Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 166

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Slim soos slange en sag soos duiwe

166 Jarah antwoord halfluid en ietwat verleë: "Nou ja, in daardie geval moet dit beslis korrek wees. As jy my dit vroeër vertel het, sou ek egter geen opmerking teenoor jou gemaak het nie! As mens ter wille van die bekende onaantasbaarheid van die menslike wil, met alle moontlike sagte middele niks kan uitrig nie, bly daar natuurlik niks anders oor as om `n onaangename middel te gebruik nie. Nou ja, ons sal mekaar goed begin verstaan, jy moet maar net nie dadelik so heftig reageer nie! Jou sagte manier van praat geval my baie goed, maar as jy heftig word en my letterlik onder jou woorde toegooi, dan is selfs die suiwere waarheid nie aangenaam om uit jou mond aan te hoor nie.

[2] Ek vind dan ook dat in die toekoms alle hemelse geeste, al is hulle ook hoe volmaak, hulle moet inspan om minstens so te praat soos die Heer en Skepper van alle geeste, sonne, wêrelde en mense! Ook by die ernstigste sake bly die woord van die Heer so sag klinkend soos die sagste wol van `n lam, en Sy Woorde stroom soos melk en heuningwas. Daarom moet elke leraar en herder homself volgens Hom rig, want in `n sagte spreektoon lê na my mening tog steeds die grootste krag! Wie wil skreeu en heftig praat, krenk dikwels diegene wat hy eintlik wou genees. Let eers op die steeds vriendelike gesig van die Heer teenoor vriend en vyand, en wie kan hom dan verwonder dat siekes gesond word as Hy slegs na hulle kyk?! So, liewe Rafael, moet jy ook in woord en daad ten opsigte van my en elkeen wees, dan sal elkeen van jou voetstappe op hierdie aarde seën versprei!"

[3] Nou druk Ek Jarah teen My bors vas en sê aan almal wat hier aanwesig is: "Tot op hede is sy My volmaakste leerling, by wie Ek regtig My engele aan die leer kan sit, want sy het My die diepste in haar opgeneem en die lewendigste verstaan. Daarom besit sy dan ook My volledige liefde.

[4] Waarlik, as julle sal uitgaan en die volke in My Naam leer, dink dan aan die woorde wat die liewe en tere meisie nou aan My engel toegevoeg het, dan sal julle orals waar julle gaan en staan, geseënd wees! Wees geduldig en in alles sagmoedig, dan sal julle `n ryke seën in die harte van die mense saai! - Maar My engel Rafael móes so praat om daarmee My liewe Jarah tot hierdie uitspraak uit te lok, want origens is sy net so stil soos `n sagte verkoelende aandbriesie en so sag soos die sagste wol van `n lam."

[5] Almal neem hierdie woorde goed in hulleself op en was heeltemal eens daarmee. Slegs die hoofman sê: "Dit is alles goddelik, suiwer en waar, maar as ek te saggies sou praat met my soldate, dan sou ek daarmee `n slegte figuur slaan en die soldate sou my nouliks gehoorsaam! As ek egter behoorlik begin te bliksem en te donder, dan gaan alles goed en feilloos!"

[6] Ek sê: "Hier is ook nie so baie van `n uiterlike, maar meer van `n innerlike ware sagmoedigheid ter sprake. Wanneer dit absoluut nodig is om wys gebruik te maak van die hemelse onaangenaamheid, doen dit dan, want die eintlike reël vir alle wysheid is: 'Slim wees soos slange en daarby tog sag soos duiwe!'"

[7] Die hoofman sê met `n gesig stralend van vriendelikheid: "Heer, dit is vir my nou heeltemal duidelik; die daad van `n regverdige word dus deur God geregverdig! Maar daarby moet jy wel goed kan reken, sodat jy jou nie in jou veronderstelde wysheid verreken nie. Ek bedoel daarmee volgens die kuns van Euklides, dat wanneer mens by `n bepaalde hoeveelheid wysheid `n gelyke hoeveelheid liefde, geduld en sagmoedigheid bytel, tot `n foutlose antwoord kom!

