Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 200

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die gesprek tussen Jarah en Josoë

200 Toe Josoë by haar aankom, steek hy sy hand uit en sê: "Wees nie kwaad vir my nie, liewe Jarah! Weet jy, ek kon tog onmoontlik geweet het dat jy as kind van nouliks vyftien jaar `n groter wysheid besit as alle wyses wat vóór ons op aarde geleef het. Maar daarby vra ek jou nou tog ook om my baie van jou verborge wysheid te onthul!"

[2] Jarah sê: "En jy van joune, want jy weet ook baie wat my nog onbekend sal wees!"

[3] Josoë sê: "Dit sal baie min wees, want my wysheidsvat blyk ten eerste baie klein te wees, en ten tweede dat dit ook nog net soos `n sif vol gate is! Kortom, daar sal nie baie by my uitkom nie omdat daar nou eenmaal nie baie in is nie; begin jy dus maar! Ek is egter ook so verleë dat ek werklik geen geskikte onderwerp sou kon kry om nou `n gesprek daaroor te begin nie. Voor die aangesig van die hoogste goddelike wysheid kan die mens moeilik iets sê - maar eerder makliker luister en swyg. Maar jy, lieftallige Jarah, het `n goeie brug na die goddelike wysheid; jy kan daarvan gaan haal wanneer en wat jy maar wil! Begin jy dus maar en ek sal, soos reeds gesê, na jou luister!"

[4] Jarah sê: "Maar kyk nou hier, edele Josoë, dit kan tog regtig nie! `n Meisie mag tog nie die woord voer nie!? Jy kan my wel vrae stel, en dan sal ek die antwoord gee; en as ek jou iets vra, dan kan jy my ook `n antwoord gee!"

[5] Josoë sê: "Ja, ja, vrae sou nie so moeilik wees nie, as `n mens maar dadelik iets geweet het! As ongeskoolde kind, sit jou hart natuurlik vol met allerlei vrae; maar as `n mens self byna alle vrae meerdere kere innerlik beantwoord het, is `n nuwe vraag baie moeiliker te bedink as `n antwoord op watter vraag ookal. Daarom sou ek jou wel wil vra of jy my `n vraag wil stel; want jy is in talle dinge ingewy, en kan my dus ook baie vra."

[6] Jarah sê: "Nou, in die Naam van my Heer dan, omdat jy dit kennelik nie anders wil nie, sal ek jou maar dadelik `n vraag stel. Sê my dan maar waarom God die Heer, wat die hoogste Liefde en Wysheid is, dit veral in hierdie tyd toelaat, dat by name die sogenaamde dienaars van God en die bevoorregte bringers van die woord van God, juis die mees gewetenlose, die slegste, arrogantste en heerssugtigste mense is, wat sonder enige gewete, meestal heimlik, ongestraf die skandelikste dade uitvoer. Waarom het hulle geen vrees vir God, Wie se mag en glansrykheid hulle tog vir alle mense tydens die pragtigste seremoniële praal met oormatige luide stem verkondig? - Kyk, dit is `n baie belangrike vraag vir ons huidige tyd!"

[7] Josoë sê: "Ja, hierdie vraag is sekerlik belangrik; maar ek het egter geen antwoord daarop nie, en jy sal dit dus self moet beantwoord!"

[8] Cyrenius sê: "Maar Josoë, geliefde seun, jy kan tog sekerlik iets sê!? Waarlik, die voortdurende verontskuldiging van jou word nou vir my `n bietjie eentonig! Ek weet nou wel uit ondervinding dat die lieflike Jarah jou ver vooruit is in wysheid; maar na my wete is jy tog ook nie so leeg dat jy op so `n vraag heeltemal geen antwoord sou kon vind nie. Sê in elk geval tog iets! As jy verkeerd is - nou, dan is daar tog genoeg wyses rondom die tafel wat jou op die goeie weg kan help!"

[9] Josoë sê: "Dierbare verhewe vader en gebieder! Beveel is maklik, maar gehoorsaam bevat eindeloos baie bitterheid - veral as `n mens, soos wat ek nou is, selfs nie in die verste verte in staat is om gehoorsaamheid te kan bewys nie!

[10] Dink nou aan die grootste goedheid, liefde en onbegrensde wysheid van God aan die een kant, en aan die ander kant al die gruweldade wat ongestraf, merendeels deur die sogenaamde dienaars van God, elke uur van die dag en die nag teenoor die arme mensdom begaan word! Hou hierdie teengestelde omstandighede eers goed dig vir die oë van u siel, dan sal u seker netsoos ek maar al te duidelik merk dat dit baie moeiliker is om op so `n vraag `n deeglike antwoord te gee, as om vas te stel wat drie plus drie is! Vra dit maar aan iemand anders, en hy sal hopelik maar al te gou tot die slotsom kom dat die vraag wat deur Jarah gestel was, sekerlik geen kleinigheid is nie!"

[11] Cyrenius sê: "Nou, nou, ek besef goed dat `n mens `n hoë graad van wysheid moet hê om die vraag van Jarah ook maar enigsins bevredigend te kan beantwoord; maar ek sou dit in elk geval baie aangenaam vind om `n goeie uitleg daaroor te kry. Want oor hierdie punt het ek nou juis altyd die meeste nagedink - maar daarby het ek ook nog nooit selfs halfpad `n redelike antwoord gevind nie. Ek glo dat niemand buiten ons dierbare Majesteit en Heer en die aanvallige Jarah die gegewe vraag kan beantwoord nie, en dat ons onsself almal tot U, o Majesteit en Heer, moet rig; U sal ons beslis die ware rede vertel, soos wat U - as my geheue my nie bedrieg nie - ook beloof het."

[12] Ek sê: "Sekerlik, as Jarah dit nie sou kon nie. Maar Ek glo dat sy, as sy goed sal nadink, die spyker sê maar met die eerste slag op die kop sal slaan! Probeer dit, liewe Jarah, en toon daardeur dat Ek in Genésaret nie verniet `n tuintjie vir jou aangelê het nie!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205