Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die onsekerheid van Josoë

206 Josoë sê: "O Heer, my mening daaroor sal egter baie onseker wees! Oor die geheel beskou, verstaan ek wel wat daarmee bedoel word, en ek kan van myself nie sonder meer sê dat ek dit nie goed genoeg verstaan het nie, maar ek voel my heeltemal te onseker om van die geheel `n soort sonheldere beskouing te gee. Daarom sou dit weer goed wees as my lieflike Jarah my ook hier sou wou verteenwoordig. Want al praat ek na my eie mening nog so wys, daar is tog altyd nog iets teenstrydig daarin te vinde! Daarom sou ek baie liewer wou luister as om self te praat. Ag, as iemand iets ter sprake sou bring wat ook maar in die minste foutief en onjuis sou wees, dan is ek wel vlotter van die tongriem gesny, maar vir die ontwikkeling van waarhede wat te hoog bo my kennishorison lê, voel ek my nog heeltemal te onseker. Daarom hou ek my maar heel beskeie op die agtergrond, laat graag die wyses namens my praat en luister in stille bewondering hoe edele woorde uit `n wyse gemoed stroom soos die ligstrale uit die son. Daarby vind ek dat, sekerlik vir my, dit heeltemal oorbodig om oor iets wat sondermeer alreeds sonhelder is, nog verdere beskouings te gee. Wie sal op ‘n helder verligte dag `n lamp aansteek om die lig van die son daarmee te wil versterk? Maar wie aan die stralende woorde van lig wat nou uit U heilige mond gestroom het, nog enige twyfel kan hê, nou, laat hy dit meld, dan sal `n mens hom sonder beswaar op die regte spoor bring!

[2] Ek weet wel dat `n mens vir U, o Heer, so te sê blindelings moet gehoorsaam as U iets van iemand verlang, maar hier moet ek deur die regte nederigheid van my hart ongehoorsaam wees! Want U wens, o Heer, sou ook baie maklik `n soort toets vir my kon wees; of ek my deur my aangebore, deur myself dikwels oorskatte gevoel van eiewaarde, so ver sal laat meesleur, en dadelik ook, met ‘n naglamp wat nog in ‘n baie slegte toestand is, na buite sal hardloop om daarmee die son nog ietwat helderder te wil maak as wat dit alreeds is! Maar my rustige hart sê gelukkig vir my: 'Edele seun, neem jou in ag, die Heer toets jou! Sorg dat Sy barmhartigheid jou laat slaag!' Toe ek dit gehoor het, was ek dadelik op hoogte en ek bly nou op my beskeie plek! - Het ek gelyk of nie om my in die algemeen so te gedra?"

[3] Ek sê: "My liewe Josoë, gelyk en tog nie heeltemal gelyk nie; want wanneer Ek iets van jou verlang, weet Ek beslis waarom! En as jy jou heil volledig in alles ondersteun wil sien, moet jy My in alle dinge gehoorsaam, wat dit ookal mag wees. Selfs as Ek die lewe van jou liggaam sou eis, dan sal jy dit met vreugde moet gee; want Ek sal van niemand die lewe van die liggaam vra tot nadeel van die een wat dit vir My moet gee nie!

[4] Maar Ek weet wel wat jou spraakvermoë verlam het. Kyk, vroeër was jy ietwat voorbarig toe jy van jouself beweer het dat jy slegs maar vir die waarheid is! Ek het jou egter aangetoon dat jy nog gladnie weet wat die waarheid is nie, en omdat Jarah, `n heel onskuldige meisie uit Genésaret, jou vervolgens duidelik `n bietjie beskaamd gemaak het omdat sy My vraag aan jou op `n skitterende wyse beantwoord het, het jy daarna bietjie moed verloor. Maar hierdie effense moedeloosheid is uit die aard van die saak geen egte nederigheid nie, maar baie meer `n heimlik gekrenkte ydelheid van jou hart! Wel, daarom werk dit dan nou ook mee dat jy soveel moeite het om te besluit om iets te sê! Ek wil egter dat jy die oorsaak volledig binne-in jou sal oorwin, want dit is vir `n ietwat ydele hart beter om eenmaal uitgelag te word, as om haar op die weg van triomferende welslae van alle kante bewonder en gevlei te voel! Praat dus maar as Ek wil hê dat jy iets moet sê! - En gee nou vir ons dus oor My les van die slawedom tog maar `n bepaalde standpunt!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205