Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 209

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Deemoedig deur die sonde

209 Ek sê: "Heeltemal, want so is dit! En Ek sê vir julle, wie nie word soos die tollenaar nie, sal sekerlik nie in My Ryk inkom nie; want ook vir My kan liefdelose reinheid van sedes maar vir ewig gesteel word!

[2] Helaas, `n vrye, ware, innerlike, sedelike reinheid met egte, alles-opofferende naasteliefde staan by my bo alles; maar dit wat ons by die kluisenaar gesien het, is by my nie ‘n stater werd nie. Wie rein is, moet in sy hart rein wees vir God, maar die wêreld hoef nie so baie daarvan te weet nie; want as hulle hom daarvoor prys, sal hy van My weinig lof kan verwag.

[3] Dit is die beste as `n mens maar altyd dink: 'O Heer, wees my sondaar barmhartig!', en niemand oor iets slegs veroordeel nie, vir sy vyande bid, en altyd selfs aan hulle nog goed doen wat kwaad oor hom praat en hom, selfs moontlik ook kwaad aandoen.

[4] Waarlik, wie so is en so doen, is nie net rein voor My nie - ook al het hy nog soveel sonde op hom gelaai wat sy liggaam hom so nou en dan laat begaan - maar hy is My volkome broer en naas My `n koning van die hemele en al haar heerlikhede! Want ook al word die liggaam van die mens dikwels deur slegte demone verlei, die siel bevind haar tog steeds in My gees.

[5] Dikwels moet die engele in die hel in, die poel van alle sonde, afdaal, maar by hul terugkoms is hulle weer net so rein as voorheen in die hoogste van alle hemele. En dikwels is dit met My broers op hierdie aarde dieselfde: ook al daal hulle uiterlik dikwels in die hel neer, om ook daar die goddelike orde en die mag van die goddelike wil staande te hou, dan bly hul siele tog suiwer deur die saamgaan van My gees in haar.

[6] Kortom, iemand wat deur die sonde so deemoedig word soos ons tollenaar, het deur die sonde net soos `n engel slegs vir `n oomblik in die hel afgedaal om daar rus en orde te skep. By sy terugkoms is hy egter vervul van afsku en sy siel is net so suiwer as voorheen. Maar `n sondaar wat deur sy sonde maar net hoogmoedig word, en wat as sondaar hoogmoedig bly, is al `n duiwel, al sien hy daar uiterlik vir die mense nog so rein uit.

[7] Maar Ek sê aan julle almal: Watter sondaars en sondaresse ookal hulpsoekend by julle sal aanklop, julle mag hulle nooit die deur wys nie, maar julle moet hulle help asof hulle nooit gesondig het nie. En as julle hulle gehelp het, moet julle daarna ook alles doen om vir die toekoms die sondaars liefdevol en wys te help, maar dan wel met `n wysheid wat slegs uit liefde voortkom!

[8] `n Egbreekster is by die Judeërs volgens Moses `n sondares, wat dadelik deur elkeen wat haar eerste na die daad ontmoet, gestenig moet word. Ek sê egter vir julle: Wie die vlugtende in sy huis opneem en haar tweevoudig probeer red - geestelik en liggaamlik - sal eendag deur My met vriendelike oë aangekyk word en sy skuld sal in die verganklike sand geskryf word, waarvan die wind die rimpels verwaai! Wie egter `n klip na haar gooi en self nie van elke sonde vry is nie, sal eenmaal deur My aan `n streng oordeel onderwerp word! Want wie vir My terugbring wat verlore was, sal eendag in die hemelryk waardig bevind word om `n groot loon te ontvang; maar wie oordeel, ook al is dit regverdig volgens die wet, sal eendag ook regverdig en streng volgens My wet geoordeel word!"

[9] Toe vra Cyrenius: "Heer, wat U nou gesê het, is helder en waaragtig behalwe één punt, wat vir my nog ietwat onduidelik is, en dit sou ek graag nog uitgelê wou hê. Daardie onduidelike punt is: - “

[10] Ek sê: "Die onduidelike punt is: hoe `n origens rein mens deur `n met sy liggaam begane sonde in die hel kan afdaal, daar orde en rus kan skep en vervolgens weer algeheel rein daaruit kan terugkeer.

[11] Kyk, dit is maklik te verstane as `n mens maar weet wat eintlik sonde en hel is, sowel as in `n heel beperkte asook in `n baie uitgebreide sin! - Daarom sal Ek probeer om hierdie twee begrippe vir julle ietwat duideliker te maak; let daarom met julle hele hart op!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205