Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 196

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Verskillende gawes, en selfkennis

196 Ek sê aan Josoë: "Maar My liewe Josoë, hoe weet jy dan dat die liefde van My Jarah so wys is en dat sy kennis oor sake het wat buiten My aan niemand bekend is nie!"

[2] Josoë sê: "Heer, hoe kan ek dit nou nie weet nie en waarom vra U my dit? U het tog dit wat ek moet weet en sê, in my hart, en daaruit op my tong gelê!"

[3] Ek sê: "Baie goed, My liewe Josoë; omdat jy dit weet, gee ons dan ook nou `n goeie verklaring waarom Ek dit vir jou gevra het - terwyl Ek tog al die gedagtes van jou hart, selfs die allergeheimste, reeds lank voordat jy hulle uitgedink het, ken en moet ken!"

[4] Josoë is nou self stil en soek na `n regte antwoord, maar vind geen. Na `n oomblik sê hy ietwat gedweë: "Heer, daarop het ek, deur die nog te groot beperktheid van my insig, regtig geen sinvolle antwoord nie. Dit kan dalk wees dat U my slegs vir die skyn die vraag gestel het, soos wat `n leraar sy leerling iets sal vra wat hy as leraar lank voor sy leerling geweet het. Maar dan is daar tog `n oneindige groot verskil tussen U en `n leraar wat sy leerling toets! Dié weet naamlik wel wat hy self weet, maar sonder toets weet hy nie of sy leerling dit ook weet nie. U weet egter maar al te goed en duidelik nie net alles wat ek weet nie, maar U ken ook die mees geheime gedagtes van alle mense en engele - en tog stel U my hierdie vraag!? Kyk, dit is vir my `n onontknoopbare Gordiaanse knoop! Omdat ek egter nog lank geen Alexander is nie, kan ek hom nie ontknoop nie!"

[5] Ek sê: "Vertel My eers, waarom vra die jongman wat so nou en dan uit Sigar na jou toe kom, ook dinge aan jou asof hy niks daarvan af sou weet nie, terwyl hy dit tog maar al te goed weet!? Ja, hy laat hom selfs deur jou onderrig asof hy jou leerling is!"

[6] Josoë sê: "Heer, die klagte wat ek steeds oor hom het is nou juis dat hy ondanks sy ongelooflike kennis steeds van my wil leer. En as ek hóm iets vra, dan sê hy altyd: 'Ja kyk nou, dit wou ek nou net vir jou vra!' Nou vra ek U en dit het ek vanmôre al gevra, wat se `n manier van lesgee is dit. Vroeër het die vader van Jarah wel `n baie goeie uitleg van die soort onderwys gegee, wat ek ook wel sou kon gebruik by die vraag wat deur U gestel is, maar ek is dit tog nie heeltemal eens met sy uitleg nie, en kan daarom nie volkome agterkom hoe om dit by die verklarende antwoord op U Gordiaans gevormde vraag te gebruik nie.

[7] By leerlinge wat goed in allerlei wetenskappe tuis is, is hierdie manier van lesgee wel die beste ter wêreld, omdat die tog nog beperkte leerling daardeur besonder aktief gelei word om self te dink, te voel en te vind. Maar as `n mens so `n manier van lesgee by `n leerling toepas wat nog niks weet van enige elementêre wetenskaplike beginsels nie, dan sou ek tog maar wil sien wanneer en hoe die leerling hom met so `n manier van lesgee, die alfabet, en uiteindelik die lees van die geskrewe woord, sonder `n wonderwerk, op `n natuurlike manier sy eie sal maak!

[8] Daarvoor is die origens goeie uitleg van Ebahl nie geskik nie, en dus kan ek dit hier ook nie gebruik nie. Daarom sê ek vir U, o Heer, ook sonder omweë, dat ek U op U Gordiaanse vraag geen antwoord kan gee nie. U sal ons almal die barmhartigheid moet bewys om U vraag Self te beantwoord!"

