Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 226

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Wêreldse sorg en hul kwade gevolge vir die siel

226 "En die rede waarom Ek dit nou vir julle almal vertel, is dat julle alle onnodige sorge moet uitban. Elke wêreldse sorg is tog `n materiële band waardeur `n siel haar vanuit die litteken van Adam verbind met die materie! Hoe meer die siel haar verbind met die materie van haar vlees, des te meer moet die vorming van die eintlike Gees van God in haar wegkwyn. En hoe meer die siel haar deur haar sorge verbind met die liggaam, wat op sigself slegs maar `n oordeel, `n ellendige noodsaak en tewens die dood self is, des te meer verloor sy die besef en die kennis van die ewige, onverganklike lewe in haar. Hoe meer sy hierdie band egter loslaat, hoe vryer word sy weer in alles. En hoe meer sy haar dan verbind met die goddelike gees in haar, hoe lewendiger en helderder sal haar bewussyn en die kennis van die ewige lewe in die siel word.

[2] Wie dus nog `n groot vrees het vir die liggaamlike dood, het `n siel wat sterk verbonde is met die vlees en uiters swak verbonde is met die gees. `n Groot liefde vir die lewe op hierdie wêreld is `n sekere teken dat die siel haar nog weinig bekommer het oor die ewige lewe van haar gees in haar, en dit is die skuld van die ou litteken wat Adam homself en daardeur alle in sy vlees verwekte siele toegebring het.

[3] Maar tog kan elke siel, as sy werklik wil, ook volledig genees van daardie kwade litteken. Want daarvoor het God al dadelik in die teenwoordigheid van Adam betroubare maatreëls getref, en Adam is self op die laaste van sy lewe weer byna heeltemal genees. Daarom is hy ook liggaamlik getransformeer, net soos nog `n paar aartsvaders, vanaf hierdie aarde. Omdat hulle nakomelinge hulle egter vermeng het met die kinders van nie-geneesde vaders, bly die ou kwaad van Adam tog in ‘n mindere of meerdere mate steeds kragtig homself manifesteer as `n kwelling onder die mense.

[4] Dit is ook die rede vir die pynlike bevallings by die vroue, en ook van die meestal baie pynlike wyse waarop die dood by mense plaasvind. Want `n natuursiel wat al deur die saadstroom van die man verwond is, verbind haar dadelik baie hardnekkig met die vlees van die moeder en moet tydens die geboorte altyd met geweld, onder die verskeuring van allerlei bande, uit haar liggaam in die wêreld kom. Maar kinders soos Isak en nog `n aantal ander op hierdie wêreld, het volledig sonder dat die moeder pyn gevoel het, in die wêreld gekom.

[5] So gaan dit ook by die sterwe. Mense, wat baie aan die aardse lewe hang, en by wie al hul sorg daarop gerig was, sal gedurende hul kort aardse lewe baie ly. Dikwels word hulle geestelik en gou daarna verseker ook liggaamlik siek en baie beklaenswaardig, en vir die afskeid van die liggaam het hulle altyd met dikwels ondraaglike pyne te kampe, en hulle neem onder `n swaar, alles verdowende pyn afskeid van hul liggaam. Die pyn bly hulle dikwels na die skei van die liggaam nog baie lank by, veral by die siele wat dit op die wêreld in hul liggame baie goed en behaaglik gehad het. Dit is heeltemal anders met die siele wat op hierdie wêreld tot die heilsame oortuiging gekom het dat alle skatte van die aarde geen enkele nut het vir die siel nie, omdat hulle net soos die liggaam in die dood ondergaan, en hulle daarom van die ou litteken van Adam so veel moontlik vry gemaak het. As sy in plaas daarvan haar gees, die asem van God, in haar gevind het en met alle sorgvuldigheid versorg het - hoef sy voorlopig nog maar weinig liggaamlike siektes deur te maak.

[6] As die lewe van die siel eenmaal met haar gees verbind is, sal haar liggaam ook langsaam maar seker `n meer geestelike rigting inslaan, en daarom ongevoeliger word vir die indrukke van die uiterlike, materiële wêreld; want elke siekte ontstaan gewoonlik deur die verbreking van `n band met die wêreld. In kort gaan dit so: die liggaam word deur die siel, wat na lewe smag, gevul met duisende behoeftes van allerlei aard. As dit ingevolge klimatologiese en vanweë duisend ander omstandighede nie bevredig kan word nie, moet die een of ander band verbreek word, en die liggaam word daarop baie gou siek en lydend, maar die siel ly ook daaronder, omdat sy saam met haar liggaam die eintlike en ook die vernaamste draagster van pyn is.

[7] As die siel egter haar liggaam, en daardeur haarself, gewoond het aan soveel moontlik ontberings uit die gebied van die wêreldse dood, sal daar op die einde nooit soveel bande tussen die dooie goedere van die aarde en die liggaam meer aanwesig wees nie, en dan is daar dus maar weinig om onder baie pyn te verbreek. As daardeur egter soveel moontlik redes vir die siektes van die liggaam opgehef is, sou Ek graag wou weet waarvandaan hierdie siektes dan nog in die liggaam en die gevoelige siel sou moet kom.

[8] Ja, by sulke mense voel die liggaam bykans geen pyn meer nie, ook al word dit baie deur gemene middele uiterlik gemartel en gepynig.

[9] Kyk maar na die bekende jongmanne in die vurige oond! Hulle sing baie lewenslustig en prys God*. En ook al word hul liggame mettertyd deur die kwade geweld van buite vernietig, tog voel hulle daarby geen pyn nie, want hulle was reeds lank voor dit vry van alle bande met die wêreld en was één met hul goddelike gees. Dan voel so `n algeheel met haar gees verenigde siel by die verlaat van die liggaam, waarmee sy reeds lank nie meer met materiële bande, maar slegs met ‘n baie tere geestelike band in verbinding staan, verseker geen pyn nie. Sy voel slegs in haar hele wese `n deurtrillende, salige welbehae en dit is nie moontlik dat sy by die skeiding die bewussyn of die lig van die geestelike beskouing van die siel kwytraak nie, en net so min die gehoor, die reuk, die smaak en die edelste en allerteerste tassin, soos wat ons engel Rafael dit nou het.

[*Uit die ‘toevoegings van Daniël’ in die Boek van Herinnering: vertaler]

[10] Maar, soos gesê, om dit te bereik moet die mens eers die ou Adamitiese sonde kwytraak, en dit gebeur op geen ander manier nie as op dié manier wat Ek julle so-ewe aangetoon het: Die wêreldse sorge moet deur die siel uit haarself oorboord gewerp word, `n ander middel is daar nie! As dit afgedank word, kom by die mens alles weer in die ou goddelike orde terug, en die mens is dan weer volkome mens volgens die orde van God. Wel, dit is dan wat mense met reg 'erfsonde' noem! Op sigself gesien noem mens tereg die vlees die volkome erfsonde; ooreenkomstig geestelik gesien is slegs die veelvoudige sorg vir die vlees die moeilik uit te roeie sonde van Adam by al sy nakomelinge.

[11] Dit litteken van die siel kan egter deur geen ander middel volledig verdwyn nie as alleen maar deur dit wat Ek aangegee het, en deur nog `n Middel, wat die mense egter net na beëindiging van My sending in hierdie wêreld getoon sal word, en wat gegee sal word tot verlossing van hulle siele. Johannes die doper in die woestyn was reeds die voorloper van daardie Middel."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205