Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Materie en gees

195 Josoë sê: "Dit beteken, dat daar geen materie in die hemel kan binnekom nie. Daarom los hierdie engel iedere stoflike spyse vooraf op in iets geesteliks en neem daarvan dan slegs die suiwer geestelike op. Die jongman is `n suiwer geestelike mens uit die hemele en is as sodanig ook `n beeld van die hemele op `n baie klein skaal. Die voedsel kom ooreen met ons wêreldse mense, wat nou nog begrawe lê in ons materie. Die materie is weliswaar, netsoos hierdie voedsel, al goed voorberei in die vuurherd van hierdie groot Heer, wat dit vir ons geleer het en Hom liggaamlik nog onder ons bevind - maar tog kan ons met hierdie liggame van ons nie die hemelryk binnegaan nie.

[2] As ons egter deur God geroep word om hierdie wêreld te verlaat, dan sal `n engel van God vooraf ook dit met ons doen wat hierdie een nou met die voedsel doen. Dit wil sê, hy sal in één oomblik al die geestelike uit die materie vry maak. Die materie gee hy oor aan die volledige ontbinding, maar die siel en haar lewensgees en ook alles wat hulle in die materie bevind en wat by die siel hoort, sal hy, terwyl hy dit saamvoeg tot `n volmaakte mensevorm volgens die ewige onveranderlike wil van God, na die geestelike wêreld toe oorbring! - Kyk, dit is wat jy leer en moet weet uit wat vir jou vreemd voorkom uit die manier van eet van die magtige hemelse jongman!"

[3] Baie verwonderd oor die wysheid van Josoë, sê Markus: "Ek het vroeër al gemerk dat jy `n jongeling is wat baie wyser is as wat jou jare aantoon, maar vir só wys het ek jou tog nie aangesien nie! Jy het my `n baie belangrike les gegee, waarvoor ek jou altyd baie dankbaar sal bly. Maar glo my, die dors na kennis van die mens word steeds hewiger na gelang hy meer weet, en ek poog nou om behalwe jou les ook nog te hoor hoe die materie dan opgelos word!"

[4] Josoë sê: "Vriend, dit is weliswaar nie goed as die mens te veel weet nie, maar dit kan jy wel onthou! Kyk, die materie is eintlik niks anders as gees, wat deur die almagtige Wil van God gebonde is. `n Engel is niks anders as die verpersoonlikte simbool van die almagtige Wil van God; hy kan dus niks anders wil as net dit wat God wil nie.

[5] As God ooit die materie wil ontbind, dan word dit deur so `n almagtige menslike vorm van die wil van God beetgekry, die wet wat dit saambind word opgehef, en alle materie verdwyn oombliklik uit die bestaan, gaan in haar oergeestelike element oor en bly dan dit wat dit oorspronklik was, maar dan meer veredel en meer volkome.

[6] Tallose vroeër enkelvoudig bestaande kragte word verenig tot één groot volkome individu, en dit sal `n volmaakte geestelike mens wees, soos wat God dit ewiglik wou hê! - Het jy dit verstaan?"

[7] Markus sê: "Ja wel, dit het ek verstaan, maar ek vra nou nie meer verder nie. Want jou wysheid gaan te duiselingwekkend hoog bo my natuurlike verstand! Maar wat ek wel graag sou wil hoor, is dit: `n gesprek van jou met die meisie Jarah wat net so wys is soos jy. Dit moet werklik `n ware geestelike genot wees, soos wat mens dit in die hemele nouliks ooit beter sal kry!"

[8] Josoë sê: "Weet jy, dit is nou weer `n bietjie ondeurdag van jou! - Kyk eers na die twee bekers wyn! Sou dit verstandig wees om die een volle in die ander volle oor te gooi? Sou die edele wyn nie met so `n optrede verniet op die grond gemors word nie? Waarvoor sou so iets dan goed wees? Wat ek weet, weet die meisie beslis ook, en ek sou dus nie van haar en sy sou niks van my kan leer nie! Daarom sal ons onsself die moeite spaar. Praat jy liewer met die heerlike kind van God! Jy en jou dogters, jou vrou en jou seuns sal baie van haar kan leer, want tot op hede het daar op hierdie aarde nog nooit `n vrou, deur God se wil, sulke dinge beleef soos hierdie meisie nie. Sy weet onuitspreeklik baie, wat buiten die Heer op die hele groot aarde geen mens weet of ook maar ken nie. - Verstaan jy dit?"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205