[8] Ek sê: "Ja, ja, so kan die berekening die beste gemaak word om seker te wees van `n geseënde resultaat, en alle geregtigheid en elke oordeel sal daardeur volkome geregverdig word! Dit is `n fondament waarop verder gebou kan word; as daar egter geen fondament is nie, kan daar ook geen gebou opgesit word nie. Lê daarom altyd so `n fondament voordat jy gaan bou, dan sal jou moeite nie tevergeefs wees nie!

[9] Julle is uit God en moet daarom ook in alles aan God gelyk wees, God neem egter tyd daarvoor as Hy skep. Eerste is daar die saad, daaruit kom die kiem. Uit die kiem groei die boom; dit vorm eers knoppe, dan blare, dan blomme en dan die smaaklike vrug, waarin weer die oorspronklike saad gelê is, en vir die verdere voortplanting in die vrug ryp word.

[10] Soos wat dit in die kleine met `n plant gebeur, so gaan dit ook met `n hele wêreld. Die son verrys nie onaangekondig bo die horison nie, en aan `n storm is daar altyd waarskuwende tekens vooraf, wat goed herkenbaar is.

[11] As God Self nou heel nougeset en met die grootste geduld en uithouvermoë in alle dinge so `n orde in opeenvolging aanhou, dan sal julle, as My egte leerlinge, My tog ook in alles wat Ek julle getoon het, en waarvoor Ek julle die weg gebaan het, navolg, sodat julle nie sal verdwaal op julle selfgemaakte weg nie! - Het julle dit almal goed verstaan?"

[12] Die hoofman sê: Heer, ek het wat my aanbetref, alles goed verstaan en glo dat onder ons niemand meer gevind kan word wat hierdie sonheldere, hemelse waarhede nie verstaan het nie. Daarvoor dank ons U en gee ons U alle eer!"

[13] Ek sê: "Jy dink dus dat al hierdie aanwesiges My woorde verstaan het?! Ja, hulle het dit ook verstaan, ook dié een het dit verstaan - met sy hoof, maar nie met sy hart nie!"

[14] Hierdie woorde maak almal verleë, en die leerlinge vra My wie Ek bedoel het.

[15] Maar Ek sê: "Dit is nou nog nie die oomblik om dit van die dakke af te roep nie, maar as die tyd sal kom, sal julle julleself wel aan hierdie woorde van My herinner. Wie van julle nou egter ook maar enige vermoede koester, moet dit in sy hart bewaar, want geen boom moet voor sy tyd gevel word nie!"

[16] Na hierdie woorde van My verstaan die leerlinge wel dat Ek Judas Iskariot bedoel het, maar hulle swyg, en laat deur niks hul gegronde vermoede merk nie.

[17] Matthéüs en Johannes vra My of hulle hierdie glansryke leer mag opskryf tot verlossing van die mense.

[18] Ek sê: "Julle kan die leer van liefde, sagmoedigheid en geduld voorlopig wel op `n heilige blad opskryf - maar nie by dit wat reeds in die hoofboek opgeskryf is nie, want Ek sal nog dikwels daaroor praat, en sal wel aan julle sê wanneer julle dit moet opskryf. - Laat ons nou egter gaan rus en ons nogmaals oefen in die innerlike selfbeskouing, wat gelyk staan aan `n egte sabbatsviering in God!"

[19] Nadat Ek dit gesê het, word alles stil in die huis en so sit ons vir ongeveer drie ure.

[20] Daarna sê Ek: "Nou is die sabbat gehou en kan ons ook ons ledemate die nodige rus gee!" - Toe gaan elkeen bed toe vir die liggaamlike rus, en dit was al taamlik laat in die oggend voordat ons opgestaan het.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205