook dan nie alleen sal laat nie!"

[25] Die hoofman sê: "Dit is ook haas nie aan te neem nie, omdat jy ons al ver vooruit is, maar jy sal sien hoe jou groot liefde vir Hom ook gedurende `n klein en kort periode waar jy alleen gelaat sal wees, so swaar soos `n berg op jou sal druk! - Maar nou gaan ons na Hom toe, want Hy lyk van plan om iets te doen!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205