Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 152

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die hoofman daag die satan uit

152 Terwyl die hoofman dit nog sê, flits daar `n helle bliksemflits en klink daar `n reusagtige donderslag en satan staan soos `n vurige reus voor die hoofman, stamp met `n voet so hard op die grond dat die hele berg rondom bewe en sê aan die hoofman: "Wat wil jy van my hê, ellendige moederverkragter!? Waarom ontbied jy my hier op hierdie berg, wat vir my duisendmaal pynliker is as al die vuur uit die hel!?

[2] Die hoofman sê, baie boos deur die betiteling 'moederverkragter': "Héi, vyand van alle mense en God Self, matig jouself, want jy het geen reg om in die teenwoordigheid van God, Jou Heer, `n oordeel uit te spreek nie! As ek in die slaap, meegesleur deur my sinne, gesondig het, dan het ek slegs myself, maar nooit vir jou in iets benadeel nie. Ek glo egter dat God méér is as jy, en Hy het my nog nooit verwelkom soos wat jy het nie, gemene leuenaar! Dit is wel waar dat ek eens, toe ek veertien jaar oud was, gemeenskap gehad het met my moeder, maar my moeder het my daartoe verlei. Want sy het haar verklee soos `n wellustige Griek en trek toe oor haar gesig, wat tog baie mooi was, `n fyn masker, kom snags na my toe, laat my al haar onweerstaanbare bekoorlikhede sien en wou my hê. Want my moeder was toe amper agt en twintig jaar oud. Toe ek as haar eerste kind gebore is, was sy dertien en `n half. Ek staan in Rome bekend as een van die mooiste en aantreklikste jongmanne, geen wonder dat my eie moeder op my verlief geword het en haar vermom om van my te kon geniet nie! Ellendeling! Is ek dan `n verkragter van my moeder omdat ek as vurige Romein, wat dink dat ek met `n wellustige en baie aantreklike Griek te doene het, met my moeder gemeenskap gehad het? Kan jy, blinde esel uit die hel ooit iemand `n moordenaar noem, omdat hy, toe hy van die dak val, tydens sy val `n mens raakgeval en gedood het?! – Praat nou, oude esel uit die hel!"

[3] Die satan sê, hewig ontstoke oor die benaming deur die hoofman: "Ek hou slegs maar rekening met die daad en nie op watter manier dit gebeur het nie. By my geld geen versagtende omstandighede nie en wat my betref is jy veroordeel, hoort jy in die hel en sal jy my mag nie vryspring nie!"

[4] Die hoofman sê: "Kyk dan eers daar, blinde esel uit die hel! Wie staan hier aan my regterkant, ken jy Hom, ken jy nie vir Jesus van Násaret nie?"

[5] Toe die hoofman My Naam uitspreek word die satan met geweld op die grond gewerp, en hy dreig die hoofman om hierdie walglike Naam nooit weer voor hom uit te praat nie. Hy ken die Násarener en vervloek hom omdat hy dié godheid sy mag wou ontneem, en dit hom nog maar weinig skeel of hy sou meester van die hemel en die hele wêreld word!

[6] Die hoofman sê: "Blinde esel uit die hel! Wat Hy ewig was, is Hy nog en Hy sal dit ewiglik bly, en Hy alleen sal vir my en jou oordeel, en dit doen jy ewiglik nie, ou slegte, blinde en oerdomme esel uit die hel! As jy tog so `n reusagtig magtige wese is, waarom word jy dan so maklik net deur die Naam van die heilige Násarener neergeslaan, asof jy nog nooit gestaan het nie? Kyk nou hoe mooi dit hier is en hoe goed ons dit almal het! Jy sou dit tog net so goed kon hê as ons, as jy nie so `n aartsdom dier uit die hel was nie! Keer om en erken in jou hart, as jy dit nog het, dat Jesus die Heer van hemel en aarde is, dan sal jy sekerlik met ons gelykgestel word!"

[7] Nou gryns die satan: "Moes jy nou wéér die Naam uitspreek wat my so teenstaan?! As jy oor niks anders kan praat nie, omskryf dan ten minste die Naam, want hy pynig my meer as tienduisend rooiwarm helle! Bowendien is ek `n gees en dit moet ek ewig bly ter wille van julle verlossing, en daarom kan ek my nie bekeer tot julle God en julle Heer nie! Ek is eens en vir altyd verdoem en vir my is daar geen redding meer nie!"

[8] Die hoofman sê: As iemand anders as jy dit aan my gesê het, sou ek dit geglo het, maar van jou geloof weet ek niks behalwe dat jy werklik die ou, dom esel uit die hel is! As jy jou wou bekeer, dan weet ek maar al te goed dat jy met jou hele aanhang deur die Heer aangeneem sal word. Maar jou boosheid is hardnekkig en jy wil jouself nooit daarvan bekeer nie, omdat dit jou `n soort helse vreugde gee om die Heer met jou vrye wil te kan trotseer. Maar ek sê vir jou dat die Heer Sy hart nog lank nie vir jou afgesluit het nie, en Hy het jou nog lank nie geoordeel nie! Wend jou daarom na Hom en Hy sal jou opneem en jou al jou miljard maal miljard misdade en sondes vergewe!