[9] Ek sê: "Wat sou jy daarvan sê as ons liewe Jarah vir ons die vraag sou uitlê?"

[10] Josoë sê ietwat beteuterd: "Dit mag sy sekerlik, as sy dit kan! Natuurlik, as U, o Heer, haar die antwoord in die hart sal gee, dan sal sy maklik die antwoord kan gee!"

[11] Ek sê: "Dit sal Ek die keer nou juis nie doen nie, en sy sal self die antwoord moet bedink!"

[12] Josoë sê: "Nou, dan sou dit met haar nie eers baie beter kan gaan as met my nie!"

[13] Ek sê met `n baie vriendelike gesig: "Nou, ons sal sien! Vertel ons dus, liewe Jarah, waarom Ek die brawe Josoë iets gevra het wat Ek sekerlik lankal eerder geweet het!"

[14] Jarah sê `n bietjie verleë: "Heer, as ek mag sê en in `n sekere sin moet, lyk dit of U aan die liewe Josoë hierdie Gordiaanse vraag, soos wat hy dit gestel het, slegs maar gegee het om sy fel oplaaiende siel ietwat nederig te maak. Want hy het netnou gedink dat hy nie met my hoef te praat nie, omdat hy alles sou weet wat ek weet, en ons beide elkeen daarom niks te sê sou gehad het nie. So `n gesprek sou gelykstaan met die uitgooi van een vol beker in `n ander vol beker in. Maar die liewe Josoë vergeet daarby dat U selfs by die engele die gawes van die gees verskillend verdeel het, en dat selfs `n volmaakte gees daardeur nog heeltemal baie kan leer van `n ander volmaakte gees!

[15] Ek glo egter: As U, o Heer, op die wyse vra, dan vra U maar net omdat U iemand wat te veel opvlieg, wil bring tot `n nederige selfkennis! En vir sover ek met my beperkte kennis in my hart kan sien, het U om daardie rede so `n Gordiaanse vraag aan die liewe Josoë gevra.

[16] Vroeër het hy wel, in teenspraak met homself, aan Markus die opmerking gemaak dat ek deur U barmhartigheid ervaringe opgedoen het wat geen mens tot op hede op die hele groot aarde opgedoen het nie; maar tog beskou hy homself as `n beker wat net so vol sou wees! As hy egter sulke buitengewone ervaringe aan my wil toeskryf, dan verstaan ek regtig nie waarom hy nie met my `n gesprek wou aangaan nie. Ek is van my kant af van mening dat ek ondanks my sekerlik ongelooflike ervaringe, tog iets van hom kan leer, en ek beskou my beker sekerlik nie só vol dat daar uit sy volle beker niks meer by sou kon inkom nie.

[17] En, soos wat ek nou opgemerk het (nou lag Jarah ietwat fyntjies), skyn sy beker ook nie so enorm vol te wees dat daar nie `n druppel van my wyn in sy geagte oorvol beker sou kon bykom nie!

[18] Daarmee wil ek origens ook nie in die minste `n haatlike opmerking oor Josoë se ietwat te hoog opspattende selfversekerdheid gemaak het nie, maar omdat dit van my gevra was, het ek gepraat soos wat ek in my hart dink. Ek glo daarmee dat ek geen al te groot sonde begaan het nie! Maar mag dit wel die geval wees, dan sal ek dit na vermoë weer goedmaak!"

[19] Ek sê: "Nee, nee, heeltemal nie! Jou opregte hart is `n ope boek vir My, en jy het My beste Josoë self `n groot diens bewys. Hy was op die punte wat deur jou kinderlike wysheid genoem het ook werklik ietwat swak, en hierdie swakheid sou hom in die toekoms op klein dwaalweë kon gebring het. Maar nou is hy ook in hierdie sfeer genees, en sal nou graag `n opbouende gesprek met jou wil begin, want hy weet hoe om homself goed uit te druk."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205