Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Afskeid van Jaïrus

16 Jaïrus wek Sarah, wat alreeds besig was om wakker te word, en gee haar die volle tak. Dit is baie na haar sin en sy byt dadelik in die oorryp en heuningsoete vrugte en eet hulle op. Toe sy alles opgeëet het, word Ek op My bank wakker.

[2] Sarah is die eerste wat My `n heel hartlike oggendgroet gee en Ek vra haar hoe die vye gesmaak het. En sy sê vol blydskap: "Heer, dit was hemels en heuningsoet! Philopold, U vriend, het hulle vir my in U Naam gegee, en ek het hulle almal opgeëet; want hulle was buitengewoon lekker! U het hulle seker vir my hierheen gebring!?

[3] Ek sê: "My allerliefste Sarah! Ja, vir jou; want jy was die rede waarom Ek gisternag vir vriend Philopold moes wys hoe Ek dooies opwek, toe moes Ek `n totaal verrotte vyetak weer lewend maak, sodat dit vir jou, My geliefde Sarah, nog één keer soete vrugte kon dra, en daarom was dit goed van jou dat jy hulle opgeëet het. Hulle sal jou nog meer gesond maak! - Maar nou gaan ons dadelik na buite tot die kamers opgeruim en skoongemaak is, daarna gebruik ons `n oggendete en daarna sal ons onsself aan die daaglikse werk wy!"

[4] Na hierdie woorde gaan almal saam met My na buite en geniet die skoon, kristalhelder oggend.

[5] Toe kom Jaïrus na My toe en sê: "Heer, aan my dank sal nooit `n einde kom nie! Voordat ek my ooit weer teen U sal laat gebruik, sal ek my betrekking neerlê en `n entoesiastiese volgeling van U heilige leer word; en Philopold sal my lewenslange vriend bly; want dit is juis aan hom te danke dat ek die ware lig oor U gekry het. Hy is nou wel `n Griek, maar hy is in ons Skrif meer bekwaam as ekself en al die skrifgeleerdes van die hele Judéa, Galiléa, Samaria en Palestina saam! Kortom, ek weet nou presies wie U is, en dit is inderdaad soos wat ek al dikwels in die geheim gedink het. Maar ek moet nou na Kapernaum waar sake op my wag. My vrou en dogter Sarah beveel ek egter, solank U dit geskik vind, onder U beskerming aan! Want by U sou hulle beter as in die hemel bewaar word! As ek my egter in die aande kan vrymaak, sal ek stellig met Festus en Cornelius, miskien ook met die ou Cyrenius, wat moontlikerwys vandag na Kapernaum sal kom, saam hierheen kom! En ek beveel my nou in U liefde, geduld en barmhartigheid aan." - Vervolgens neem hy afskeid van sy vrou en die liewe Sarah, laat sy snellopende muilesels bring, bestyg die sterkste en ry met groot spoed daar weg.

[6] Ek roep almal nou tot die ontbyt, en ons gaan die opgeruimde en skoongemaakte kamers binne, waar `n klaargemaak goeie maaltyd deur Borus op ons wag.

[7] Na die maaltyd roep Borus My eenkant en sê: "My innig geliefde vriend! Ek weet dat U lankal al weet wat ek onder vier oë met U graag wil bespreek; maar daar is onder U leerlinge `n paar wat volgens my nie hoef te weet wat ons met mekaar bespreek nie, en slegs daarom het ek U gevra om eenkant toe te kom!"

[8] Ek sê: "Dit was eintlik glad nie nodig nie; want dit wat jy My hier wil vertel, het Ek die leerlinge uitgebreid in Kis vertel en openlik aangeprys. Hulle weet alles, en ons hoef daarom nie voor hulle geheimsinnig te wees nie."

[9] Borus sê: "Ag, as dit so is, dan sê ek dit heeltemal openlik!"

[10] Daarom gaan ons weer na die geselskap terug, en Ek sê aan Borus: "My allerbeste vriend! Wat jy vir My wil sê, weet Ek, en al die leerlinge weet dit ook, en daarom beskou ons hierdie saak as afgehandel, jy word deur die besnydenis en die wet, as `n egte Judeër beskou, dan moet jy jou tong ook sterk in bedwang hou. Maar dit was goed, dit wat jy gesê het, en daarom is die saak hiermee afgehandel. – Bring My nou egter na die skool (sinagoge) van Násaret! Ek sal die volk leer, sodat hulle kan insien in watter tyd hulle nou leef!" (Matthéüs. 13:54)

[11] Moeder Maria vra of Ek gedurende die middag na die huis toe sal kom.

[12] Ek sê: "Wees nie besorg of Ek sal kom of nie; dit is voldoende dat Ek alle sorg op My neem! Maar vanaand sal Ek kom."

[13] Sarah vra of hulle met My mag saamgaan na die skool toe.

[14] Ek sê: "Sekerlik, kom jy maar, ofskoon die vrou volgens die wet die skool (sinagoge) nie behoort te betree in die geselskap van `n man nie. Maar dan sal almal nou anders word; want die vrou het net soos `n man alle reg op My Liefde en Barmhartigheid, wat van God die Vader is wat vanaf My uitgaan. En gaan jy dus maar heel bly, vrolik en vol vertroue saam en leer in die skool ook om in te sien watter tydperk nou aangebreek het - laat ons dus gaan! Maar, Sarah, jy bly naby My en sal vir My as `n belangrike getuie dien! Hou daarom hierdie grafkleding aan; want ook hierdie kleding sal vir My getuig! – Kom ons gaan nou!"

[15] Na My woorde gaan ons dadelik na die skool toe.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205