Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die afdaling van die berg

153 Jarah, wat haar gesig tydens die sigbare aanwesigheid van die satan met `n doek bedek het, sê: "Heer, ek keer nou graag terug na die stad, want die aanwesigheid van die een het hierdie berg, hoewel hy tog onbeskryflik gedenkwaardig sal bly, vir my vir altyd bederf. My voete sal hom nooit weer betree nie!"

[2] Ek sê: "Toemaar nou, satan is nou weggejaag en Rafael het die plek dadelik weer gesuiwer; origens sal dit jou nie skaad nie, en ook sal jy daar geen enkel spesiale voordeel van hê as jy hierdie berg wel of nie beklim nie. Die beste berg om te klim is jou eie hart; wie tot daar in die binneste kan reik, het van die lewenskant gesien, die hoogste top bereik! - Maar nou gaan ons, want die derde uur van hierdie sabbatdag is byna verby. Volg julle My nou maar almal, dan sal ons oor die kortste en beste pad na Genésaret gaan!"

[3] Die hoofman sê: "Heer, as ek my nie vergis het nie, was daar voorheen tog sprake daarvan dat ons vandag nog die hele dag hier sou bly!?"

[4] Ek sê: "Dan het jy My hierdie keer nie heeltemal goed verstaan nie, daarmee word die berg van die sabbatviering in die hart bedoel! Maar dit lig Ek verder nie toe nie, laat ons maar gaan, want benede wag verskeie siek mense op ons! Dié moet gehelp word sodat daar na My vertrek in hierdie hele omgewing geen sieke meer te vinde is nie."

[5] Nadat Ek dit gesê het, is almal op pad, en Ek, die kleine Jarah en Rafael gaan vooruit en gee so die pad aan, en dit gaan vinnig en maklik bergaf die dal in na Genésaret. Na ongeveer twee en `n half uur was ons al weer vlak by die stadjie Genésaret.

[6] Hier roep Ek alle berggaste byeen en sê: "Luister almal nou na My! Wat Ek julle al op die berg gesê het, sê Ek vir julle nou almal weer `n keer: Hou alles wat julle op die berg beleef en gesien het, voorlopig vir julleself! As julle egter deur `n duidelike teken uit die hemele daartoe opgewek word, predik dit dan van die dakke af aan die mense wat te goeder trou is. Maar vir die bose wêreld moet dit voortdurend so verborge bly soos wat die sentrum van die aarde verborge is! Want `n uiterlike, wêreldse mentaliteit sal dit nooit kan verstaan nie, en sou julle as kranksinniges verdoem! Maar dit sou dan ook die ewige dood beteken van daardie siele.

[7] Bedink veral die volgende: My woorde en lesse en dade is kosbaarder as die weergalose groot pêrels van Jarah, en sulke pêrels is daar nie om voor die swyne te werp nie! Wees daarom altyd op julle hoede, want alles wat van bo kom is ook maar net vir diegene wat ook van bo gekom het! Vir honde en varke is slegs die afval van die wêreld goed, want `n hond keer terug na wat hy uitgebraak het, en die varke gaan weer in dieselfde poel lê en rol waarin hy hom voorheen al gerol het, besmeerd en heeltemal vuil gemaak. Neem My raad daarom van harte aan!"

[8] Die hoofman sê: "Heer, as ons egter deur nuuskieriges gevra word na wat daar alles op die berg gebeur het, wat moet ons dan vir `n antwoord aan sulke vraers gee?"

[9] Ek sê: "Vertel die waarheid, en sê dat Ek julle almal verbied het om dit te vertel, en die vraers sal dan nie verder aandring nie, maar daarmee genoeë neem."

[10] Met hierdie raad was die hoofman ook volkome tevrede en ons gaan nou die stad in, na die huis van Ebahl.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205