Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 173

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Wonderbare spysiging van die vierduisend

173 Daar moet hier vermeld word dat die volk van pure vreugde en verwondering oor My vriendelikheid en oor My leer, vergeet het dat daar niks meer te ete en te drinke was nie. Teen die aand word hulle egter tog honger en hulle begin vir mekaar te vra of een van hulle mondvoorraad by hom het. Maar die vraag was tevergeefs, want hulle het al op die voorafgaande dag al hul saamgeneemde voorraad tot op die laaste broodkrummel opgeëet.

[2] Omdat Ek dit baie goed raaksien, roep Ek die leerlinge na My toe en sê vir hulle: "Luister! Ek het met `n volk te doen wat al drie dae by My gebly het, en wat nou niks meer te ete het nie. Ek wil nie die wat honger is wegstuur nie, want dan sou hulle onderweg na hulle huise kon omkom (Matthéüs. 15:32), want daar is uit die volk die wat van ver gekom het. Gee julle vir hulle te ete!"

[3] Die leerlinge sê: "Heer, U weet tog hoe ver ons voorraad al gedaal het! Hier in die buurt is niks, waar moet ons soveel brood vandaan kry om die volk voldoende te gee?" (Matthéüs. 15:33)

[4] Daarop vra Ek aan die leerlinge: "Hoeveel brode het julle nog in voorraad?"

[5] En die leerlinge antwoord: "Nog sewe brode en `n paar vissies, wat nog goed is." (Matthéüs. 15:34)

[6] Toe sê Ek aan die leerlinge: "Bring die brode en die visse hier!"

[7] En die leerlinge gaan haal die brode en die visse. Ek seën beide die brood en die visse. Daarop gee ek opdrag dat die volk op die grond moes gaan sit. (Matthéüs. 15:35) Toe die volk gaan sit, neem Ek die brood en die visse, dank die Vader, wat in alle volheid in My hart woon, vir die seën, breek daarna sowel die brood as die visse in stukke, en gee hierdie stukke aan die leerlinge, en dié gee dit aan die volk. (Matthéüs. 15:36) En kyk, almal het na hartelus soveel as wat hul maag gevra het, geëet en versadig geword. Meer as dit kon hulle nie eet nie, en daar het soveel stukke oorgebly dat `n mens daarvan sewe groot mandjies vol kon insamel. (Matthéüs. 15:37) Die aantal mense wat gevoed was, was vierduisend manne en net soveel vroue en kinders, wat nie saamgetel is nie. (Matthéüs. 15:38)

[8] Noudat die volk dus versadig was, beveel Ek hulle om weer huis toe te gaan. En die volk staan weldra op, omdat die dag al vinnig na sonsondergang loop. Groot en klein en jonk en oud bedank My en begeef hulle op die tuisweg.

[9] Toe die volk na `n halfuur al heeltemal weggestroom het, en daar buiten My en die leerlinge niemand hulle meer op die bergtop bevind het nie, gaan Ek saam met die leerlinge ook van die berg af na die oewer van die see, waar daar juis `n leë skip was en wat op `n vrag gewag het. Ons kom dus baie geleë. Maar toe die skippers My herken, buig hulle diep voor My, want hulle het My van Kana in Galiléa geken. Hulle vra daarom ook geen loon nie, maar smeek My vir `n seën op hulle nuwe bedryf wat hulle begin het.

[10] En Ek sê aan die skippers: "As dit vir julle nie te ver uit julle rigting is nie, stuur die skip dan na die grens van Magdala, waar Ek iets te doen het!" - En die skippers maak die skip los van die aanlegpaal, en spoedig kom daar `n gunstige wind wat die skip in `n kort tydjie tot aan die grens van die gebied van Magdala dryf. (Matthéüs. 15:39)


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205