Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 183

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Cyrenius word aangekondig

183 Toe ons na `n paar tellings onder kom, staan die middagete al klaar en ons gaan buite aan die groot tafel sit wat gereedstaan in die digte skaduwee van `n kastaiingboom. Goed voorbereide visse, brood en wyn en lekker vars vye word in ruim mate bedien, sodat ons, so `n dertig man bymekaar, meer as genoeg te ete gehad het. Die maaltyd gaan heel gesellig verby en Markus, die spraaksame, ou regskape krygsman vertel ons, op sy aangebore aanskoulike manier van vertel, baie van sy belewenisse. My leerlinge was daardeur in die geleentheid geplaas om die wêreld ontdaan van alle fraiings voor hulle te sien, en daar vir hulleself baie uit te haal ten voordele van die mensdom wat later aan hul leiding toevertrou sou word.

[2] Na die meer as twee uur durende tafelsitting, het daar uit die stad `n bode vir Markus aangekom en hom die berig gebring dat die ou opperstadhouer, Cyrenius, omstreeks die middel van die dag in Césarea-Philippi aangekom het. As hy wou, kon hy, as soldaat wat die opperstadhouer goed geken het, daarheen gaan en sy armoedige omstandighede, wat welbekend was, na vore bring. Dan sou die opperstadhouder vir hom doen wat moontlik was.

[3] Markus antwoord die bode: "Sê aan my ou strydmakker dat ek my aan sy voete sal lê en hom talle kere sal dank vir sy geëerde herinnering van my baie armoedige toestand! Maar ek sal hierdie keer geen gebruik kan maak van sy barmhartigheid, as ek daarvoor na die stad moet gaan nie, want ek het gaste, waarvan die hoogste, die Majesteit en Heer, my wonderbaarlik van my vroeëre armoede bevry het. Hierdie Majesteit en Heer het my beloof om vir ses volle dae by my te bly, en daarom sou ek dit as `n groot oortreding beskou as ek Hom ook maar net vir `n oomblik sou verlaat. As my ou krygsmakker dit egter nie te ver benede sy hoë keiserlike waardigheid sal ag om `n wandeling na my hier buite te maak nie, dan sal alles hier gedoen word om hom so waardig as moontlik te ontvang!"

[4] Die bode sê: "Uitstekend, ek sal die hoë gebieder woordeliks alles so oorbring soos wat u dit my gesê het!" - Daarop groet die bode, klim op sy muildier en vertrek so gou moontlik.

[5] Toe die bode nie meer in geen veld of weg te siene was nie, sê Markus: "Ek hoop nie dat die hoë stadhouer my die antwoord sal kwalik neem nie!"

[6] Ek sê: "Bekommer jou maar nie daaroor nie! Ek sê vir jou: As hy sal hoor dat Ek kennelik hier is, sal hy geen tien tellings wag met die besluit om hierheen te kom nie, en dan kan jy jou maar voorstel wat die Glansrykheid van God is! Want weet dat Cyrenius vir My al My lewe lank ken!"

[7] Markus sê: "Dit sal wel so wees, maar hy is in die wêreld `n te hooggeplaaste persoon, en moet daarom ter wille van die dom mense baie nalaat, wat hy andersins beslis sou doen, en daarom twyfel ek tog sterk daaraan of hy my die groot barmhartigheid van `n besoek sal kan bewys."

[8] Ek sê: "Voordat jy driemaal na die bekende plekkie omhoog en weer terug gegaan het, sal hy hier wees: Nouliks sal die bode hom die berig oorbring, of Cyrenius, wat sy maaltyd nog nie gebruik het nie, sal sonder enige getalm alles laat lê en opstaan en hom met sy hele gevolg hierheen haas om My te sien en met My te praat.

[9] Sê maar aan jou vrou en dogters dat hulle dadelik nog `n maaltyd vir hom en sy mense moet klaarmaak; want omdat hy en sy geselskap nie in die stad sal eet nie, sal so `n maaltyd hom baie wenslik en welkom wees!"

[10] Markus roep dadelik sy vrou en sy ses dogters uit die hut en sê dat hulle vir die aankomende opperstadhouer Cyrenius `n maaltyd moet voorberei, en wel voldoende vir ongeveer nog dertig persone!

[11] Die vrou kyk Markus stom verbaas aan en weet nie of dit nou miskien erns of skerts was nie. Maar Markus laat haar tog dadelik na die kombuis gaan, en die vrou begin die opdrag uitvoer.

[12] Tewens gee Markus beide sy seuns opdrag om vanaf die heuwel uit te kyk, en as hulle die een of ander glinsterende skare uit die stad sou sien aankom, om hom dadelik te waarsku. Beide seuns gaan dadelik verby die baai tot by die plek vanwaar `n mens `n vry uitsig op Césarea- Philippi het, en hulle ontdek die glinsterende skare terwyl dié al aan die end van die breë straat sy skrede rig na die smalle voetpad, waaroor mens binne `n kort kwartier maklik die huis van Markus kan bereik.

[13] Toe beide seuns dit sien, hardloop hulle dadelik asemloos terug en vertel wat hulle gesien het.

[14] Toe vra Markus: "Majesteit en Heer, nou moet ons hom tog wel op eg Romeins eerbiedige manier tegemoet gaan!?"

[15] Ek sê: "O nee! Wie ter wille van sy heil hom gedwonge voel om na My toe te kom, hy kom tog wel, al gaan ons hom nie tegemoet nie! Maar Cyrenius is groot van gees en het dit nie nodig dat `n mens hom tegemoet gaan nie. Slegs wanneer iemand wat swak van siel en liggaam is, die weg na ons ingeslaan het, moet ons hom tegemoet gaan, sodat hy nie halfpad moeg word, bly lê en omkom nie!"

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205