Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 147

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die stem van die Heer in die hart

147 Gedweë begeef hulle hulle nou na My toe en die hoofman vra vir My: "Heer, wat gaan nou gebeur? Dit lyk my dat U van plan is om iets te doen!?

[2] Ek sê: "Sien jy nie die pragtige môrerooi nie!? - Let almal op, want julle sal nou `n baie mooi sonsopkoms sien! Dit is weliswaar slegs die opgang van die natuurlike son, maar dit het tog `n diepe geestelike betekenis, wat vir julle duidelik moet word! Want nou ontmoet die een opgang die ander!"

[3] Petrus vra: "Heer, hoe moet ons dit opneem?"

[4] Ek sê: "O, hoe lank sal Ek julle nog moet verdra! Ons is nou tog al hoe lank by mekaar, en jy het nou nog nie opgemerk dat deur My `n son uit die hemele vir julle siel opgegaan het, en nog steeds van dag tot dag verder opgaan nie?!"

[5] Petrus sê: "Heer, wees nie kwaad daaroor nie. U weet tog dat ons baie eenvoudige mense is wat dit nooit verder gebring het as die lees van die noodsaaklikste wat voorgeskryf was nie! As ons U verstaan het, dan sou dit as `n onbedagsame vraag aangemerk kon word, maar ons verstaan nie wat U sê nie, en daarom het ons dit aan U gevra."

[6] Ek sê: "Dit sou wel goed gewees het as jy nie geweet het dat jy met My ook stil in jou hart kan praat nie. As jy dit egter wel geweet het, dan is nie die vraag self nie, maar die dom manier van vra `n fout, en slegs dit wil Ek by julle afkeur. Kyk eers hoe beide die Esseners en die groep fariseërs nou groot oë maak vir julle omdat julle My hardop iets gevra het, terwyl julle as hul meesters tog sou moes weet dat Ek elke ondervraer ook stil in die hart `n volledige antwoord kan gee!

[7] Weliswaar lê die oorsaak daarvan by julle nie in onkunde of eiesinnigheid nie, maar in julle ou gewoontes. Let egter in die vervolg tog meer daarop, sodat die mense kan sien dat julle regtig My leerlinge is, en julle voor die wêreld nie die agting verloor wat julle bowenal vir julle nuwe amp nodig het nie.

[8] Gaan nou maar na julle leerlinge toe en leer hulle dit, anders sal hulle julle begin vra wat en waarom julle My hardop gevra het!"

[9] Petrus sê: "Heer, mag ons dan nooit meer hardop met U praat nie?"

[10] Ek sê: "O ja, maar alles op sy tyd en wanneer Ek dit aantoon! - Maar gaan nou en doen wat Ek julle opgedra het!"

[11] Toe gaan die leerlinge na die twee Esseners en die groep fariseërs en sê aan hulle: "Verbaas julle nie daaroor dat ook ons die een of ander iets hardop vir die Heer vra nie, want ons is ook maar mense, en laat ons so nou en dan deur ons ou gewoontes lei!"

[12] En beide Esseners sê: "Dit het ons ook gedink, en ons het, soos wat julle ons geleer het, die Heer in ons harte dieselfde gevra en oombliklik het ons `n baie duidelike antwoord in ons hart gekry. Daarom het ons dit vreemd gevind dat julle dit hardop vra. Maar, soos wat gesê is, ons dink toe dadelik dat so iets by julle dikwels nog suiwer uit gewoonte kan gebeur en stel ons volkome daarmee tevrede. Ons het vannag sulke merkwaardige droomgesigte gehad soos wat ons, sover ons onsself kan herinner, nog nooit voorheen gehad het nie. En wat daarby die wonderbaarlikste is: elkeen van ons het presies dieselfde gedroom, en alles wat ons in die baie vreemde droom gesien het, is nou `n werklikheid! Nee, dit het nog nooit gebeur nie!

