Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 217

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die geestelike ontwikkeling van die mens

217 "Soos wat dit met die plante gaan, so gaan dit ook met die diere en veral met die mense.

[2] Neem nou eers `n jong meisie wat fisiek vroegryp is. Sy is skaars twaalf jaar oud, maar haar hele liggaam is al so gevorm dat sy soos `n hubare meisie daar uitsien. So `n meisie bekoor dan elke ietwat wellustige man meer as `n honderd net sulke mooi meisies van ryper leeftyd. So `n vroegryp meisie staan liggaamlik aan honderde gevare blootgestel, en haar ouers sal baie moet oppas om hul te vroeg rypgeworde dogter teen alle vyande te bewaar wat haar vanweë haar groot aantrekkingskrag sal agtervolg. As sy te vroeg aan `n wellustige man uitgehuwelik word, kan sy maklik haar vrugbaarheid verloor. As sy te veel opgesluit en weggehou word van alle kwade begeertes, word haar liggaam so te sê papperig. Sy word bleek, kwyn weg en word selde oud. Gee `n mens haar te min om te eet, en geen vet etes nie, dan word sy treurig en kwyn uiteindelik ook vroeg weg; as `n mens haar goed te ete gee, word sy nog vetter en meer onbeholpe en daardeur traag, sodat haar bloed weldra afbreek en sy soos `n lyk daar uitsien, en daardeur sal haar liggaam sekerlik vroeg moet sterwe.

[3] So gaan dit ook met `n te voortydige, oordrewe geestelike ontwikkeling. As kinders met dikwels geringe talente ter wille van hul studies so streng behandel word asof die wêreld daarvan sou afhang, dan word sulke siele mat, omdat hulle vroeër geen tyd gehad het om hul liggaam so te ontwikkel dat dit onder alle omstandighede bruikbaar is nie!

[4] Daarom het alles volgens die orde van God sy tyd nodig en nêrens kan `n mens `n semester oorslaan nie.

[5] Tydens die liggaamlike geboorte uit die liggaam van die moeder word die ewige lewenskiem as `n vonkie van die suiwere Gees van God in die hart van die siel gelê, net soos by die vrug van `n plant wanneer dit die blom afgegooi het en sy haar begin bewapen en beskerm. As die liggaam eenmaal ontwikkel is, dan begin die ontwikkeling van die gees in die hart van die siel. Die siel moet dan alles doen om die gees in haar te laat ontkiem en moet hom daarmee ‘n helpende hand bied.

[6] Die siel is dan die wortel en die halm, en die liggaam die aarde; sy moet die gees geen onsuiwer water as voedsel gee nie.

[7] Die ringe, deur die gees aangelê, is die selfverloëning vir die siel. As die laaste ring eenmaal gelê is, ontwikkel die gees hom verder self en neem alles wat in die siel aan hom verwant is, in homself op, beveilig dit en neem ten laaste die hele siel en wat in die liggaam aan die siel verwant was, in hom op en is dan vir ewig heeltemal onverwoesbaar, soos wat ons die verloop ook byna by elke plant min of meer goed kan waarneem.

[8] As die vrug op die normale weg byna volryp geword het, word lewenskiemvonkies geplaas in die saadjies wat in haar opgeberg lê in tere, reeds voorbereide hulsies; dan sluit die kern haar gedurende enige tyd heeltemal af van die ander deel van die vrug en beveilig haar in haarself, maar gebruik daarby tog steeds vir die helfte die lewenseter van haar omringende vrug.

[9] Na verloop van tyd begin die buitenste vrug te verskrompel en te verdroog. Waarom is dit? Omdat haar siel algeheel oorgaan in die lewe van die kiemgees in die kern. En as die lewenskrag van die vrug uiteindelik heeltemal oorgegaan het in die lewensgees van die kiem, dan word die vroeëre heeltemal lewende halm in al sy stadia droog en dood. Maar eers het al die lewe van die plant hulle met die kiemlewe tot één lewe verenig en kan so nooit vernietig word nie, hetsy dit nou met die materie van die kern verbonde is of nie.

[10] En so sien jy steeds dieselfde orde orals in alle dinge en in dieselfde stadia."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205