Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 2
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 241

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246.

Die oogmerk van die tempel

241 Die fariseërs sê, terwyl hulle groot oë maak oor die beskrywing van Jarah: "Besonder baie nuus het jy ons nie vertel nie, want dit en nog meer het ons reeds oor Hom ter ore gekom toe ons nog in Jerusalem was. Omdat sulke buitengewone gerugte oor Hom ook al deur die hele Israel byna net so normaal is as, sê maar, die daaglikse brood, is daar al meer informante deur die tempel uitgestuur om hierdie Man op te spoor en na die tempel te bring. Daar sou dan sekerlik aan Hom in die eerste plek voorstelle gedoen word om Sy wonderbare kennis en eienskappe slegs te wy aan die belang van die tempel. Indien Hy sulke voorstelle sou afwys, wat van Hom seer sekerlik te wagte sou wees, omdat Hy tewens `n baie goeie, liefdevolle en buitengewoon wyse Man moet wees, wel, dan sou Hy in elk geval aan die kortste end getrek het en sou Hy `n diepe en soliede kerker nie kon vryspring nie, tensy Hy werklik almagtig is. Want die tempel het nou so sleg geword dat nou nie die mense nie, maar die satan baie goed nog tien volle jare daar lesse in boosheid sou kon neem om alle skandelikhede van die tempel heeltemal te leer en prakties uit te voer.

[2] Daarom beweer ons dat die Verlosser uit Násaret Homself beslis nooit sou inlaat met die talle booshede nie, en dus in elk geval `n offer van die tempel sou word.

[3] Daar is wel deur die mag van Sy woorde en werke al behoorlik baie fariseërs bekeer, maar wat het dit hulle alles gebaat? Uiteindelik het hulle regtig in `n duiwelse situasie ten opsigte van die tempelbestuur gekom en moes ook druk begin lieg om weer in die tempelbestuur met enige behaaglikheid te kon lewe en bestaan. Want die ou tempelbestuur is en bly nou maar eenmaal suiwer duiwels, en daar is niks mee aan te vang nie.

[4] As die hoëpriester op `n keer sal sê: 'Vandag sal die son die hele dag nie skyn nie!', dan mag geen laere priester ook maar in die verste verte op die sonverligte dag hom heimlik `n opmerking veroorloof wat sou aandui dat die son tog skyn nie. Dan was hy vir `n hele jaar uit! Niemand mag dan iets anders glo as: natuurlik skyn die son nie vandag dag nie - ook al moes hy vir die dikwels te warm strale van die son na die digste skadu vlug! Sê die hoëpriester: 'Vandag sal daar sewe uur lank slegs maar bloed deur die spruit Kidron stroom!' - wee dan diegene wat ná hierdie uitspraak tog geen bloed sien stroom nie! Daar kom `n sieke na die hoëpriester en dié sê: 'My seun, jy is genees, gaan nou, offer jou gawe, en keer dan getroos na jou huis toe terug!'; wel, die geneesde mens is daarna nog net so siek en ellendig soos vroeër. Sê hy egter: 'Vriend, ek is nog net so siek as vroeër en kan daarom geen offer gee nie!', o God, o God, hoe sleg sou dit met hom gaan! Kortom, die woord van die hoëpriester móet help en vir hierdie ‘hulp’ moet betaal word, ook al is daar van werklike hulp niks te bespeur nie. En wee diegene wat so `n hulp van niks ook maar die minste verdag sou maak; nou, in sy vel wil jy liewer nie wees nie!

[5] Dat jou Verlosser vir sulke genesings teen ontsettend groot offers baie goed gebruik kon word vir die tempelbestuur, sal jy, liewe kind, nou goed kan verstaan, soos ook waarom die tempel steeds jag maak op die goeie Verlosser uit Násaret.

[6] Origens dank ons jou dat jy Hom van naderby vir ons beskryf het. Miskien sal ons ook eendag die seën ten dele val om êrens met Hom saam te wees. Alle lof aan die Almagtige goeie JaHWeH dat Hy ons uit die kloue van die tempel bevry het! Kom ons egter miskien eendag as soldate in Jerusalem, verheug jou maar daaroor, heilige tempelbestuur! Ons sal wel weet om jou heiligheid behoorlik uit te drywe!

[7] As jy, liewe en teer meisie, egter oor jou baie merkwaardige Verlosser nog iets besonders wil vertel, vertel dit dan! Ons sal tot sonop met die grootste opmerksaamheid in die wêreld na jou luister; want die Man interesseer ons buitengewoon."


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205