Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Julius vertel

163 "Ek (Julius) sê vir julle: Met hierdie mense moet sonder baie omhaal ongenadig mee afgereken word, anders kan daar saam met hulle nie gelewe word nie. Ek was daar beslis nooit mens om `n soort plesier daarin te skep wanneer ek deur omstandighede gedwing word om `n kwaai verstokte sondaar te moet straf nie. Altyd het ek presies alle omstandighede wat so `n mens tot die misdaad kon gebring het, oorweeg. Maar hierdie Judese tempeldienaars sou ek selfs eiehandig en met plesier die kop van die lyf kon slaan, omdat hulle regtig die ergste en hardnekkigste misdade begaan teenoor die arme mensdom. Hulle eie, baie miserabele soort oordrewe religieuse moraal grens, op die keper beskou, aan die sataniese!

[2] Ek het, toe ek in Jerusalem gestasioneer was, myself met eie oë en ore daarvan oortuig hoe hulle by `n mens, wat slegs `n paar geldstukkies in sy sak gehad het, die hemel en die hel aanroep om sy geld aan God te offer! Die goeie, maar natuurlik swakke mens het werklik `n geldstuk afgestaan, en verontskuldig hom daarvoor dat hy die tweede geldstuk nie kon gee nie, omdat die reis huistoe nog ver was, en dat hy sonder die een geldstuk onderweg sou verhonger! Maar dit help niks nie! Die fariseërs oortuig hom daarvan dat dit vir sy siel in die hoogste graad seënryk sou wees om uit liefde en eerbied vir God en Sy tempel op die terugweg te verhonger! As hy egter die geld sou behou, dan sou sy siel in der ewigheid nooit tot die veel geroemde aanskouing van God kan kom nie, en dit sou haar lot wees om vir ewig in die vlamme van die toorn van God te brand! Hierdie mens word toe bleek, begin te bewe, gryp met bewende hand na sy laaste geldstuk en offer dit ook. Toe mompel die kêrels so iets soos `n gebed vir die arme duiwel en gelas hom vervolgens om weg te gaan.

[3] Maar ek gaan agter die treurige mens aan, en toe ons heeltemal buite die tempel was gaan ek na hom toe en sê vriendelik ernstig aan hom: 'Goeie vriend, hoe kon jy nou tog so swak wees om jou deur hierdie rowers jou laaste besit uit die sak te laat klets!? Wat hulle in die tempel aan jou gesê het, dit het hulle self nog nooit geglo nie, maar hulle weet dat swakke mense hulle in hul blindheid as alwetende halfgode beskou, laat hulle uit bangheid al hul besit afgee en verbras dit dan deur baie luuksueus te lewe, terwyl die arme onderweg van honger sterf. - Hier is vir u twee ander geldstukke in die plek daarvoor en gaan nou huistoe! Maar kom beslis nie weer hierheen terug nie! Want ek sê vir jou: Hierdie skynbare godshuis is `n rowershool en `n moordkuil waaraan `n egte God nooit `n welgevalle kan hê nie!'

[4] Die mens kyk my `n oomblik baie verbaas aan, neem die geld uit my hand en sê uiteindelik: 'Groot meester! U moet wel meer weet as ek, u sal seker gelyk hê!' - Toe verlaat hy my en gaan na sy geboortestreek.

[5] Soortgelyke voorvalle het ek in die tempel egter duisend maal gesien. Ek was selfs daarby toe so `n sieleherder `n dogter bewerk het wat `n ryk moeder gehad het. As verstandige en verlig denkende vrou het die moeder die tempel staande offerblok nog nooit `n geldstuk ryker gemaak nie. Die sieleherder lê aan die dogter glashelder uit dat sy ewig verlore sou wees as sy haar nie tot die uiterste sou inspan om haar moeder heimlik van al haar geld te beroof nie, en die geld aan die tempel te offer. Gelukkig was die dogter eweas haar moeder Samaritaans gesind, en dit geluk die huigelaar en bedrieër nie om die dogter tot diefstal te verlei nie, wat my baie genoegdoening verleen het.

[6] By sulke geleenthede het ek meer as eenmaal gedink: As ek landvoog in Jerusalem was, sou die tempel al lankal van al die gespuis gesuiwer gewees het! Maar as iemand wat baie laer is as `n Romeinse landvoog, kan ek niks anders doen as om maar net sy bevel uit te voer nie.

[7] Met Pontius Pilatus was en is egter niks uit te rig nie. Hy is `n natuurvors, `n boesemvriend van die geleerdes van Pompeii en Herculanum, en bekommer hom weinig oor regeringsake. Hy laat Herodes en die tempelpriesters na willekeur heers, solank hulle hul skatting aan Rome net betyds en korrek betaal. Gelukkig hoort ek nie by die personeel van Pontius Pilatus nie, maar by dié van Cornelius, en hy staan weer onder die wyse en heel regverdige ou vader Cyrenius, wat net soos ek `n geswore vyand van Jerusalem is. Daarom kan ek deur my vrye, en van Jerusalem die hele onafhanklike betrekking, die fariseërs en die godloënde skrifgeleerdes heel gepas bedien as hulle my toevallig op die lyf loop. U, my God en Heer, sal my dit tog seker nie as sonde reken nie!?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205