[9] Ek is `n heiden en het in my jeug die natuur en die beelde wat deur mensehande gemaak en deur hul fantasieë uitgedink is, aanbid. Maar ek, as swak, blinde stoflike mens, het tog spoedig ingesien dat ek my op doodloop dwaalweë bevind.

[10] Maar jy is vanaf jou oerbegin as `n suiwer gees geskape deur Hom wat nou in die hart van hierdie heilige Násarener woon, en aan Wie hemel en aarde heeltemal gehoorsaam is en wat vir elkeen sigbaar is. Vir jou is die suiwer herken van die ewige waarheid eenvoudig, terwyl ek lank in nag en newel moes rondtas; jy hoef maar net te wil en dan bevind jy jou weer in die ou oerlig. Wend jou daarom na die Heer, wat hier op wonderbaarlike wyse liggaamlik te midde van ons vertoef, en met alles wat my, insluitend my lewe, eie en gewyd is, staan ek daarvoor in dat jy aangeneem sal word!"

[11] Satan sê: "Dit kan ek nie!"

[12] Die hoofman sê: "En waarom dan nie?"

[13] Die satan skreeu: "Omdat ek dit nie wil nie!"

[14] Toe roep die hoofman ook opgewonde uit: "Gaan dan in die Naam van Jesus hiervandaan, want nou moet ek haas opgooi van afkeer vir jou! Jy is dus uit eie vrye wil `n onverbeterlike dier uit die hel, en al my medelye vir jou ewige pyn en knelling het vir ewig verdwyn. Die Heer sal jou oordeel, oude esel uit die hel!"

[15] Met hierdie woorde van die hoofman stort die satan asof deur die bliksem getref op die grond neer en laat `n geweldige gebrul hoor soos van `n hongerige leeu. Maar Ek wink vir die engel Rafael om hom onder hande te neem.

[16] Die engel gaan vinnig tussen die hoofman en satan staan en sê: "Satan! Ek, een van die minste dienaars van die Heer Jesus, JaHWeH van die Skeppingsleërmag, gee jou die dwingende bevel om jou onmiddellik te verhef van hierdie plek en hierdie streek, waar jy `n lang tyd met jou slegte asem vir dier en mens onheil gebring het!"

[17] Satan sê in toorn ontstoke: "Waar moet ek heen?"

[18] Die engel sê: "Waar jou dienaars op jou wag en jou vervloek! Gaan en verdwyn! Amen!"

[19] Met hierdie woorde van die engel verhef die satan hom as `n bol wat na alle kante toe vlam en vlieg onder `n knallende lawaai bliksemsnel na die noorde.

[20] Maar die engel trek aan die rotsbodem op die plek waar die satan gestaan en gelê het (en daar lê `n rotsblok van ruim vyftig centenaar), en slinger dit met so `n geweld bo-oor die hele berg ver in die see in, dat die rots al in die lug deur die weerstand volkome tot stof vergaan het.

[21] En almal verwonder hulle buitengewoon oor hierdie krag van die engel, en die hoofman sê: "Ha, dit is vir my `n klipslingeraar! Hy sou op sy eentjie meer werp as tien Romeinse legioene! Origens dank ek U, o Heer, vir hierdie openbaring, want nou het ek dan ook die ewige vyand van alle liefde, alle lig en al die goeie en ware dinge, so te sê persoonlik leer ken, en my gou daarvan kon oortuig wat daar met hom aan die gang is. Hy word in der ewigheid en deur geen vuur meer verbeter nie!

[22] By God is alle dinge wel moontlik, maar in dié geval glo ek dat ook die goddelike almag dit moeilik sal vind om hierdie gees tot berou en boetedoening te bring. Want as hy sy vrye wil behou, verander hy nooit nie; word hy sy vrye wil egter ontneem, dan bestaan hy nie meer nie en dan is daar in die hele oneindigheid geen satan meer nie. Maar om hom met die grootste moontlike kwellinge en pyn te wil verbeter, is dieselfde as om water met `n sif in `n lekkende vat te skep! Volgens my sou die verstandigste nog wees om hom vir alle tye der tye pynloos in die een of ander gevangenis op te sluit, dan sou hy in elk geval nie die lewende mense meer kan beïnvloed nie!"

[23] Ek sê: "Vriend, dit is sake wat jy nou nog nie sal kan verstaan nie; eendag sal hulle vir jou egter duidelik word! Die aardse tyd het daarvoor weliswaar geen maat nie - maar `n hele oergrond­middelson wel! As dit eenmaal aan sy einde kom, sal ook die nog steeds moontlike ommekeer van die satan nie meer veraf wees nie, maar waar sal hierdie aarde dan al wees en hierdie son?! Want `n liggaam soos wat die oergrondmiddelson het, het vir jou `n ondenkbare tyd nodig, tot al die geoordeelde lewe, wat hulle in haar bevind en dit nou skynbaar dooie materie is, tot op die laaste stoffie oorgegaan het in vrye geestelike lewe!

[24] Maar, soos gesê, dit kan jy nou nog lank nie verstaan nie! Dit verstaan die engele ook nie nou nie. Weldra sal daar egter `n tyd kom waarin jy nie meer sal twyfel aan wat nou gesê is nie, en waarin jy dinge sal glo waar jy nou nog geen begrip van het nie! Maar nou verder niks meer daaroor nie! Maak julle klaar, dan gaan ons op ons gemak terug!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205