Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 172

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die lewe kan slegs deur stryd behoue bly

172 Onder hulle was ook `n groep Grieke, wat hulle baie oor die leer verbaas het en een van hulle sê: "Ja, hierdie leer stam uit die natuur. `n Mens, wat vir miljoene mense wette moes uitvaardig, sou konkrete of willekeurige wette uitgedink het. Hy sou self die meeste profyt wou hê van die navolging van sy wette. Maar hierdie leer bevat wette wat in die eerste plek basisvoorwaardes is vir die lewe van die mense, en wat sodoende ook baie geskik is om dit onder die beste, suiwerste en aangenaamste omstandighede vir ewig te behou. Daar blyk nêrens iets van eiebelang en nog minder van die een of ander heerssug te wees nie, maar daar is vir elke enkeling persoonlik gesorg, en dus ook vir `n gemeenskap van tallose mense! Waarlik, as hierdie leer erken word en dan algemeen nagevolg word, sal die aarde self net soos `n hemel word!

[2] Maar, en dit is `n groot maar, daarvoor het jy egter `n hele nuwe geslag nodig! Die onverbeterlike mensetrop moet van die aarde verdelg word, anders sal dit in der ewigheid nooit anders word op hierdie aarde nie! Die luukse en die gemaksug het `n te hoë vlak bereik, die maghebber weet hoe om die arme, swakke en onmagtige mens te benut, en daarom is min mense gelukkig, en verskriklik baie mense moet gebrek ly! Daardeur gebeur dit dat die arme drommel uiteindelik begin twyfel aan die voorsienigheid van God, terwyl die ryke en magtige van louter geluk en welvaart God vergeet, en die gevolg is dat beide dan uiteindelik in die hande van die duiwel val!

[3] Ja, Majesteit en Heer, U leer bevat die suiwer goddelike waarheid, ja ek sou selfs sê: Dit is al self suiwer lewe. Maar dit is bejammerenswaardig dat dit definitief nie deur die ongelowige bolaag van die wêreld aangeneem sal word nie, omdat hulle vir hulleself op heidense wyse op aarde al so `n plek verower het, dat hulle volgens aardse begrippe baie goed kan leef. Adam sou ondanks sy geroemde Eden `n arme sukkelaar gewees het vergeleke met `n Caesar Augustus of `n Lucullus en nog honderde ander soos hy. 'Dit kan `n mens hom deur Zeus, Apollo, Mercurius ens. verskaf, `n mens kan naas hierdie fantasiegode oneindig goed lewe! Waarvoor dan waarheid, waarvoor liefde, sagmoedigheid, geduld en wysheid?' So sal die groot en magtiges van die aarde filosofeer en U egte, heilige leer van die vriendskap by elkeen agtervolg, soos wat die hongerige wolwe `n lam agtervolg.

[4] Hoe sal iemand hom ooit by U goddelike leer van die vriendskap tuis voel, as slawerny van sy naaste vir hom die vernaamste voorwaarde is vir sy goeie lewetjie? Ja, Majesteit en Heer, en enigste egte Verlosser van die arme lydende mensdom, gaan maar, doen wonders, predik die ewige slawerny, en toon die wegkwynende volk dat `n Caesar slegs die reg het om op die aarde te lewe, en die volk slegs maar in soverre hulle Caesar behaag! Getuig verder luidkeels dat Caesar die onbetwisbare reg het om na willekeur oor elkeen se lewe en dood te beskik, en alle skatte en goedere van die aarde in beslag te neem, dan sal die mense U weldra koninklike klere aantrek en U sal rondgaan in groot prag en majesteit!

[5] Maar omdat U leer algemene broederskap predik en van elke mens `n kind van God maak, sal U, goeie, vir my waarlik heilige Heer, met U leer op onvoorstelbare wyse vervolg word."

[6] Ek sê: "Vriend! Wat jy nou gesê het is bejammerenswaardig genoeg waar; dit sal baie harde stryd kos voordat die groot en magtige heidene My leer volledig sal aanneem! Maar as dit tog eenmaal deur hulle aangeneem word, dan sal juis die Caesars en die konings My effektiefste en ywerigste apostels wees! Self sal hulle die afgodstempels afbreek en op hulle plekke huise vir God oprig, waarin die broers tesame sal kom om daar die Een, alleen ware God die eer te gee. En hulle kinders sal in die huise vir God onderrig word in die leer wat Ek nou aan die mense gee vir hul tydelike en ewige verlossing.

[7] Dit sal natuurlik nie vandag of môre gebeur nie, maar na die regte tyd en onder die regte omstandighede; want eers moet die saad gesaai word, daarna ontkiem dit, en uiteindelik gee dit baie vrugte.

[8] Maar dat daar by My leer daarna, deur die eintlike wêreld wat nie sal sterwe nie, altyd aangevoeg sal word, dit weet Ek al eeue lank.

[9] Ja, hierdie baie sagaardige leer van My sal mettertyd selfs die bloedigste oorloë ontketen, maar ook dit kan nie vermy word nie, want die lewe ontstaan uit `n geweldige stryd in God, en is en bly daarom `n voortdurende stryd, en kan slegs deur die aangehoue stryd in stand gehou word! - Verstaan jy dit?"

[10] Die Griek sê: "Majesteit en Heer, dit is vir mense wat soos ons is, te moeilik! Dit kan U en U leerlinge goed verstaan, maar vir my is dit te onbegryplik en te ondeurgrondelik wys!"

[11] Ek sê: "Ja, ja, dit glo Ek ook; maar tog is en bly dit ewiglik so, soos wat Ek dit jou nou uitgelê het!"

[12] Ook al die ander van die volk verbaas hulle baie oor hierdie toespraak van My en enkeles sê onder mekaar: "Ons oudste, die wyse Griek gebore in Patmos, het regtig baie wys gepraat, maar jy kon tog duidelik sien dat dit slegs `n mens was wat gepraat het. Maar wanneer hierdie Man en Heer praat, wat nog so jonk is, is dit asof dit nie Hy nie, maar God se Gees is wat Self deur Hom praat. En elke Woord uit Sy mond raak jou hart aan net soos `n ou, goeie wyn, en maak haar deur en deur bly." – Na hierdie word daar nog baie dergelike opmerkings gemaak, veral op die derde dag toe die volk al baie meer in My leer ingewy was.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205