Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 15

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Philopold se getuienis oor Jesus as God

15 Philopold begeef hom ter ruste, soos wat Ek vir hom gesê het. Maar natuurlik kon hy nog nie aan die slaap raak nie, omdat die voorvalle van die dag sy hart te besig gehou het; boonop was die slaapplekke ook nie besonder goed ingerig nie, omdat die pandeisers op alles behalwe `n bietjie strooi beslag gelê het en ons daarom letterlik net die leë huis aangetref het. Tydens die wederopwekking van Sarah was Borus, My broers en baie ander leerlinge druk besig gewees om beddens, tafels, banke, kombuis- en tafelgerei in voldoende hoeveelhede in die huis in te bring; maar vir `n paar honderd mense, waarvan daar natuurlik baie gedeeltelik buite en gedeeltelik in ander huise onderdak gevind het, was dit in die kort tyd net moontlik om op natuurlike wyse vir die nodigste te sorg.

[2] En daarom bring Ek Self hierdie nag op `n bank deur met `n bietjie strooi onder die hoof - en Philopold lê selfs op die grond sonder strooi. Die oggend was hy dan ook van die eerstes wat op die been was en toe Jaïrus, wat met sy vrou en sy dogter Sarah `n taamlike goeie strooibed gehad het, vra hoe hy op die harde grond kon slaap, sê hy;

[3] Philopold: "Vir sover die gesteldheid van die grond dit toelaat! Maar dit is alles `n kwessie van oorwin; in `n jaar sou `n liggaam meer daaraan gewoond raak as in `n nag!"

[4] Jaïrus sê: "Het u maar met my gepraat! Ons het voldoende strooi gehad!"

[5] Philopold sê: "Kyk na die Heer, aan wie alle hemele en alle wêrelde gehoorsaam is, en wie se wens en wil alle engele uitvoer! Sy bed was geen haar beter as myne nie!"

[6] Jaïrus, wat nog baie fariseëragtig gedink het, sê: "Vriend, gaan jy nie nou `n bietjie te ver nie? Dit is wel nie te ontken dat hierdie Jesus vol is van die goddelike gees, meer as wat `n profeet ooit vervul was van dieselfde gees - want Sy dade oortref alle dade van Moses, EliJaH en alle ander groot en kleinere profete hemelhoog; maar dat in Hom nou juis God Hom in al Sy volheid sou bevind, lyk vir my na `n tog te gewaagde veronderstelling! Die profete het deur die goddelike gees, deurdat hulle gees daarmee vervul was, óók dooies opgewek; maar hulle het dit nooit gewaag om die resultaat aan hulleself in plaas van die God toe te skryf nie. Want as hulle die voorspoed aan hulleself toegeskryf het, dan sou hulle groot sondaars teen God geword het, en God sou hulle die gees ontneem het. Maar Jesus doen alles asof Hy dit uit Homself doen en as Heer - en dit spreek goed vir jou gewaagde veronderstelling, en in `n bepaalde opsig is ek ook heeltemal eens met jou; maar soos gesê: sonder om die Voorsienigheid uit die oog te verloor! Want dit sou ook van bo toegelaat kon word om ons te toets, waarby ons sou moet bewys of ons nog slegs aan één God glo! Maar as God se volheid werklik in Jesus woon, dan sou ons natuurlik onvoorwaardelik Sy getuienis as ewige Waarheid moet aanneem! - Wat dink jy nou?"

[7] Philopold sê: "Ek dink dis laasgenoemde en glo dat Sy getuienis oor Homself en die aanwesigheid van die volheid van God volkome waar is! HY IS - en is geen ander nie!

[8] Dit is veral in hierdie tyd van wonders moeilik te verklaar, omdat `n mens altyd kan sê: 'Ek het daar en daar towenaars gesien wat werklik buitengewone dinge gedoen het, en die ou profete het óók dooies opgewek – ja, één het selfs `n hoop doodsbeendere met vlees omhul en tot die lewe gebring, en daarom is hulle wonders nog lank geen rede om `n wonderdoener as God aan te prys nie!’

[9] Maar hier met Jesus, die Heer, is dit heeltemal anders! By alle profete moes daar vooraf aanhoudend gebid en gevas word voor so `n wonder gebeur het, totdat God hulle waardig genoeg bevind het om `n wonder deur hulle te doen. Die towenaars moes `n towerstaf hê en `n aantal ander tekens en formules. Daarby het hulle nog `n aantal salwe, olies, wagtertjies, metaal, klippe, kruie en wortels by hulle gehad waarvan hulle die verborge kragte geken het en moes dit by hul werksaamhede aanwend; - maar waar het iemand ooit by Jesus, die Heer, so iets gesien!? Geen spoor van bid en vas, ten minste nie gedurende die kort tyd dat ek die barmhartigheid getoon is om Hom te ken nie. Van `n towerstaf en allerhande ander magiese middele is daar nog minder te siene!

[10] Bowendien het alle profete, elkeen op gelyke wyse, in `n steeds eenderse geheime beeldspraak gepraat en geskryf, en wie nie uit hul skool gekom het nie, kon hulle onmoontlik verstaan het! Ek is weliswaar `n Griek; maar daarom ken ek julle Skrif goed en ook Moses en al julle profete! Wie dit woord vir woord wil verstaan, moet egter goed geskool wees!

[11] Maar Jesus sê die mees verborge dinge so duidelik dat selfs `n kind dit dikwels kan verstaan! Hy gee `n uitleg oor die skepping, dat ek haas self `n wêreld sou kon skep! Waar is die profeet dan en waar is die meester van alle towenaars wat dit so kon spreek soos Jesus?!

[12] Wie kon ooit `n lettergreep verstaan het van wat `n towenaar tydens sy optrede sê? Wat hy sê is so duister soos die nag. Die woorde van die profete gee so hier en daar wel lig, maar niemand kan by die swakke skemerlig dertig treë voor hom uit sien nie. Hier straal die son egter in die middel van die dag! Wat Hy sê is die diepste wysheid van God - maar daarby helder en verstaanbaar vir byna elke menslike verstand; en wat Hy wil, gebeur oombliklik!

[13] As die sake wat Jesus betref so daar uitsien, weet ek egter nie waarom ek nog enige twyfel sal hê om Hom te erken as die onbetwisbare Heer van hemel en aarde, om Hom bo alles lief te hê en om slegs aan Hóm alle eer te gee nie!?

[14] Kyk hier op die tafel! Hierdie vars vyetak vol oorryp vrugte is `n lewende getuienis wat Hy my gister, toe julle almal geslaap het, gegee het op my vraag, hoe dit vir Hom moontlik was om volkome dooies op te wek. Hy vra my vir `n heeltemal verrotte tak, dus `n volkome dooie tak. Ek bring die eerste een wat ek in die nag vind. Hy raak die vrot hout glad nie aan nie, maar gee slegs `n bevel en die vergane hout word groen en begin te bloei - en hier het jy die ryp vrugte! Neem en gee hulle aan die allerliefste Sarah; dit sal haar verkwik!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205