Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Genésaret. Die siekes in die herberg van Ebahl

154 By ons aankoms in die huis van Ebahl, kom die knegte en dienaars van die huis ons tegemoet en sê dat daar in die herberg ongeveer honderd siekes aangekom het en na die Heer en Verlosser Jesus van Násaret gevra het.

[2] Ek sê aan die knegte: "Gaan en sê aan hulle dat hulle nou sonder om met die sabbat rekening te hou rustig en opgewek huis toe kan gaan, want hul geloof in die krag van My Woord het hulle gehelp!"

[3] Met dié berig gaan die knegte na die siekes in die herberg en was baie verbaas dat hulle geen siekes meer kon vind nie. Want almal wat siek was, het in één en dieselfde oomblik gesond geword, sowel Judeërs as heidene. Toe die knegte na hulle toe gaan, hoor hulle niks anders as lofgesange oor die nuwe liggaamlike gesondheid nie en dat die geneesde mense My wou sien!

[4] Maar die knegte sê: "Ons is nie bevoeg om dit toe te staan nie; maar ons sal `n bode stuur. As Hy dit goedvind, kan julle Hom sien en praat; staan Hy dit egter nie toe nie, dan moet julle Sy advies volg en heel rustig en welgemoed hiervandaan gaan, want Hy is nie altyd in die stemming om besoek te ontvang nie, en nog minder om gesprekke te voer." - Met die verhaal kom `n kneg na My toe en vra My mening.

[5] Maar Ek sê: "Ek het julle tog gesê dat hulle almal rustig en welgemoed huis toe moet gaan, laat dit dan so wees! Wat hulle soek, het hulle gekry, en vir iets hoërs het hulle geen gevoel en ook onvoldoende verstand, laat hulle daarom huis toe gaan!"

[6] Met hierdie antwoord gaan die bode weer terug en bring dit aan die geneesde mense oor. Maar hulle sê: "As mens aan iemand eer en lof wil gee, moet `n mens dit nie vooruit vir Hom vra nie! Mens moet daarheen gaan en Hom na waarheid en welvoeglikheid lof en dank wat Hom toekom, bring, dan kan mens met `n goeie gewete vertrek! Laat ons daarom maar moedig gaan, dan sal Hy ons, omdat ons met die beste bedoelinge ter wêreld na Hom toe gaan, nie toegang weier nie!"

[7] Dit gesê, gaan almal nou na die huis waar Ek is. Hulle klop aan die deur van ons groot eetkamer, maar niemand sê: 'Kom binne!' nie Hulle klop egter nogmaals en Ek sê aan Ebahl: "Laat hulle vanweë hul opdringerige geloof maar binne!" - En Ebahl doen dit deur vir hulle te oop te maak en hulle kom die kamer binne, vir sover daar plek vir hulle was, en begin My daar luid te prys, en hul dank te betuig.

[8] Maar Ek beveel hulle om te swyg en sê aan hulle: "Lof uit die mond en dank van die lippe het geen waarde by God nie, en dus ook nie by My nie! Wie na My toe wil kom, moet in sy hart na My toe kom, dan sal Ek hom aansien. Maar `n inhoudlose geblêr met die mond, sonder dat die hart iets daarby dink, en nog minder voel, is vir My dieselfde as wat `n vrot reuk is vir die neusgate. Wat julle soek, het julle gekry. Iets anders ken julle nie en julle niksseggende lof geval My nie! Gaan daarom huis toe en besorg hierdie huis geen oorlas nie! Behoed julle egter vir die ontug, hoerery, vir slegte eet en vraatsugtigheid, anders oorkom binne die kortste tyd nog erger siektes julle as waaraan julle tot nou toe gely het, en wat julle gepla het!"

[9] Hierdie woorde tref die geneesde mense in die hart en hulle vra hulself af hoe Ek dit kon weet dat hulle hul siekte merendeels aan hul wellustigheid te danke het. Hulle word bang vir My, omdat hulle begin het om te dink: 'Hy kan nog meer van ons handelinge wat nie so baie lofwaardig is nie, aan die lig bring! Daarom gaan ons maar!' - Daarop verlaat hulle die kamer en gaan terug na waar hulle vandaan gekom het.

[10] Dit val die hoofman op en hy vra My: "Hoe is dit dat hulle nou so skielik verdwyn het? Nouliks bring U hul sonde ter sprake, of hulle word asof met geweld by die deur uitgedryf!"

[11] Ek sê: "Dit is nou egte hoerehelde! Hulle bedryf alle soorte ontug, en egbreuk het by hulle al `n heeltemal gewone saak geword. Die vroue is by hulle vir elkeen, en om `n maagd te verkrag is by hulle net `n tydverdryf! Onder hulle is egter ook skenders van seuns en dié wat met maagde hul luste op `n onnatuurlike, sodomitiese wyse laat seëvier, omdat hulle hulself so wil vrywaar van kwaai besmettings, maar waardeur hulle nog baie ander erger siektes opdoen. Daarom het Ek hierdie mense so hard ontvang en ook weer weggestuur, want slegs `n harde woord kan hulle nog enigsins verbeter."

[12] Die hoofman sê: "Uit watter streek kom hulle dan?"

[13] Ek sê: "Uit die omgewing van Gedara. Meer na die weste toe is `n paar gehuggies en vier dorpe. Die bewoners is `n vermenging van Judeërs, Egiptenare, Grieke en Romeine. Hulle het weinig - of eintlik heeltemal geen godsdiens nie, en hul bedryf bestaan merendeels uit die teel van varke en hulle dryf handel daarmee in Griekeland en in Europa. Daar word die vleis van hierdie diere geëet en hul vet vir die kruie van voedsel gebruik. Deur hulle bedryf is daar dus al baie vuil mense, maar hul uiterlike onsuiwerheid sou tog geen sonde gewees het, as hulle in hul doen en late self nie baie erger was as al hulle varke nie. Hul gedrag plaas hulle baie laer as die varke en dit sal moeilik wees om hulle te verbeter!"

[14] Die hoofman sê: "Nou dit is baie goed dat ek dit weet. Daardie gemeenskappe staan nog onder my gesag en ek sal dit sekerlik nie nalaat om `n sedemeester oor hierdie mense aan te stel nie. Dié sal hulle, aan die hand van die opdrag wat hy kry, by die minste onbehoorlike gedrag gevoelig oor die vingers tik. Wag maar, julle wellustige lewe sal reeds môre so vergal word dat julle nooit meer sin daarin sal hê om onreine begeertes in julle harte te laat opkom nie, en om hulle daarna gewetenloos uit te voer nie!

[15] Heer, ek is weliswaar net `n mens, maar deur my lewe waar ek altyd met regeringsake besig is, het ek sover gekom en het ek soveel ervaring opgedoen, dat ek nou duidelik kan insien dat dit vir die gewone man die beste is as hy met `n ystervuis regeer word, en so nou en dan ter wille van die goeie saak die sweep voel. As dit in `n groot menslike samelewing nie die geval is nie, bars daar binne die kortste tyd alles uit die voeë!"

[16] Ek sê: "Ja ja, jy het gelyk - maar slegs in die gemeenskap wat Ek jou aangewys het. As jy egter orals dit wat jy voorgestel het, toepas, dan sal jy meer beskadig as help! Die medisyne moet hom steeds by die siekte aanpas en nie omgekeerd nie. Maar, soos wat gesê is, by die genoemde gemeenskap sal jou medisyne ten minste die goeie doel hê om hierdie mense die toegee aan hul wellustigheid te vergal. Maar die tugroede moet nie met toornige, maar met liefdevolle hand gebruik word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205