Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Genésaret. Oor die volg van Jesus

164 Ek sê: "Wat My betref is jy sonder skuld; let egter steeds daarop by jou bestuurshandelinge wat op mense betrekking het, dat jy daarby nooit vergeet dat ook die sondaar jou broer is nie!

[2] As jy in jou hart toorn voel oor die sondaar wat die geregtelike straf verdien het, neem die tugroede dan uit jou hand. In toorn is sy nooit `n heilsame wegwyser nie, maar `n slang, wat in die wond wat sy die wandelaar deur haar byt toebring, geen heilsame balsem nie, maar `n dodelik gif inspuit, wat die gewonde die dood bring.

[3] Glo ook nie dat jy `n vyand kwytraak deur hom die doodstraf te gee nie! Want as hy in die aardse lewe slegs `n enkele vyand van jou was, dan sal hy na sy liggaamlike dood as vrye gees `n honderdvoudige vyand van jou word, en jou jou lewe lank met honderde kwade sake kwel, en jy sal geen middel kan vind om jou te bevry van jou onsigbare vyand nie.

[4] Dus, as jy iemand straf, straf hom dan in liefde en nie in toorn nie! Maak dit daarom in die vervolg met die fariseërs nie te bont nie! Bedink dat hulle blinde leiers van blindes is!' Maar dit is die wêreld wat hulle blind gemaak het, en dié is van die satan, wat jy leer ken het.

[5] Kyk, in My is alle mag en gesag oor hemel en aarde. Ek sou hulle almal met één gedagte kon vernietig, en tog verdra ek hulle met groot geduld tot op die regte oomblik, wanneer hul maat vol is.

[6] Ook vir My maak die mense toornig en My hart maak hulle deur hul onverbeterlikheid treurig; maar tog verdra Ek hulle en kasty hulle steeds in liefde, sodat hulle hul sal verbeter, en kan ingaan in die ryk van die ewige lewe, waarvoor hulle geskape is. As jy dus `n goeie regter wil wees, dan moet jy My in alles navolg!

[7] Dit is natuurlik makliker om `n oordeel oor iemand uit te spreek as om `n oordeel te verdra. Maar wie die oordeel van `n veroordeelde mens op hom neem, en dan sorg dat die veroordeelde weer op die goeie pad kom, hy sal eendag in God se Ryk `n groot naam hê. - Dink almal goed aan wat Ek nou gesê het! Want as Ek dit só bepaal en wil hê, dan kan julle dit tog nie anders wil hê en doen nie!? Ek is die Heer oor lewe en dood! Slegs Ek weet wat die lewe is, en wat daarvoor nodig is om dit vir ewig te behou, en dit in alle geluksaligheid te geniet!

[8] As julle My leer sal navolg, dan sal julle die lewe in alle geluksaligheid behou. Maar as julle teen My leer in handel, dan sal julle die lewe verloor en die dood ingaan, wat die ongelukkigste toestand van alle lewe is, `n vuur wat nooit uitdoof nie, en `n wurm wat nooit sterf nie!"

[9] Die hoofman sê: "Heer, ek sien die noodsaak van dit alles maar al te goed in, maar ook die verskriklike moeilikheid om streng daarvolgens te lewe. Om klein heuweltjies gelyk te maak is nie so `n groot kuns nie, maar as ons teenoor hele berge moeilikhede en hindernisse te staan kom, dan is dit ook al heeltemal onmoontlik om `n regte weg verder deur te trek. Dan, Heer, moet U ons help!"

[10] Ek sê: "Juis daarom het Ek dan ook na hierdie wêreld toe gekom om julle almal hulp aan te bied waar julle uit julleself geen uitweg meer sou gevind het nie! Vertrou en bou daarom altyd op My Naam en daardeur sal vir julle dit wat onmoontlik lyk, moontlik word! - Maar nou gaan ons weer huistoe, want die son gaan al byna onder."

[11] Die leier van die skeepsknegte vra toe tot wanneer hy die skip vir `n moontlike afvaart gereed moet maak.

[12] Ek sê: "Julle moet elke uur gereedstaan om te kan wegvaar, sodat die meester van die skip, as hy voortydig sou kom, julle nie lui en werkloos sal vind en julle dan julle loon ontneem en ontslaan nie! Ja – om God te dien is lig, maar om die mense te dien is swaar!"

[13] Die leier van die skeepsknegte vra verder: "Heer, gestel dat die fariseërs, wat gister vermoedelik as sendelinge en bekeerders na Jesaira getrek het, om die Judeërs wat merendeels na die Hellenisme oorgegaan het, weer vir die tempel te wen, môre weer hiernatoe sou terugkom. En gestel dat hulle met ons `n twisgesprek wil begin oor die 47ste Psalm, soos wat hulle ons beloof het, wat moet ons dan aan hulle sê?"

[14] Ek sê: "Beloof hulle dan sewe geldstukke as hulle die Psalm goed kan uitlê; lê hulle hom sleg uit, dan kry hulle niks. Kan hulle hom egter glad nie aan julle uitlê nie, dan moet julle die reg hê om van hulle sewe goeie geldstukke te eis, en hulle, as hulle die betaling sou weier, onder bedreiging van militêre hulp, van hulle af te neem!"

[15] Die hoofman sê: "Kom dan maar na my toe, dan moet hulle sonder verskoning sewe maal sewe geldstukke betaal!"

[16] Die skeepsknegte is dit hiermee heeltemal eens en ons gaan na die stad en daar na die huis van Ebahl waar die bediendes druk besig is om `n goeie aandete vir ons klaar te maak, want die son het al ondergegaan. Die hoofman neem die tweehonderd pond silwer in ontvangs en gee dit aan Ebahl met die woorde: "Neem dit aan as `n klein skadeloosstelling vir die talle honderde en nogmaals honderde armes en siekes wat jy verpleeg het, en van wie jy nooit ook maar `n oortjie verlang het nie! Jy is egter die enigste mens in die stad wat die naam van mens verdien! Al die ander volke van hierdie stad verdien dié erenaam nie; want hulle is morsdood, hulle bekommer hulle niks nie en voer ook niks uit nie! Dink julle dat al die wonders wat hier in hierdie paar dae gebeur het, ook maar enige indruk op die volk gemaak het? Sekerlik nie! Hierdie bangjanne loop rond asof daar niks aan die gebeur is nie! Ja, die siekes het hulle wel laat genees, maar het nouliks daarvoor dankie gesê, en dink daar nou ook nouliks meer aan nie dat hulle siek was en dat hulle van hul siekte besonder wonderbaarlik genees is! Daarom is Ebahl ook die enigste mens in hierdie stad; al die ander is egter meer dier as mens!"

[17] Ebahl neem die geld aan met die opmerking dat hy dit slegs vir die beste en vir die mees dienende doeleindes vir die mense sal gebruik.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205