[13] Nou glo ons ook egter dat hierdie Násarener meer is as net `n volmaakte mens. Liggaamlik is Hy wel `n mens soos ons, maar in Sy innerlike en Sy Hart woon die totale goddelike Krag en Mag waaraan die hele oneindigheid gehoorsaam is! - Maar nou rig ons ons oë, soos wat Hy gesê het, op die sonsopgang om `n wonderwerk te sien!"

[14] Petrus sê: "Of daar nou juis `n spesiale wonderwerk te siene sal wees, weet ons nouliks, maar soos wat die met rooi lig omrande wolkies aan die verre horison voorspel, sal ons vanaf hierdie hoogte die mooiste skouspel van God se skepping beleef, en daaruit sal ons die les kan leer dat ons siel dieselfde opgang ten deel geval het, wat vir ewig sal bly!"

[15] Een van die Esseners sê: "Ja, `n sonsopgang nie net vir ons nie, maar vir die hele aarde, ja, selfs vir die hele oneindigheid! Want dit wil voorkom dat hierdie menswording van die allerhoogste goddelike Gees nie slegs hierdie aarde en haar skepsels raak nie, maar die hele oneindigheid!

[16] Dat die goddelike Gees spesifiek hierdie aarde uitgekies het, is natuurlik `n onbegryplike saak vir ons gees, omdat Hy -soos wat ons nou weet - tallose ontelbare super glansryke ligwêrelde het waarop Hy Sy eie menswording met Homself kon uitgevoer het, maar Hy sal wel die beste weet waarom Hy nou juis die aarde uitgekies het!

[17] Vroeër, toe ons nog gedink het dat hierdie aarde die enigste wêreld in die hele universum was, sou dit baie goed verstaan gewees het, want toe sou daar binne die natuurlike patroon niks anders oorgebly het nie. Hierdie aarde was die enigste, volgens ons begrip, eindelose groot wêreld, waarvan die water tot aan die uitspansel gereik het, en ons het geglo dat die son, die maan en die sterre maar slegs daar was om met hulle lig hierdie wêreld te verlig! Maar nou het alles opeens `n heel ander aansig verkry. Ons weet nou wat al die sterre, die maan en die son is, en ons weet hoe klein hierdie aarde is vergeleke met `n sonne-aarde.

[18] Die vraag kom dan op: 'Waaraan het hierdie sandkorreltjie, die aarde genoem, hierdie barmhartigheid te danke?' Helaas, hierdie vrae sal eendag nog baie belangrik word en baie sal hulle geweldig daarteen stamp! Daarom sou dit na ons mening nie baie oorbodig wees om ook oor hierdie aangeleentheid `n bevredigende verklaring te kry nie! - Wat dink julle, sou ons dit aan Hom mag vra?"

[19] Petrus sê: "Probeer dit in jou hart! As daar `n antwoord kom, dan is dit goed, kom daar geen verdere antwoord daarop nie, dan is dit `n teken dat ons nog nie ryp genoeg is vir dié les nie! - Maar kyk nou, die son is al vlak by die opgang, want die oggendwolkies straal al so sterk dat mens daar haas nie meer na kan kyk nie!"

[20] Die Esseen sê: "Ja werklik! O, dit is `n onbeskryflike mooi gesig! Maar sien julle nie dat daar iets bo die wolkies beweeg nie? Dit lyk byna of daar net bokant die wolkies besondere skitterende sterre heen en weer beweeg! Wat kan dit tog wees?"

[21] Petrus sê: "Wat dit presies is, sal waarskynlik net die Heer weet, maar ons vissers noem sulke verskynsels wat nie so seldsaam is nie, 'oggendvisse'. As dit sigbaar is, is dit goeie visweer, en teen die aand kom daar verseker `n onweer of minstens `n harde stormwind. Hoewel ek moet toegee dat ek self nog nooit sulke visse so helder en so lewendig gesien het nie. Die verskynsel is vir my nie vreemd nie, maar miskien is dit vanaf hierdie hoogte beter waarneembaar as onder!"

[22] Die Esseen sê: "Weet julle wat - laat ons nader aan die Heer gaan staan! Ek sien dat Hy met Ebahl en dié se kinders praat. Daar sal weer baie verklaar word; dit moet ons hoor!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205