Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 219

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die skepping van hemel en aarde

219 Cyrenius vra My egter om op ooreenkomstige wyse verder te gaan met die uitleg van die Mosaïese skeppingsgeskiedenis.

[2] En Ek sê: "Vriend, wat Ek begin het, sal Ek ook beëindig, dit is net voorlopig en in hierdie tyd nog die vraag of julle dit wel sal verstaan. Want om die Mosaïese skeppingsgeskiedenis goed te kan verstaan, moet `n mens baie kennis hê van die hele wese van die mens, en daaraan kan `n mens net so moeilik kom as aan die korrekte en volledige kennis van God.

[3] Dan sou Ek vir julle eers die hele materiële, sielkundige en geestelike bou van die mens haarfyn moet ontleed en toon hoe die sielkundige haar eerste uit die geestelike, en die materiële hom uit die sielkundige ontwikkel en gevorm het, en met watter tallose talle ooreenkomstige sake dit korrespondeer, soos wat die oneindige talle tinte van die lig korrespondeer met die net so talle tinte sonder lig.

[4] Julle kan dus wel sien dat dit nie so maklik en vinnig kan gebeur as wat julle dink nie. Maar Ek sal julle tog soveel daaroor vertel as wat julle voorlopig kan verdra, en waarvoor julle, om dit met enige oortuiging te verstaan, al in julle siel voorsien is van ervaringe en die nodige voorkennis daarvan het. - Luister dus!

[5] As Moses sê: 'In die begin skep God hemel en aarde', dan bedoel Moses daarmee absoluut nie die sigbare hemel en die sigbare materiële aarde nie. Daaraan sal hy as `n egte wyse nooit gedink het nie, omdat hy altyd maar net die volle innerlike waarheid in sy verligte wese besit het. Maar hy omsluier sy groot wysheid deur beeldspraak, soos wat hy vir die volk sy té stralende gesig met `n drievoudige bedekking moes omsluier.

[6] Onder die 'hemel', wat Moses die eerste laat skep, moet verstaan word dat God die gawe van die verstandelike vermoë eertyds, hoewel reeds in die tydelike, buite Sy ewige en suiwer geestelike sentrum, dus in ‘n sekere sin buite Homself gestel het - maar, soos gesê, alléén maar die gawe van die verstandelike vermoë. Die is soos `n spieël wat ook in die donkerste nag in staat is om die afbeelding van tasbare voorwerpe in, of meer nog óp sy gepoleerde oppervlak heeltemal korrek en waar op te neem en weer te gee. Maar as daar in die donkerste nag heeltemal geen voorwerpe is nie, is die spieël duidelik van nul en gener waarde!

[7] Daarom praat Moses naas die plaas van `n hemel, of te wel die gawe van die verstandelike vermoë buite die lewensentrum van God, tewens oor `n so te sê gelyktydige skepping van die aarde. Wie en wat is dan nou hierdie Mosaïese aarde? Julle dink miskien: 'Hierdie natuurlik, wat ons dra!' - O, heeltemal mis, liewe mense!

[8] Kyk, met die 'aarde' bedoel Moses slegs maar die vermoë tot opneming en tot aantrekking van die, met mekaar verwante na buite gebringde verstandelike vermoëns. Wat groot ooreenkoms het met dit wat sommige wysgere van die Egiptenare en die Grieke gedagte-assosiasie noem. Daarvolgens moet uit aan mekaar-verwante begrippe en idees, `n voltooide, met waarheid gevulde sin ontstaan.

[9] Omdat egter in die deur God na buite gebringde verstan­delike vermoëns deur hul verwantskap die wedersydse aantrekkingskrag al as vanself meespeel, volg die derde gevolg­trekking haas vanself. Naamlik dat die verwante verstandelike vermoëns mekaar ook werklik aangetrek het en saamgaan. Moses kon vir daardie, toe nog uitermate geestelike gebeure, kennelik geen deugdeliker en algemener beeld bedink as die beeld van die materiële aarde nie. Want die aarde is tog niks anders as `n konglomeraat van slegs maar aanmekaar verwante stoflike deeltjies wat mekaar aantrek nie.

[10] Maar, 'Dit was nog duister op die aarde' sê Moses verder. Sou Moses nou helaas daarmee die gebrek aan lig op die pas geskape aarde aandui? Ek sê vir julle dit sou nie eers in die gedagtes van die wyse Moses opgekom het nie! Want Moses was `n groot kenner van die waarneembare wêreld en was só ver ingewy in die Egiptiese wysheid en wetenskap dat hy beslis wel geweet dat die aarde - as kind van die son minstens `n miljardmaal miljarde aardse jare jonger is as moeder son – wat by haar ontstaan nie duister kon gewees het nie. Maar Moses het daarmee weer met `n beeld aangegee dat die verstandelike vermoë en die vermoë tot aantrekking deur verwantskap van die verstandelike vermoëns nog glad nie besef, begrip en selfbewussyn teweeggebring het nie - wat alles identies is aan die begrip 'lig' -. Inteendeel, dit word eers teweeggebring as dit tesame kom, waarna hulle mekaar onder druk stel, waardeur wrywing ontstaan en daar in ‘n sekere sin geveg gaan word.

[11] Het julle nog nooit gemerk wat daar gebeur as mens klippe of hout hard oor mekaar vryf nie? Wel, dan kom daar vuur en lig te voorskyn! En kyk, dít is die lig wat Moses in die begin laat ontstaan!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205