Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 2

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die hart van `n dief

2 Ons betree nou die eetsaal, waar `n oorvloedige aandete op ons wag. Maar nouliks het ons met die maaltyd begin, of twee knegte bring vir Judas Iskariot die saal binne, en meld aan die hoofregter dat hierdie leerling, of wat hy ookal mag wees, `n paar pond goud, waarmee hulle hom betrap het, wou steel. Hulle het die goud by hom afgeneem en hom hierheen gebring om verantwoording te doen.

[2] Judas staan ontsettend beskaamd daarby en sê: "Ek dink nie in my wildste drome daaraan om die goud te steel nie, maar ek wou slegs `n paar stafies ondersoek of hulle regtig so swaar is as wat daar vertel word. Hierdie dwase het my egter dadelik gegryp en sleep my as `n gemene dief na binne! - Daarom versoek ek u, Festus, om hierdie beskuldiging terug te trek!"

[3] Festus sê: "Laat hom gaan! Hy is `n leerling van die Heer en daarom wil ek hom oorsien." En teenoor Judas sê Ek: "Kom in die toekoms en veral snags - behalwe as jy keiserlike belastinggaarder wil word - nie weer naby `n goudstaaf nie, anders sal jy die wetlike straf vir poging tot diefstal nie vryspring nie! Het jy hoofregter Festus goed verstaan?"

[4] Judas sê baie beskaamd: "Heer, daar was helaas nie die minste sprake van `n poging tot diefstal nie, maar dit was slegs `n - weliswaar ietwat ongeleë - toets van die gewig in pond van `n goudstaaf."

[5] Ek sê: "Gaan heen en soek `n slaapplek! Want aan die kwaad, waaraan alle diewe deur die hand van die satan sal sterwe, sal ook jy in die nabye toekoms sterwe; want jy was, is en bly `n dief! Solank jy bang is vir die wetlike gevolge, gedra jy jou openlik nog nie soos `n dief nie; maar in jou hart is jy dit al lankal! As Ek nou alle wette sou ophef, sou jy eerste die skatte hierbuite gryp, want jou hart ken geen redelikheid en regverdigheid nie. Dit is jammer dat daar in jou geen beter hart klop nie! - Gaan slaap nou en wees môre nugterder as vandag!"

[6] Met hierdie vermaning gaan Judas, rooi van skaamte, die eetsaal uit na sy slaapvertrek en gaan lê en dink ongeveer twee uur lank daaroor na hoe hy dit wat Ek voorspel het, sou kon vryspring. Maar hy vind in sy hart geen oplossing daarvoor nie, omdat deur sy gedagtes, sy gouddors opnuut begin oplaai, en so raak hy toe aan die slaap. - Ons gaan ook slaap omdat die twee voorafgaande nagte baie vermoeiend was. Die oggend laat egter nie lank op haar wag nie.

[7] Toe Festus hom nog ‘n keer wou omdraai vir `n oggendslapie, arriveer die leiers van die groep wat die skatte uit Gerasim moes gaan haal alreeds. Hulle wek hom en hy moet na buite, omdat sy amp meebring dat hy die skatte moet ondersoek, takseer en in ontvangs neem. Nadat hy met die werk klaar was, het ons ook al almal opgestaan en die ontbyt, bestaande uit vars, goed voorbereide visse, staan nou al gereed op die talle tafels in die groot eetsaal. Baie vermoeid van die werk kom Festus aan die arm van sy jong eggenote die eetsaal binne en kom langs My sit.

[8] Pas ná die genoemde ontbyt, waarby `n goeie wyn nie ontbreek het nie, vertel Festus aan My van sy oggend se werk, wat hom andersins ondanks alle ywer, `n paar weke se werk sou gekos het, dat dit nou al klaar was en dat dit alles reeds na hul bestemming versend is. Alle dokumente lê ordelik gereed op die tafel in die groot kantoor, en die geregtelike vervoerbriewe was tot in die fynste puntjies versorg. Die skatte uit die grot van Kisjonah was op die presiese manier verdeel en voorsien van begeleidingsbriewe, ook die belastinggeld en die groot tempelskat uit Gerasim, en alles was nou weggestuur. Daar lê slegs nog baie timmermansgereedskap in die groot kantoor, waarvoor daar nog geen eienaar gevind is nie.

[9] Ek sê: "Daar aan die end van die tafel sit die twee seuns van Josef naas moeder Maria, hulle heet Joses en Joël; dit kom hulle toe! Dit is saam met die klein deposito in Násaret as `n onderpand van hulle afgeneem, en dit moet ook weer aan hulle teruggegee word!"

[10] Festus sê: "Heer, insluitend die deposito! Daarvoor staan ek borg! O Heer en Vriend! Hoe het hierdie swartjasse nie baie onaangenaamhede aan my besorg nie; maar die dom wet beskerm hulle egter, en met die beste wil kon mens hulle nêrens uitvang nie. Voor my oë het hulle die afgryslikste onregverdighede begaan en ondanks alle beskikbare staande mag, was daar niks daarteen te doen nie. Maar nou het die satan hulle tog eenmaal in die steek gelaat, en ek het nou `n hef in die hand waarvoor hierdie kêrels sal bewe soos `n lossittende boomblaar tydens `n storm wat deur die bosse raas! Die berig aan opperstadhouer Cyrenius is `n meesterwerk, wat hy gewaarborg, saam met die belasting, direk aan Rome sal versend. Die skip van die keiser, met vier en twintig roeiers en met `n goeie wind, selfs voorsien van `n groot seil en `n roer, is vanaf Tirus, Sidon en Césarea binne twaalf dae aan die Romeinse kus en binne handbereik van die keiser! Verheug julle nogmaals vir twaalf dae daarbinne, julle swartjasse! Aan julle hoogmoed sal daar op `n besondere manier paal en perk gestel word!"

[11] Ek sê: "Vriend! - Ek sê vir jou: Juig nie te vroeg nie! Die een kraai pik die ander die oë nie uit nie! Dit sal met die elf binne die mure sekerlik nie na wense gaan nie! Hulle sal weliswaar nie gedood word nie, maar sal in stede daarvan lewenslank in die ewige, altyd aanwesige boetedoeningsel opgesluit word! Maar in die openbare verontskuldiging aan Rome sal hulle so wit soos wol gewas word, en dan sal die mense eerstens van jou `n verdere uitleg eis, en jy sal baie moeite hê om alle vrae vanuit Rome met tevredenheid te beantwoord. Daar sal aan jou weliswaar geen haar beskadig word nie, maar jy sal `n sekere oorlas nouliks kan voorkom as jy nie met die vereiste getuies en ander aanwysings in die ope kom nie. Daarom laat Ek Pilah by jou; hy sal jou in alles goed bystaan. Laat hom egter so gou moontlik Romeinse klere aantrek, sodat hy nie deur die gestasioneerde kollegas in Kapernaum herken word nie! Want Ek kan jou wel sê: Satan het sy regiment lank nie so listig georganiseer as hierdie slanggebroedsel nie. Wees jy dan ook, behalwe om altyd so sagmoedig soos `n duif te wees, ook slinks soos `n slang, anders sal jy nie klaarspeel met hierdie saadlyn nie!"

[12] Festus sê: "Ek dank U ewig vir hierdie raad! Maar nou moet ons, omdat hierdie saak so mooi reggekom het, tog eers iets beters gaan doen!"

[13] Ek sê: "Goed so! Ek is al daar; ons wag slegs nog op Kisjonah, wat met sy invorderings gou klaar sal wees!"

 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205